Hoewel Shadine van der Merwe erken dat daar beslis nog werk op die Proteas vóór die komende Wêreldbeker-toernooi wag, is sy dankbaar vir die ondersteuning wat die span in die afgelope vierhoekige reeks in Kaapstad geniet het.
Alles vir Donderdag 26 Januarie 2023
City Power verloor reeds miljoene – en al meer klim van netwerk af
Die Johannesburgse verskaffer sê die maatskappy het oor die afgelope jaar reeds R200 miljoen aan 390 mini-substasies bestee as gevolg van vandalisme en diefstal – wat hoofsaaklik gedurende beurtkrag plaasvind.
Akio Toyoda nie meer aan stuur van Toyota
Die Japanse motorvervaardiger het Donderdag ʼn verrassende herskommeling van sy bestuur bekend gemaak.
Kaapse Forum wil Coca-Cola aanvat oor ‘diskriminasie teen bruin matrieks’
“Coke is die een koeldrank wat deur álle gemeenskappe élke dag gekoop word. Dit alleen beteken dat die maatskappy nie enige skoolverlater by sy beurskema moet uitlaat nie.”
Boer glo met asbak, biltongsnyer aangerand
Die aanvaller (50) is ʼn dag later in hegtenis geneem danksy inwoners wat die aanvaller met ʼn bebloede denimbroek langs die pad gewaar het.
Stefanos soek sukses in ‘tuis-Slam’
“Ek speel tans goeie tennis. Trouens dink ek dat ek lanklaas só goed oor my spel gevoel het.”
Vier vas wat sakeman glo by lughawe gryp
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die man na Suid-Afrika gelok is deur ʼn sindikaat wat hulle glo as sakelui voorgedoen het.
Tshwane verskerp waterbeperkings
Inwoners in sommige dele van die metro ondervind reeds watertekorte en die stad het ʼn beroep op mense gedoen om hul waterverbruik aansienlik te verminder om nóg onderbreking te verhoed.
Bielie van ʼn baba weeg 7kg
Dié baba wat onlangs in Brasilië gebore is, pas in die klere van ʼn eenjarige kind.
Minder kwaai rentekoersverhoging dalk op hande
Die meeste ekonome verwag weer ʼn rentekoersverhoging, maar daar is ook hoop dat daar later vanjaar ʼn draaipunt in die vlaag stygings bereik sal word.
SA sit in donker terwyl Eskom karring met rasteikens – Solidariteit
“Eskom behoort nou net op een ding te fokus – en dit is nie ras nie, maar krag. Suid-Afrikaners benodig nie rasseteikens nie, maar lig in hul huise en krag vir hul besighede,” sê Dirk Hermann.
Speler van jaar binnekort aangewys
SA Rugby het gesê sy toekenningswenners word volgende week bekendgemaak. Siya Kolisi en Eben Etzebeth is onder meer in die speler van die jaar-kategorie benoem.
Britse koningshuis verwelkom eersdaags nog ʼn pienkvoet
“Ons is so opgewonde om die nuus te deel dat daar hierdie somer ʼn nuwe toevoeging tot ons gesin sal wees.”
Kuns bied uitkoms vir Kruiper-Boesmans
Dawid Kruiper het gesê as hy uitgaan in die veld om te gaan jag kom hy terug met ʼn blikkie vis.
Beurtkrag gaan suikerbedryf miljoene kos
Produsente sal na verwagting vanjaar meer as R189 miljoen se bykomende energiekoste aangaan weens die ontwrigting van besproeiingskedules as gevolg van beurtkrag.
Luister: Boere-bloemis wen groot met sy groen vingers
“Ek het geleer dat ek nie myself moet onderskat nie.”
Vrou (100) sê geheim is om ‘nie met vreemde mans te praat nie’
ʼn 100-jarige vrou het die geheim verklap vir ʼn lang en gelukkige lewe.
Skool herhaaldelik gewaarsku oor sesjarige skieter
Abigail Zwerner het kort voor die skietvoorval boonop ʼn boodskap aan ʼn geliefde gestuur waarin sy sê sy vermoed die kind is gewapen, maar dat die skool niks daaraan doen nie.
Luister: Proe’toria-fees nou ‘nóg groter, beter’
Bobby van Jaarsveld sluit Saterdag aan by die rits gewilde musikante op die Proe’toria-verhoog en Sondag skop die fees af met lofprysing en gebed.
Op berge en in dale… hierdie Honda loop lékker
Die Honda CBX500X is meer as genoeg om jou drome vlerke te gee, skryf Brian Cheyne ná sy naweek weg met dié motorfiets wat elke kinkel en draai met vertroue pak.