Ken jy die uitdrukking “ʼn drie in beseringstyd druk”? Dis gewoonlik waar laatlammetjies vandaan kom.
Alles vir Dinsdag 23 April 2019
Dodetal styg in Durban-storm, talle dalk nog vasgekeer
Die provinsiale departement van samewerkende regering het gesê die dodetal gaan na verwagting selfs verder styg.
Luister: Laurika vier 40 jaar in musiekbedryf met spesiale versamelstel
“Ek is ʼn huis met baie kamers en ʼn moeder met baie kinders.”
Varsgebekkig: ‘n Mooi jassie, maar ‘n lelike hart hê
Die Varsgebekkig-uitdrukking van die week is “‘n mooi jassie, maar ‘n lelike hart hê”.
Resep-video: Eierbroodjie met ʼn kinkel
Hierdie broodjie kan met enige vulsels van jou keuse gemaak word.
Demi Lee kraai weer koning op Afrikaanse Top-20
Demi Lee Moore neem vandeesweek weer die no. 1-posisie in nadat sy skoonskip gemaak het by vanjaar se Ghoema-musiektoekennings.
Polisieman skiet glo tienerseun
“[My seun] het opgestaan om sy vriend van die motor weg te kry, toe die polisieman ʼn vuurwapen op hom rig.”
Hou dié 28 aanlyn maatskappye dop
28 innoverende aanlyn maatskappye in Suid-Afrika om in 2019 dop te hou.
Talle sterf, groot skade aangerig ná storm in KZN
Verskeie mense het gesterf en groot skade is aangerig na gister se storm in die Durban-omgewing.
Foto’s: Prins Louis word een
Die koninklike egpaar stel jaarliks nuwe foto’s van hul kinders op hul verjaarsdae aan die publiek bekend.
Luister: Wiele2Wiele toets Mercedes se C43 AMG
In hierdie week se aflewering gesels hulle onder andere oor Mercedes Benz se C43 AMG, die Aprilia RSV Mille en die Marokko-tydren.
Rabada se perfekte streepbal
Suid-Afrikaanse blits is tans die voorste paaltjievraat in die IPL.
Man wat by Twee Oseane sterf onlangs getroud
Die 35-jarige man wat Saterdag tydens die bekende Twee Oseane-marathon in Kaapstad dood is, is net meer as drie weke terug getroud.
Nuuskommentaar: Bomme in Sri Lanka
Die bomaanvalle in Sri Lanka wat sowat 300 mense die lewe gekos het, toon onomstootlik hoe ’n slegte idee dit is om die geregverdigde en wettige griewe van minderheidsgroepe hardhandig te smoor.
‘Plattelanders’: Nuwe radiodrama vol spanning, liefde en humor
Maroela Media se opname‑ateljee is weer die afgelope tyd in rep en roer soos Bettie Kemp en haar span akteurs werskaf om weereens vir gemeenskapsradiostasies ʼn splinternuwe radiodrama te bied. Dié radiovervolgvervaal, uit die pen van Joe Kleinhans, het hoof‑ sowel as spanningvolle storielyne wat só verweef is om die luisteraar vasgevang te hou.
Vier dood in KZN-vloede
Vier gesinslede, onder wie ʼn kleuter, is dood nadat hul huis weens kitsvloede inmekaargestort het in Queensburgh in KwaZulu-Natal.
Paassondag-bomontploffings: Dodetal styg; nog talle vas
ʼn Britse man het bevestig sy vrou en twee kinders is in die aanvalle dood.
Vyf vas oor renosterhorings
Vier mans en ʼn vrou is tydens twee afsonderlike voorvalle in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met die besit van renosterhorings.
Man vas ná treine brand in Kaapstad
“Die moontlikheid van nog inhegtenisnemings kan nie uitgesluit word nie.”
Gedagte vir die dag: Die gevoel van verwerping bekruip jou soos ’n dief
Wat is die mens dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. (Psalm 8:5-6)