“Ek het die Vader gevra om vir my iemand te stuur, toe stuur Hy vir my iemand wat soos ʼn handskoen by my pas.”
Alles vir Donderdag 30 Junie 2022
Regering se duisende eiendomme onbenut
“As elke eiendom tussen net tien tot 20 mense elk kan huisves, sal tot 70 000 hawelose mense moontlik van die strate gehou kan word.”
Fase 6 nou vroeër ingestel
Lees ook hier wat die vooruitsigte van beurtkrag vir die naweek is.
NY-vrou voor baba op straat doodgeskiet
Die voorval het inwoners van die gegoede Upper East Side geruk.
Ideologie en onbekwaamheid dryf verval
Die wyse waarop Eskom sukkel om Suid-Afrika van krag te voorsien, is illustratief van die gemors waarin die land hom bevind. Daardie gemors het een hoofoorsaak: Die totale onbekwaamheid van die ANC-regering.
Mening: 13 Bok-toetse in 21 weke net deel van ʼn sportbedryf
“Is daar te veel sport?” vra Wim van der Berg in sy jongste meningstuk.
Oudtshoorn weer uit ANC se hande
Chris McPherson is tydens ʼn raadsvergadering Woensdagaand tot die nuwe burgemeester van dié Wes-Kaapse dorp verkies.
Bankbestuurder tronk toe ná miljoene voete kry
Die voormalige bankbestuurder van FNB is ’n dekade gelede uitgevang.
Ontvoerde sakeman na 111 dae gered
Familielede was reeds na Dubai onderweg om die losprysbetaling te bespoedig toe die polisie se nasionale teenkapingstaakspan ingegryp het.
Musikant se moordenaars gevonnis
Sewe tieners is aanvanklik aangekla, maar een – Tlisetso Mphahlele (14) – het voor die verhoor gesterf.
Ooreenkoms moet wildmisdade bekamp
“Met private reservate se pogings van bewaring op grondvlak, is daar gedurende Mei en Junie nog nie ’n enkele geval van renosterstropery aangemeld nie.”
Boek: Marie Lotz se ‘Polsslag’
In Polsslag word speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO saam met sy span na ʼn raaiselagtige moordtoneel uitgeroep.
Isner moker loopbaankishou no. 13 724
John Isner het gister op Wimbledon met ’n kishou-skouspel teen Andy Murray vorendag gekom.
Taalgebruik: antwoord, beantwoord
Maak seker jy ken die verskil tussen “antwoord” en “beantwoord”. Vandag se Taaltoffie werp lig op die onderwerp.
Instrukteur vra glo omkoopgeld van vakleerlinge
Twee studente het tydens hul praktiese opleiding goed gevaar en was dus geskok toe hul instrukteur betaling eis om hulle te laat deurkom.
Resep: Gebakte botterskorsie-en-biltongpolenta
Probeer iets nuuts met dié biltonggereg.
Swaarste straf vir Isis-lid na Frankryk-terreur wat 130 eis
Die enigste oorlewende lid van ’n Islamitiese Staat-terreursel wat in November 2015 minstens 130 mense in Parys vermoor het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Haai-aanval: Slagoffer was ‘liefdevolle man, pa en vriend’
Die man wat Dinsdag in ’n haai-aanval by Plettenbergbaai dood is, is intussen as Bruce Wolov geïdentifiseer.
Nog twee vas vir kriptogeld-bedrogspul
“Die klaer het na bewering R34 miljoen in die onderneming en Bezuidenhout se bankrekeninge oorgeplaas.”
Luister: Karakter, waardes is belangriker as punte
Dr. Jeanette De Klerk-Luttig is ’n kenner in karakterontwikkeling en sy meen karakterontwikkeling in skole is ononderhandelbaar. Daaroor gaan niemand kan stry nie, maar hoe ontwikkel ʼn mens leerders se karakter en dra goeie waardes aan hulle oor?