In die video kan gesien word hoe ʼn soldaat met ʼn Suid-Afrikaanse vlag op sy mou doodluiters die voorval op sy selfoon staan en afneem.
Alles vir Dinsdag 10 Januarie 2023
Perez wil die pap dik aanmaak
“Ek voel dat ek tans op my beste is en ek sal alles in die stryd werp om die nuwe seisoen op ʼn hoë noot te begin.”
Liewe graad 11-ouer
Hoe absoluut tragies dat ʼn jong begaafde kind, met ʼn hele toekoms voor haar, so kan voel?
Verskuiwing van Eskom ‘irrasioneel, rampspoedig’
Dit gaan ʼn groot fout wees om Eskom in die “smerige hande” van ʼn “ambisieuse boelie” – die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe – te verskuif, waarsku die DA.
Man in hof ná transitorooftog op N12
R60 000 se kontant is in die verdagte se besit gevind.
Ondersteuners hoop Brevis vat vlam
Die opwindende Dewald Brevis is in die MI Cape Town-groep wat vandag teen die Paarl Royals kragte meet.
Verkeersbeampte sterf toe trok hom tref
“Daar is ʼn ingesteldheidsprobleem onder sommige vragmotorbestuurders wat padreëls voortdurend verontagsaam.”
Kaptein Miller sal op Buttler, Morgan steun
“Ons is baie bevoorreg om twee internasionale kapteins in die groep te hê en hul ervaring is ongetwyfeld van onskatbare waarde.”
Onnie as ‘held’ geloof ná sesjarige losbrand
Dit het intussen aan die lig gekom dat daar wel ander leerders in die klas was toe ʼn sesjarige sy onderwyseres geskiet het.
Dept. van energie sal Eskom bestuur – Ramaphosa
Die president sê hoewel die ANC ʼn resolusie aanvaar het dat die kragvoorsiener na die departement van minerale hulpbronne en energie verskuif moet word, is dit ʼn proses wat waarskynlik nog lank gaan duur.
Barto onttroon Dodo op Top-20
Die musiekvideo is einde November uitgereik en is reeds byna ʼn halfmiljoen keer op YouTube gekyk.
Resep: Olyf-en-spekbroodwiele
Dié unieke brood sal handig te pas kom wanneer jy weer ʼn vleisie op die kole gooi.
Boekoorsig: Druk speel!
Selfs al laai jy net jou eie selfoonvideo’s op YouTube, Instagram of TikTok, sal jy heelwat leer uit Leon van Nierop se wenke.
Hittegolf in Karoo voorspel
Lees hier wat die vooruitsigte vir die res van die land se weer hierdie week is.
‘Gat in osoonlaag begin herstel’ – VN
Navorsers verbonde aan die Verenigde Nasies (VN) sê die moontlikheid bestaan dat die osoonlaag oor ʼn aantal dekades ten volle kan herstel.
Goeie nuus vir huiskopers
Kenners en ekonome is toenemend optimisties dat rentekoerse voortaan minder skerp sal styg en later vanjaar selfs kan begin daal.
Dobson draai nie doekies om
“As ons ʼn mededingende span in hierdie toernooi wil wees, sal ons hierdie tipe wedstryde moet wen.”
Uitdrukking: Ikabod met iets of iemand wees
Ons hoop nie dit is hierdie week Ikabod met jou nie.
Zoeloe nie meer in Protea-afrigterswedloop
Die voormalige veelsydige ster – wat tydens die 1999-Wêreldbekertoernooi amok gemaak het, wil glo eerder op die wêreldwye T20-franchisekompetisies konsentreer.
‘Ons soek nie rassiste in SA,’ sê Ramaphosa
Ramaphosa is intussen gekap oor ‘n uitlating wat hy oor wit mense gemaak het.