Volgens Rassie Erasmus kan ʼn reeks scenario’s hom na afloop van Saterdag se wedstryd afspeel.
Alles vir Maandag 2 Oktober 2023
SA skoonheid gekroon as Thaise Mej. Wêreld
Botes het Suid-Afrikaanse en Thaise burgerskap.
A cappella-kompetisie soos sêr van ouds
“Dit was veral met hulle Coldplay-keurspel wat ek gedink het: ‘Dit is die sêr wat ek onthou’.”
Hier is Maroela se Winterbruid 2023
Baie geluk aan ons Winterbruid! Sy wen twee nagte vir twee persone wat deel by Zimbali Lodge (insluitend ontbyt) naby Ballito aan die noordkus van KwaZulu-Natal.
Foto’s: Lodge noord van Pretoria brand af
Daar was geen keer toe grasdakstrukture die een ná die ander aan die brand raak nie.
Renosterstroper agter tralies gevonnis vir nog stropery
“Veldwagters het die betrokke dag mensespore opgemerk en besef dat dit moontlike stropers kan wees wat onwettig die wildtuin betree het. Die spoor is gevolg en die beskuldigde en sy twee makkers is aangekeer.”
Mapimpi op pad huis toe
“Ons is hartseer vir Mapimpi. Ons gaan hom as speler mis, sowel as dit wat hy van die veld af vir ons beteken.”
Beurtkrag: Fase 2 begin Maandagmiddag
Minder onklaarrakings en ʼn laer vraag na krag tydens die aandspitstyd, beteken die ligte kan deur die dag aangehou word.
Jong man vermis ná vloedwater hom meesleur
“Ek het bly roep na hom, maar in daardie stadium was ons reeds te ver van mekaar af, ek kon nie meer sy stem hoor nie.”
Motshekga flous niemand oor Bela-wetgewing – AfriForum
Die minister het Sondag gesê die regering is “verby die stadium” van toegewings maak aan beheerliggame “ter wille van vrede in die land” en dat “’n selfrespekterende regering” nie kan toelaat dat ’n skoolbeheerliggaam voorskryf wat ʼn skool se taal- of toelatingsbeleid mag wees nie.
Richardsbaai spook om brand by meule te blus
Stormsterk winde en hemelhoë temperature het daartoe gelei dat ʼn brand by ʼn houtspaandermeule al vir dae lank woed en in ʼn stadium gedreig het om na woongebiede te versprei.
Afrikaanse Taalraad wys nuwe voorsitter, direksie aan
“Kan of wil ons land se heersers nie die gevaartekens van taalhegemonie raaksien nie?”
Walvisbaai kry Afrika se eerste groen waterstof- aanleg
Die aanleg sal na verwagting teen middel volgende jaar ten volle in werking wees en word bestempel as grensverskuiwend in Namibië se strewe na volhoubare ontwikkeling en groen industrialisasie.
Bela beslis nié aanval op Afrikaans – Motshekga
Meer as 723 000 kandidate sal oor minder as ʼn maand hul Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen begin skryf. Minister Angie Motshekga het Sondag oor haar departement se eksamengereedheid gesels.
Sepiegids: Rassie kry ultimatum in ‘Suidooster’; Bets laat val bom in ‘Binnelanders’
In ‘Arendsvlei ‘ ontdek Lennie die baba wat Alice alleen gelos het en Henry brand om die groot vraag in ‘Diepe waters’ te vra.
ATKV Klein-Kariba stel bekend die Afrikitifees
Die Afriktifees is ʼn taal-en kultuurfees vir beide oud en jonk. Buiten vermaak uit die boonste rakke vir alle ouderdomme, beloof dié fees om ʼn eg Afrikaanse-taalervaring te bied.
Geluk aan dié ‘raai die telling’-wenner
Baie geluk aan dié ronde se ‘raai die telling’-wenner.
Borskanker raak een uit elke 27 SA vroue
“Een van die belangrikste uitdagings in Suid-Afrika is die laat-stadium diagnose van borskanker wanneer die kanker gevorderd is, wat die kanse op suksesvolle behandeling verminder.”
‘Kind grootgemaak in vreemdeling se huis’
Geen ouer wil hom voorstel dat hul kind in ʼn vreemdeling se huis grootgemaak word nie, maar verantwoordelike beplanning en die ondersteuning van spesialiste kan ʼn wesenlike verskil maak om jou kind se welstand en geluk in sulke omstandighede te verseker.
Die onafwendbare finansiële rewolusie
Jy hoef nie ideologiese redes te hê om hierdie kriptogeldeenheid aan te koop nie – want dit help buitendien om die finansiële revolusie te verwesenlik.