“Om ʼn familielid só te sien, vasgemaak en besig om te struggle om te probeer loskom…. Dis verskriklik.”
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
MultiChoice het ‘dubbele standaard’ oor verdelende uitsprake
AfriForum sê MultiChoice het die volste reg om ʼn politieke beleid te volg, maar dat dit konsekwent toegepas moet word.
Oudhoof van Black Business Council in hof vir ‘bedrog, diefstal’
Die BBC het haar vroeër geskors hangende ʼn ondersoek na die vermiste skenking van R5 miljoen.
Werknemer vas wat bejaarde glo stamp
Die vrou word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, het die polisie gesê.
Makhura se nuwe LUR’e ‘boesem nie vertroue in’
Nie die DA óf die VF Plus is danig beïndruk met verskeie van die Gautengse premier, David Makhura, se uitvoerende raadslede nie.
Video: Twee geskors ná werker bejaarde op vloer stamp
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys boonop hoe die bejaarde vrou ná die stamp hulpeloos op die vloer lê terwyl die werker met haar take aangaan.
‘Beskerm, respekteer Openbare Beskermer,’ sê Malema
“Jy kan nie vra dat die Openbare Beskermer van haar amp onthef word net omdat jy ongelukkig is met die bevindings wat haar kantoor gemaak het nie.”
Ma neem seun self na polisie ná moord op onnie
Van Breytenbach se gesteelde items is in ʼn vertrek gekry waar die verdagte woon.
Laaste kans vir Kapenaars om kragstelsels te registreer
Die stad is nie by magte om toerusting te verwyder nie, maar diegene wat teen die sperdatum glad nie met die proses begin het nie, sal van die stelsel losgemaak word.
Weermag vies oor gerugte ná valskermspringer hard land
Die valskermspringer was deel van ʼn vertoning van die weermag by Ramaphosa se inhuldiging op die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria.
Jannie du Toit vereer vir ‘besonderse bydrae’ tot Afrikaanse musiek
“Ek is baie jare geseënd en bevoorreg om te kan sing. Ek is baie lief vir my taal en ek doen dit natuurlik in die eerste plek omdat dit vir my lekker is.”
Man geskiet terwyl hy bid
Hy het glo die aanvaller probeer kalmeer terwyl dié ʼn vuurwapen op sy dogter gerig het.
Oudhoof van SAID wil OB óók hof toe sleep
“Die onbetaamlike haas waarmee die openbare beskermer haar bevindings op 24 Mei 2019 bekend gemaak het, is na ons kliënt se mening ʼn aanduiding dat min of geen waarde geheg is aan die bewyse en bykomende voorleggings nie.”
Rekenaars by skool weggedra
Die polisie het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om met inligting oor die diefstal na vore te kom.
AfriForum vies oor duur inhuldiging
“Suid-Afrika se huidige ekonomiese toestand regverdig nie die reusekoste hieraan verbonde nie.”
Foto’s: Duisende na Loftus vir inhuldiging
Verskeie staatshoofde, diplomatieke afgevaardigdes, sakelui en ander belangrike gaste woon die geleentheid by. Talle van hulle het reeds by die stadion aangekom.
EFF eis Gordhan se kop ná OB-verslag
Die party het gesê Gordhan se besluit was ʼn miskenning van die Grondwet, ʼn misbruik van mag en kom neer op wanbestuur. Die EFF het Gordhan beskryf as ʼn grondwetoortreder wat nie ʼn kabinetspos behoort te kry nie en die openbare amp moet neerlê.
Gordhan wil OB se bevindings laat hersien
Hy het gesê in die lig van die jongste bevinding oor die Vrede-suiwelprojek glo Gordhan dat die openbare beskermer wéér eens ʼn fout begaan het met haar bevindings en voorgestelde optrede in die verslag.
Eskom se hoof bedank
“Dit het ongelukkig ʼn negatiewe uitwerking op my gesondheid gehad. In die beste belang van Eskom én my gesin het ek dus besluit om te bedank.”
Owerhede ‘oneerlik’ oor Centurion-grondeis
Volgens die organisasie hou die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming dit aan die gemeenskap voor dat die tydperk vir indiening teen die grondeis reeds gesluit het.