Die polisie het reeds padblokkades op talle hoofroetes opgestel en gereelde patrollies word op geïdentifiseerde hoërisiko-roetes gedoen.
Alles vir Vrydag 14 Julie 2023
Sakpas-alternatief vir Fortuner?
Terwyl Toyota se Fortuner elke maand met ʼn reusemarge die markleier in sy segment is, is sy prys bo baie se vuurmaakplek.
Sexton hoor binnekort sy lot
Die kaptein van Ierland se tugverhoor ná sy uitbarsting in die Kampioenebeker-eindstryd het ses uur geduur.
Resensie: ‘Rosemary’s Hitlist’ wys bloedige hart van berugte misdadiger
Dit is sielsopenbarend skokkend, en kykers moet veral let op al die waarskuwings. Nietemin, uitmuntend.
Help! Bloeddiens se voorraad bitter laag
Die bloeddiens sukkel nou al maande lank om vyf dae se voorraad op te bou.
Oekraïne se graanuitvoere opnuut in weegskaal
Die ooreenkoms het Oekraïne toegelaat om meer as 32 miljoen ton graan verby Rusland se oorlogskepe in die Swartsee na die res van die wêreld uit te voer. Die meeste van dié graan is vir ontwikkelende lande in Afrika en die Midde-Ooste bestem.
Dié lere te gevaarlik vir gebruik
Volgens die NCC het Mainstay en Terra Firma versuim om aan die vereistes te voldoen, wat die lere onveilig maak en beserings of selfs sterftes kan veroorsaak.
Nog medalje-hoop vir SA in Parys
Drie Suid-Afrikaners is vandag in aksie by die Wêreld-Para-Atletiekkampioenskap in Parys.
Tunisië se Ons terug in Wimbledon-finaal
Ons Jabeur het die eerste vrouespeler sedert Serena Williams geword om na twee Wimbledon-eindstryde op ʼn streep deur te dring.
Musiekvideo: Dans in die donker met Ruan Josh se ‘Ligte af’
“Ek glo ‘Ligte af’ gaan help om die bitterheid wat mense as gevolg van beurtkrag ervaar, te verdryf.”
Luister: Is jy ʼn ondersoeker?
“ʼn Tipe 5 praat nie sommer nie. Hy sal net iets sê as hy of sy weet dat hulle iets het om te sê.”
Resep-video: Spinasiegebak
Die kinders sal nie hul neuse vir hierdie smaaklike groentegereg optrek nie.
Eben bly om Bokke te lei
Die All Blacks se kaptein, Sam Cane, het intussen gesê dat Eben Etzebeth ongetwyfeld sy heel beste in die wedstryd sal gee.
Ekwatoriaal-Guinee weier toegang tot SA’ners
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het sy ernstige kommer uitgespreek oor die aanhouding van twee Suid-Afrikaanse burgers in Ekwatoriaal-Guinee.
Ope brief: Mnr. President, ons sal aanhou hard werk
Ons sal geen militante optrede onderneem nie. Ons sal ons kinders nie leer om rewolusionêre optrede te neem nie. Ons sal voortgaan om hard te werk en te verdien waarvoor ons werk.
Ope brief aan president Cyril Ramaphosa
Voor Februarie 2018, as jong Suid-Afrikaanse boere, het ons gehoop dat ons nuwe president, mnr. Cyril Ramaphosa, ʼn staatsman sou wees wat ons land voorwaarts en opwaarts sou neem.
Lesersbrief: Te wit om ʼn dokter te word
Wie gee om as jy siek is en ʼn dokter moet gaan sien watter ras die dokter is? Jy wil net medisyne kry en beter voel.
Derde verdagte vas ná trokke brand
ʼn Derde verdagte is Donderdagaand in hegtenis geneem in verband met die afgelope ruk se vlaag aanvalle op vragmotors.
DA: ‘Zuma moet hom oorgee of in hegtenis geneem word’
“Zuma moet nou die gevolge dra vir sy skaamtelose miskenning van die oppergesag van die reg.”
SA’ner sterf in heli-ongeluk in DRK
“Rus sag my liefste jongseun. So trots op jou.”