Hofstukke is reeds opgestel om op die regering te beteken, sou omstrede wysigings aan die Skolewet deurgevoer word.
Alle stories op Maroela Media
Nasie in Gesprek: Uitnemendheid nooit maklik
“Boere is risikobestuurders. Risiko is wat ons doen. Maar dit is die faktore wat bydra tot daardie risiko wat ons moet verander om meer klimaatslim te boer,” is vandeesweek by die Nasie in Gesprek-reeks by Nampo gehoor.
Stormers beloof om nie te gaan lê
“Ja, dit is moeilik om Europese spanne op hul tuisveld te klop, maar ons het goed voorberei en ons is gereed vir aksie.”
Uitdrukking: Iets soos ʼn kleinood bewaar
“Iets soos ʼn kleinood bewaar.” Ken jy dié uitdrukking?
Kommentaar stroom in oor koning se skildery
Wat dink jy van koning Charles se nuwe portret?
Ná 7 jaar skei McIlroy-egpaar se paaie
Egskeidingsdokumente is by die Palm Beach County-hof in Florida ingedien.
Ramaphosa besoek George-ramptoneel
Pres. Cyril Ramaphosa sal Donderdag die ramptoneel in George besoek, asook met van die gesinne en vriende van oorledenes praat.
‘Venster’ tussen New York, Dublin gou gesluit oor ‘onvanpaste gedrag’
ʼn “Venster” tussen New York in die VSA en Dublin, Ierland, het verlede week oopgemaak. Binne ʼn week moes die poort egter weer tydelik gesluit word weens “onvanpaste gedrag” deur persone in Dublin.
‘Legally Blonde’-reeks beplan
Elle Woods is terug vir ʼn TV-reeks en ʼn derde rolprent.
Polisie skiet gesoekte kaper dood
Die verdagte is vroeër op borgtog vrygelaat nadat hy in verband met 29 sake van motorkaping en -diefstal in hegtenis geneem is. Hy word ook betrek by die ontvoering van sakeman Shamshudeen Faki wie se liggaam Maandag gevind is.
SA’ner wat man in NS doodskop vry, gedeporteer
Hoewel Anthony Kelly se familie kwaad was oor wat hulle as ʼn ligte vonnis beskou het, is hulle verlig Mark Nagel is nie meer in Nieu-Seeland nie.
Miljoene vir Schumacher-horlosies betaal
Twee van die horlosies wat op ʼn veiling van die afslaer Christie’s verkoop is, was persoonlike geskenke aan Schumacher.
Riool stroom in KZN-strandmere in
Kommer neem toe oor die hoeveelheid onbehandelde rioolvuil wat in die see langs die suidkus van KwaZulu-Natal beland. Toetse het ook gewys dat daar steeds E. coli by Margate en Ramsgate se strande teenwoordig is.
Kry jou storie op die skerm met nuwe kortkursus
Is jy ʼn aspirant-draaiboekskrywer, maar jy weet nie waar om te begin nie? Dalk het jy reeds ʼn oorspronklike idee. Skryfnet bied vanjaar ʼn splinternuwe aanlyn kursus én werkswinkel aan om jou touwys te maak – en dalk jou storie op die skerm te kry.
Luister: Diaan Daniels se wenke vir deftige mansdrag
Manne, bêre daardie selfde ou blokkieshemde en chino-broek wat jy vir elke spesiale geleentheid afstof en spits jou ore.
Private gesondheidsorg, staatsdienste kán saam werk – Medihelp
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê intussen mediese fondse is besig om hul lede te paai oor dit wat voorlê.
Tom trots op Tristan se plofkrag
“As ʼn mens so na sy vertonings kyk, lyk dit of hy al vir tien jaar sulke beurte speel,” het Tom Moody na Tristan Stubbs se jongste kolfsukses gesê.
Sopkombuis-maaltyd kinders se enigste vir dag
Die Menseregtekommissie beveel aan dat wanvoeding onder kinders in die Oos-Kaap tot ʼn ramp verklaar word.
Video: Polisie gereed vir verkiesing – Cele
Die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris het die afgelope ruk landwyd met stasiebevelvoerders vergader om te verseker die polisie is voorbereid op enige gebeurlikheid tydens die verkiesing.
‘Weet’ alles oor die verkiesing
Oor twee weke stem Suid-Afrikaners in die nasionale verkiesing. Ons hoor byna elke dag verkiesingsnuus en weet dis ʼn belangrike gebeurtenis, maar al hierdie nuus en inligting is soms ingewikkeld en heeltemal onverstaanbaar. Weet, die e-naslaangids vir leerders en nuuskieriges, het ʼn kundige gevra om artikels daaroor te skryf wat almal kan verstaan. Hierdie inligting is nou op weet.co.za beskikbaar!