“Ons wou Sir Attenborough vereer vir sy pogings om wêreldwyd ʼn bewustheid te skep oor die wonder en skoonheid van die natuur.”
Lees meerAlles vir Saterdag 17 Oktober 2020
Pumas laat Griekwas in hul eie gat val
Lig die hoed sommer baie hoog vir die Pumas-rugbyspan se twee afrigters wat binne ʼn paar dae moes raap en skraap om ʼn mededingende span te kies wat Saterdagmiddag in Kimberley in die SuperSport Unlocked-reeks teen Griekwas gespeel het.
Foto’s: Musiek, fliekvermaak by Maroela Media se fliekpiekniek
Oud en jonk het Saterdag luilekker uitgespan by Maroela Media se fliekpiekniek wat by Monte De Dios in die ooste van Pretoria aangebied is.
Outistiese man se bekkige sêgoed word plan vir onderneming
“Al het mense op die spektrum die intellek om ʼn werk te doen, het hulle baie keer ʼn probleem met hul hande of lyf wat nie wil saamwerk nie. Ons wil hê mense moet weet dit is cool om ander te wees.”
Jong Mosselbaaier wen internasionale rockkompetisie
“Dit voel eintlik surrealisties op ʼn goeie manier want die oomblik toe ek as wenner aangekondig is, het deure vir my begin oopgaan en die hoeveelheid blootstelling wat ek nou kry is net ongelooflik.”
Griekeland wil Turkse grens verleng
Griekeland wil sy Turkse grens langs die Maritsarivier vergroot “sodat Griekse burgers veilig kan voel”.
Onnie tydens terreuraanval in Frankryk onthoof
Nege persone is Saterdag in aanhouding ná ʼn onderwyser in die publiek in Parys in Frankryk onthoof is.
Tieners verdrink in Kaapstad; liggaam van nog ʼn drenkeling gevind
Een tiener het verdrink en ʼn ander tiener word vermis ná hulle vermoedelik in systrome beland het toe hulle by twee verskillende strande in Kaapstad geswem het.
Valke sloop onwettige goud-smeltery
Vier persone het Vrydag in die landdroshof in Barberton in Mpumalanga verskyn in verband met onwettige mynboubedrywighede en die onwettige besit van goudverwerkingsmateriaal.
Man vas oor moord op vyf persone
ʼn 26-jarige man van Joe Slovo Park in die Wes-Kaap is Vrydagmiddag in hegtenis geneem as deel van ʼn ondersoek oor die moord op vyf persone, insluitend twee vroue.
Marikana: NVG wil SAUK dagvaar oor beeldmateriaal
Die SAUK kan gedagvaar word vir beeldmateriaal van gebeure op 13 Augustus 2012 tydens ʼn staking deur Lonmin-mynwerkers.
Was AfriForum reg om ʼn eie terrein in Senekal te beman?
Ek was gister in Senekal en gee graag my indrukke oor gister se gebeure en dan kan u self oordeel of AfriForum se besluit die regte een was en of hulle inderdaad slegs verdeeldheid gesaai het.
Drie vas oor lewensversekeringseis
Drie persone het Vrydag in die Scottburgh-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag van bedrog.
Onteiening: Openbare verhore in Limpopo en Noord-Kaap gehou
Die ad hoc-komitee oor die verandering van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik het Vrydag sy program vir openbare verhore vir Limpopo en die Noord-Kaap gefinaliseer.
Tweede verdagte vas oor Senekal-oproerigheid
ʼn 33-jarige man van Senekal in die Vrystaat is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met openbare geweld op 6 Oktober buite die plaaslike landdroshof.
Twee sterf tydens gewelddadige betogings in Middelburg
Twee persone is dood ná gewelddadige betogings in Middelburg in die Oos-Kaap.
Resensie: Janie Bay bekoor met akoestiese album
Die album is in die sitkamer van die groep Spoegwolf se huis op Stellenbosch opgeneem – vandaar die titel ‘In die sitkamer’.
Zuma woedend oor kinders se rekeninge ondersoek word
Oudpres. Jacob Zuma het reageer op ʼn berig in die Sunday Times dat die Zondo-kommissie van Ondersoek na staatskaping sy kinders se bankrekeninge ondersoek.
Huis in PE met petrolbom bestook
Speurders van Mount Road-polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting ná ʼn petrolbom Donderdagaand in ʼn huis in Newton Park gegooi is.
Cheetahs kraai koning in Bloemfontein
In die eerste helfte was die Bulls basies die teenoorgestelde van ’n koning Midas: Min of meer enigiets waaraan hulle gevat het, het in ’n fout verander – van ’n aanslaan tot ’n skewe ingooi by ’n lynstaan.