Dit is ongelooflik, maar ook die werklikheid, dat daar van Suid-Afrikaanse gesinne, gemeenskappe en sakeondernemings verwag word om florerende en produktiewe lewens te lei terwyl hulle in ʼn 24-uur-siklus amper 12 uur lank sonder krag sit.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
‘Ons sal jul nooit ophou jag’; Leap-beampte se ‘moordenaars’ vas
“Ek het Magwa se familie en sy kollegas beloof dat ons alles moontlik sal doen om sy moordenaars aan die pen te laat ry. ʼn Aanval op een is ʼn aanval op almal.”
Ramaphosa na Namibië om medelye te betuig
Ramaphosa het opnuut sy medelye namens die Suid-Afrikaanse regering en die land se burgers met Geingob se weduwee, Monica Geingos, en die Namibiese nasie betuig.
Dié grondboontjiebotter nou óók herroep
Die vervaardiger, House of Natural Butters, het die kommissie ingelig dat die handelsmerke hoër as voorgeskrewe vlakke aflatoksien bevat. Dit maak dit ongeskik vir menslike verbruik.
Fase 6 geld weer onbepaald
Die kragvoorsiener sê nadat twee opwekkingseenhede die afgelope 24 uur weer in diens gestel is, moes twee ander eenhede nou weer van lyn gehaal word.
Departement het (nog) nie antwoorde oor ‘super-fêns’
Die departement het Gouws se aansoek oor die koste verbonde aan die projek op 8 Januarie ontvang en moes ingevolge wetgewing binne 30 dae daarop reageer. Hieraan is nie voldoen nie.
ACDP woedend oor student se skorsing by NWU
Die party eis nie net dat Shaun Christie, wat sy misnoeë met ʼn LGBTQIA+-oriënteringsessie te kenne gegee het, se skorsing opgehef word nie, maar ook ʼn verskoning van die Noordwes-Universiteit (NWU).
30 jaar agter tralies vir polisiemoordenaar
Adv. Luzaan Williams, namens die staat, het aan die hof gesê die voorkoms van aanvalle op wetstoepassingsbeamptes is verregaande en dat dit geweldig algemeen in die Wes-Kaap – en die res van die land – geword het.
Ramptoestand in Karoo ná week lange kragonderbreking
Die sowat 20 000 km² is dalk van die mees yl bevolkte dele in die land, maar die ekonomie hier is net so afhanklik van elektrisiteit as enige ander deel van die land.
Brink bly aan as Jhb-stadsbestuurder
Gwamanda sê die DA se “voortgesette aanvalle” op Brink is “gelaai met rassistiese bedoelings wat verdoesel word as die verdediging van aanspreeklikheid” in die stad.
Regter sê ‘geen bewyse’ dat sy staatskaping help
Regter Nana Makhubele voer aan daar is geen bewyse dat sy staatskaping op enige manier aangehelp of moontlik gemaak het nie, óf dat sy enigsins by ʼn skikking met die maatskappy Siyaya sou baat nie.
NLU – Taks en hervorming nodig, maar Namibiese plase móét volhoubaar wees
Ndiyakupi Nghituwamata, uitvoerende hoof van die Namibiese departement van landbou, water en grondhervorming, het vandeesweek gereageer op vrae oor hoekom slegs wit boere grondbelasting moet betaal.
Húlle sterf in Riebie-busongeluk
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag, maar dit is in hierdie stadium voortydig om enigiemand aanspreeklik te hou, het die Vrystaatse polisiehoof gesê.
Voorste rolbalspelers dié naweek by enkelspelkampioenskap in Pta
Die toernooi vind by die Wingate-buiteklub plaas en kan met reg as die vertoonvenster van rolbal in Suid-Afrika beskou word.
Stemdag dán bekend
Ramaphosa lewer Donderdagaand sy staatsrede en hoewel dit nie in die verlede die gebruik was nie, is daar nietemin bespiegel dat die president dalk die geleentheid sou gebruik om ʼn kiesdatum bekend te maak.
Beurtkrag afgeskaal
Danksy voldoende noodopwekkingsreserwes en ʼn effense toename in beskikbare opwekkingskapasiteit word beurtkrag Woensdag effe afgeskaal.
Vals alarm oor veiligheid van Nigeriërs in SA ‘betreurenswaardig’
Dirco sê Bafana Bafana het al verskeie kere teen hul Nigeriese eweknieë in sokkerwedstryde te staan gekom en daar was tot dusver nog geen geskiedenis van Suid-Afrikaners wat amok gemaak het weens die uitkoms van sulke kragmetings nie.
Hoër brandstofpryse gaan kwesbare SA’ners swaar tref
Miljoene mense gaan die moeilike keuse tussen brood en ander basiese behoeftes soos vervoer moet maak.
Riebeeckstad Hoërskool rou ná busongeluk ses leerders eis
“Hierdie is nie die soort nuus wat enige ouer wil kry wanneer hul kinders op ʼn skooluitstappie gaan nie.”
Rassie wys omvang van brandbeserings
Hy het ondersteuners Sondag op hoogte gebring van sy herstelpad met tientalle mense wat hom sterkte en spoedige beterskap toegewens het.