Die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) sal “die grootste kompromis wees vir mense wat self kan besluit oor waar hulle gesondheidsorg ontvang. Hul lot gaan wesenlik aan die staat se monolitiese enkelfinansieringstruktuur oorgelaat word”.
Alles vir Dinsdag 23 Januarie 2024
Verhoor begin in moord op Nederlandse joernalis
Die bekroonde Nederlandse misdaadverslaggewer Peter R de Vries is in Julie 2021 minstens vyf keer in ʼn besige straat in Amsterdam geskiet nadat hy ʼn televisieateljee verlaat het.
TV-boer (36) sterf skielik
Hy was die boer wat tydens dié seisoen van ‘Boer soek ʼn vrou’ die meeste briewe ontvang het.
Novak op koers om titel te verdedig
Novak Djokovic het pas met die VSA se Taylor Fritz in die kwarteindstryd van die Australiese Ope afgereken.
Finansiële bestuurder en lewensmaat tronk toe weens diefstal van miljoene
’n Finansiële bestuurder en sy lewensmaat is tot direkte tronkstraf gevonnis ná hulle miljoene rand gesteel het en dit as dobbelgeld verdoesel het.
‘Opleidingsmaatskappy’ lewer peperduur kos aan GP-hospitale
Hoewel die maatskappy nie geregistreer is om kos te verkoop nie, het plaaslike hospitale meer as dubbel normale pryse vir kositems opgedok.
Dís hoe jy namens jou kinders vir die onvoorsiene beplan
“Ons weet dat dit moeilik en ongerieflik kan wees om ’n testament met ʼn doelgedrewe trust op te stel. Dis hoekom ons na jou toe kom om die proses in Afrikaans so maklik en gerieflik as moontlik te maak.”
Wen kaartjies na die Karavaanskou in Midrand
Altesaam 25 Maroela-lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie na dié opwindende uitstalling te wen.
Blitsbokke maak staat op ‘vars bene’ in Perth
Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan sal onder meer teen Argentinië in die groepfase van die toernooi te staan kom.
Eskom spring weer van beurtkragfase
Die nasionale kragvoorsiener sê hy kan hierdie keer die fase verlaag.
Een dood, verskeie ander gered in snikhete Kaap
Reddingswerkers van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) het die naweek hul hande vol gehad nadat hulle op nie minder nie as sewe noodoproepe in ’n snikhete Wes-Kaap gereageer het.
Strickland kla oor kopstampsessie
“Ons almal weet dat ek eintlik die geveg gewen het.”
Valentynsdag: Wen ’n romantiese naweek vir twee in Limpopo
Geniet die gasvryheid van Berchtesgaden gedurende die naweek van 16-18 Februarie, waar jy die Saterdag ontspan, die bos bewandel, laatmiddag ʼn wildsrit geniet en die skoner geslag stuur vir ʼn spa-behandeling – alles by die wennerspakket ingesluit.
Tronkstraf vir twee wat gesogte njala stroop
Die saak is herhaaldelik uitgestel, wat aan die verdagtes die gulde geleentheid gebied het om nog oortredings te begaan.
Talle hindernisse, maar ook baie vordering in SA – Godongwana
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging het vrae hanteer oor die vordering wat die land maak met ekonomiese hervorming, veral in sektore soos elektrisiteit en vervoer, sowel as met misdaadbekamping.
Wat is op die kassie?
Maroela Media bied jou ʼn opsomming van die jongste plaaslike en internasionale kykstof wat reeksvrate en fliekvlooie se verbeeldinge aangryp, en loer na die akteurs wat kykers aan die gons het.
Afrikaners, selfbeskikking en die balans tussen eis en bou
Die verskillende verskyningsvorme van selfbeskikking is meer soos ʼn glyskaal waarop ʼn volk van minder vry na meer vry kan beweeg. Dit is dus ʼn proses, eerder as ʼn gebeurtenis.
Vyf kosblik-idees vir jong werkendes
Maak een van dié vyf gerieflike geregte om tydens jou etensuur by jou eerste werk te geniet.
52 almal uit
Die Sunrisers Eastern Cape-boulers was aan die brand op hul tuisveld en hulle het die Pretoria Capitals vir die laaste telling nóg in vanjaar se SA20-toernooi uitgehaal.
Die ANC weet nie wat hierdie skole weet nie
Dit is mooi om te sien hoe Afrikaanse en ander skole wat hul taak met erns bejeën, nie op die blaamkar spring nie, maar werklik skouer aan die wiel sit om te presteer.