“Dit is ʼn onverwagse juweel, ʼn skitterende blink klippie wat die reisiger in die woestyn ontdek.”
Alles vir Dinsdag 2 Augustus 2022
Sokkerspan laat Engelse vreugdevure hoog brand
“Dit was die trotsste dag van my lewe,” het Leah Williamson, kaptein, gesê nadat Engeland se vrouesokkerspan die Euro-toernooi voor amper 90 000 toeskouers op Wembley gewen het.
Dispuut oor salarisverhoging vir onnies verklaar
“Enige regdenkende mens sal dit [die huidige aanbod] as uiters onbillik beskou.”
Hoe kies ons in die skadu van transformasie?
Dit is dalk tyd dat ons ʼn slag opstaan vir sukses en mislukking verdoem met ons keuses.
Lara se geliefdes swel van trots
“By tye kan jy dit amper nie glo nie – jy sit ek kyk hoe sy swem en dink, ‘is dit regtig my kind?’”
Federalisme is alternatief tot Suid-Afrika se mislukkende sentralisme
Die werklikheid is dat elke gemeenskap, dorp, streek en provinsie veel beter weet wat die beste vir hulle is as ʼn magsbehepte sentrale regering. Daarom moet gemeenskappe self kan besluit oor sake wat hulle direk raak. Die vraag is natuurlik hoe?
Klerksdorp-leerder sterf ná tref-en-trap
“Ek het hom gevra om versigtig te wees en hy het geantwoord dat hy altyd versigtig is.”
Brendan rook die pyp op Top-20
Brendan Peyper kraai koning, en ʼn nuwe liedjie van Jan-Adriaan van Rooyen, beter bekend as “Prop”, maak sy buiging op die Maroela Media Afrikaanse Top-20.
Nóg ’n Intercape-busbestuurder geskiet
Die busdiens sê herhaaldelike beroepe op die regering om in te gryp, het op dowe ore geval.
‘Ervaring, fisieke spel kan deurslag gee’ – Nienaber
Malcolm Marx sal die no. 2-trui in sy 50ste toets vir die Springbokke dra, terwyl Faf de Klerk ook weer in die opdrafspan vir die naweek se wedstryd teen die All Blacks is.
Beurtkrag dreig weer
Suid-Afrikaners moet hulle begin staal vir kragonderbrekings oor die volgende drie dae.
‘Plan was nie om Deacon-vroue te vermoor’
Lizette en Hettie Deacon se huishulp het glo die beweerde moordenaars by die huis ingelaat en aan elkeen ’n mes verskaf. Sy het hulle ook gewys waar hulle kan wegkruip totdat die vroue huis toe kom.
Boek: Hekeltegnieke vir kunsvlyters
Die tegnieke sluit vinger-, loodglas-, tapisserie-, filet- en touhekel in.
100 beseer toe bus omslaan
Die bus met ʼn sleepwa is om 03:30 ʼn ent van die pad af aangetref.
TikTok moet verduidelik ná uitdaging glo jong lewens eis
Die hofsaak het opnuut die soeklig geplaas op gevaarlike uitdagings op sosialemediaplatforms en die uitwerking daarvan op veral jong kinders.
TLU SA sê ‘sakereddingswet’ ongrondwetlik
Ná ʼn uitmergelende droogte, wat nou verby is, wil die Landbank op sy “trust-plase” beslag lê, terwyl dié bank niks aan sy “maatskappy-plase” kan doen nie.
Leclerc bevraagteken Ferrari-strategie
“Ek verstaan nog nie rêrig die rede vir die besluit nie, maar dit was ongetwyfeld die verkeerde een.”
Katlego Maboe terug op die kassie
“Ek sien uit daarna om weer die geleentheid te kry om ’n ongelooflike span by te staan in die skep van ’n inspirerende program.”
Skilpad bring verkeer tot stilstand
“Om eerlik te wees, kon ek nie my oë glo nie,” het ʼn treinpassasier op pad na Norwich in Engeland getwiet.
Dodetal styg in Tembisa-oproer
Nog liggame is Maandagaand by die ingang van ʼn verbrande gebou gevind.