Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand gesê die algehele landswye afsondering sal trapsgewys opgehef word.
Lees meerAlles vir Donderdag 23 April 2020
Video: Kyk die president se toespraak hier
Pres. Cyril Ramaphosa sal die land Donderdagaand omstreeks 20:30 toespreek oor riglyne om die verspreiding van Covid-19 te beperk.
Hospersa besorg oor dreigende staking
Hospersa, ʼn vakbond wat meer as 60 000 gesondheidswerkers in die staat- en privaat gesondheidsorgbedryf verteenwoordig, het sy kommer aangedui oor toenemende ontevredenheid onder gesondheidswerkers.
Covid-19: Jongste statistiek bekendgemaak
Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Donderdag gesê die getal gevalle van Covid-19 het met 318 toegeneem en 10 nuwe sterftes is aangemeld.
Wes-Kaap versoek Cele om buurtwagte toe te laat
Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het gesê hy het polisieminister Bheki Cele skriftelik versoek dat geakkrediteerde buurtwaglede toegelaat moet word om patrollies te doen en wetstoepassers by te staan tydens die Covid-19-afsonderingsperiode.
Dis-Chem het pryse tot met 261% verhoog
Die Mededingingskommissie het Donderdag gesê Dis-Chem sal vervolg word vir buitensporige prysverhogings tydens die nasionale ramptoestand.
ToekomsVenster: Jy mag maar
Dink na oor die dinge wat werklik belangrik is in ‘n verhouding.
Welkom-man vas oor vuurwapens, ammunisie
ʼn 32-jarige lid van die burgemeesterskomitee in die Matjhabeng-munisipaliteit (Welkom) in die Vrystaat is Donderdagoggend in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Man vas oor gestremde vrou se verkragting
ʼn 32-jarige man is in Acornhoek in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn 52-jarige gestremde vrou.
Só lyk tesourie se voorstelle vir belastingverligting
Intussen is die departement van finansies nog geheimsinnig oor hoe presies die hulppakket van R500 miljoen vir Covid-19 verkry gaan word.
Covid-19: Jongste syfers in Gauteng, Wes-Kaap
Die gesondheidswerkers wat die virus opgedoen het, het dit nie by die werk opgedoen nie, maar in hulle sosiale kringe.
Vakbonde verklaar dispuut met regering oor salarisse
ʼn Konsiliasieverhoor kragtens arbeidswetgewing is belê om die kwessie te probeer bylê.
Geen poste in gedrang by Toyota
Toyota het gister tydens ʼn aanlyn rondetafelgesprek sy onmiddellike planne aan die media bekendgemaak.
Die wêreld in foto’s – 23 April 2020
Sedert die uitbreking van Covid-19 het mense wêreldwyd in afsondering gegaan om die verspreiding van dié virus hok te slaan. Intussen lyk dit of diere en die natuur floreer in die mens se afwesigheid.
17 in Noordwes vas ná oproer
Drie polisielede en twee nooddienswerkers moes boonop hospitaalbehandeling kry.
Eerste besending voedsel versprei
Meer as 5 ton vars produkte is by meer as 20 tehuise in die Pretoria-omgewing afgelewer.
Reuseveldbrand woed in Pole
Om sake te vererger ervaar Pole tans die ergste droogte in dekades.
Hansen se grootste teleurstelling as All Blacks-breier
“Daar was inderdaad ’n paar dinge wat ek anders sou gedoen het.”
Amptelike skrywe van die AP Kerk aan die president
“Dit is juis hierdie inkomende inligting wat dit al hoe meer duidelik maak dat die aanvanklike inligting wat die ramptoestand gemotiveer het, onvolledig was.”
Wêreldboekedag, waarde van lees word benadruk
Het jy geweet ʼn bibliofiel is iemand wat lief is vir boeke? Wêreldboekedag word vandag, 23 April, gevier en die belangrikheid van lees word opnuut benadruk.