ʼn Soektog na Conde is van stapel gestuur, maar weens baie swaar reën in die gebied moes dit Dinsdagaand opgeskort word.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
SA man in Aus vas vir ‘dwelmsmokkelary’
Ondersoekers het ʼn sogenaamde beheerde aflewering by ʼn stoorplek in Campbelltown gedoen en die perseel deurlopend dopgehou. Finlayson is in hegtenis geneem toe hy die besending gister wou gaan afhaal.
Noodfondse vir KZN-vloedslagoffers
Die president het gesê hy het reeds die tesourie gevra vir noodfondse om die provinsie se inwoners by te staan.
Jongboere ‘nie beïndruk’ met Ramaphosa se pleidooi
“Ons wil graag bly, mnr. Ramaphosa, maar gee gehoor aan ons vrese, kommer en insette.”
Foto’s: Oproepe om hulp uit KZN; dodetal styg steeds
Pres. Cyril Ramaphosa het intussen ook in KwaZulu-Natal aangekom.
Gru-ongeluk eis ses van familie; ‘dit sink nog in’
“My swaer het die gewoonte gehad, as sy ma en my ouers saamgegaan het, dat hulle met twee voertuie ry. Ek weet nie hoekom nie, maar hierdie keer was hulle saam in een voertuig. Die kinders ry gewoonlik ook met hulle eie voertuie.”
Talle sterf, groot skade aangerig ná storm in KZN
Verskeie mense het gesterf en groot skade is aangerig na gister se storm in die Durban-omgewing.
SA mag nie ‘veilige hawe vir sluipmoordenaars’ word
“Sou die NVG, Valke en polisie versuim om die verdagtes in dié saak te vervolg, sal dit beteken dat Suid-Afrika ’n veilige hawe vir sluipmoordenaars geword het. Dié uitspraak stuur ’n boodskap aan die polisie en die NVG dat hulle nie kan nalaat om misdadigers te vervolg bloot omdat hulle politieke verbintenisse het nie.”
10 sterf in ongeluk op N1 in Limpopo
Die pad is reeds ure lank vir verkeer in albei rigtings gesluit en groot vertragings is aangemeld. Motoriste is aangeraai om die R101 of R33 as alternatiewe roete te gebruik. Die pad sou na verwagting laatoggend weer vir verkeer oopgestel word, wanneer forensiese ondersoekers hulle ondersoek afgehandel het.
Besige verkeersnaweek lê voor; wetstoepassers gereed
Die nasionale padagentskap Sanral het gesê die besigste tye word vanmiddag en môre verwag, waarna die paaie heelwat stiller gaan wees. Verkeersvolumes neem dan weer kwaai toe vanaf Maandag.
Bekende egpaar in rolbalkringe dood aangetref
“Hulle toewyding het geen gelyke gehad nie. Hierdie is ʼn verskriklike tragedie.”
Polisie soek dié man na bestuurder VS-gesin doodry
“Ek het nou meer vrede. Ek weet hulle is minstens al vier bymekaar.”
Unie dreig met hofstappe as weermag nie studente heraanstel
Die SA Nasionale Weermagunie (Sanwu) het die weermag tot Maandag gegee om ʼn groep studente wat hy ontslaan het, weer aan te stel, of Sanwu gaan hom tot die hof wend.
Vrou, seun vas vir moord op Limpopo-man
Daar is destyds bespiegel dat Tony Strydom se skietdood moontlik ʼn plaasaanval kon wees.
Pleidooi gerig ná jong pa in tref-en-trap sterf
“Sy vrou is steeds ʼn senuweewrak. Sy het hierdie week teruggekeer werk toe. Sy moet aanhou ter wille van haar kinders en sy doen haar bes.”
Paaie gesluit weens betogings in Kaapstad
Betogings in die Wes-Kaap duur voort en verskeie paaie bly gesluit.
Emosies loop hoog in verhoor oor jong man se dood
“Ek probeer jammer voel vir hulle, maar ek kan nie. In dié stadium moet hulle [die beskuldigdes] vergifnis by die Here soek, nie by my nie.”
‘Wonderwerk’ dat jagter leef ná buffel hom gaffel
Boodskappe van bemoediging uit die jagtergemeenskap stroom van reg oor die wêreld in nadat Bossie Mostert (39), ʼn beroepsjagter van Limpopo, verlede week deur ʼn buffel gegaffel is.
Kenners sê oor honde wat byt
“Dit is onrealisties en gevaarlik om van ʼn hond te verwag om te weet wanneer om betreders te verjaag, maar ander gaste hartlik te verwelkom.”
Ramaphosa aan boere: ‘Almal in SA het rol om te speel’
Pres. Cyril Ramaphosa het wéér die versekering gegee dat grondonteiening nét ingevolge wetgewing gedoen sal word en het mense gevra om in die land te bly en ‘n verskil hier te help maak.