ʼn Herrie woed steeds ná die bekendstelling van die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture die naweek. In die boek skryf Myburgh daar is invloedryke magte in die regerende party wat alles kan verloor as korrupsie en staatskaping aan die kaak gestel word.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Aangrypende huldeblyk vir Windhoek-vrou
Die sangeres Elizma Theron het ʼn roerende huldeblyk gebring aan haar niggie wie se liggaam verlede week by ʼn treinspoor in Windhoek opgespoor is.
Vermiste Windhoek-vrou se liggaam gevind
‘n Jong vrou wat Woensdag vermis geraak het, se liggaam is vanoggend op ‘n treinspoor in Windhoek gekry.
Nóg weermagperde vrek, is siek ‘weens swak sorg’
Die Nasionale Raad van DBV sê hy is gewalg deur die Suid-Afrikaanse Weermag se onvermoë om na die perde in sy sorg om te sien. Die raad en die weermag stamp weer koppe nadat ʼn perd in ʼn terminale stadium van Afrika-perdesiekte by ʼn weermagperseel by Rooiwal buite Pretoria van kant gemaak moes word.
Bek-en-klouseer ‘onder beheer’ in Limpopo
Die departement van landbou sê hy wen die stryd nadat bek-en-klouseer vroeër in Limpopo uitgebreek het.
DBV bekommerd oor diere op grensposte weens SAID-staking
Die NDBV is diep bekommerd oor die welstand van diere wat moontlik op grensposte gestrand is weens die staking van werkers by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die amptenare staak oor ʼn loongeskil.
Nog geen besluit oor toekoms van Oos-Londen-dieretuin
Die DA in Oos-Londen is woedend ná geen vrae wat hy aan die Buffalostad-munisipaliteit gestel het oor die stand van die stad se dieretuin in gister se raadsvergadering beantwoord is nie.
NG Kerk en gays: Alliansie vra duidelikheid van hof
Adacsa vra die hooggeregshof vir meer duidelikheid oor die regters se onlangse bevinding teen die NG Kerk.
Dié SA bank hou kliënte meeste tevrede
‘n Verslag oor kliënte se tevredenheid met hulle banke het bevind daar is toenemend strawwe mededinging tussen tradisionele banke en dat nuwe rolspelers die groot handelsbanke op hulle tone gaan hou.
Nuwe sagteware, vlieënieropleiding vir Boeing se 737 Max
Die lugvaartreus Boeing het nuwe stelsels bekend gemaak om die sagteware van sy teenspoedige 737 Max 8-stralers ná twee noodlottige vliegongelukke te verbeter.
Invordering van e-tolskuld vir eers op ys
Sanral het die proses om e-tolskuld in te samel, vir eers opgeskort en daar sal ook nie gevra word vir nuwe dagvaardings nie.
Jong boer dood ná fratsongeluk op plaas
‘n Jong man van Mpumalanga is dood nadat hy per ongeluk aan ‘n oorhoofse kragkabel geraak het.
Só lyk SA’ners se (werklike) gemiddelde salaris
‘n Ekonoom sê Suid-Afrikaners se salarisse is veel minder as wat die syfers van Stats SA aandui.
Mosie gebring oor sluiting van Oos-Londen-dieretuin
Die toekoms van die Oos-Londen-dieretuin word moontlik Woensdag tydens ‘n raadsvergadering bespreek.
Drie van Boeremag bly agter tralies ná hofaansoek misluk
Riëtte Pretorius, die vrou van een van die Boeremag-gevangenes, se dringende aansoek dat haar man, skoonpa en swaer vrygelaat word, is in die hooggeregshof in Pretoria van die rol geskrap.
Onraad vermoed voor vlieënier in klubhuis vasvlieg
“Matsieng-vliegklublede het vermoed dat die vlieënier moontlik bymotiewe kan hê en het die nagenoeg 50 gaste beveel om die klubhuis onmiddellik te ontruim.”
Besluit oor laaste Knysna-olifant se lot ‘nie só eenvoudig’
Navorsers van Sanparke sê olifantkenners en spesialiste se hulp gaan ingeroep word om te help besluit oor die lot van die laaste olifant in die Knysnabos.
Inwoners raadop oor waterkrisis in Olifantshoek
“Daar dreig ʼn wateropstand in byna elke Noord-Kaapse dorp.”
Knysna-bos se laaste olifant swerf nou alleen
“Al die misterie van die Knysna-olifante is gereduseer tot ʼn enkele olifant wat in tragiese omstandighede agtergebly het.”
Hofaansoek gebring om Pretoria-oord te sluit
Dié ontspanningsoord het opslae gemaak nadat twee kinders op die perseel gesterf het.