Die ondersoek na die moord op ʼn 12-jarige leerder van die Grace and Hope Special School in Seshego buite Polokwane in Limpopo, is na die provinsiale direkteur van openbare vervolging vir ʼn beslissing verwys.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Foto’s: Kerk op Redelinghuys in brand verwoes
Die NG kerkgebou op Redelinghuys, ʼn dorpie in die Wes-Kaap, is heeltemal verwoes nadat ʼn brand vroegoggend daar uitgebreek het.
Polisie fynkam plein in Kaapstad ná bomdreigement
Polisiebeamptes, waaronder lede van die bomeenheid, is Dinsdag by Thibault-plein in die Kaapstadse middestad ontplooi, nadat ʼn wenk oor ʼn moontlike ploftoestel daar gekry is.
Pretoria-inwoners skop vas teen beoogde prospektering
Inwoners van Doornpoort in die noorde van Pretoria sê wéér ʼn mynmaatskappy die stryd aan wat ʼn klipgooi van hulle woonbuurt wil prospekteer vir minerale.
Seuns in hof ná moord by skoolkoshuis
Twee leerders wat ʼn kamer met die slagoffer deel, het ʼn onderwyser ontbied nadat hulle gesien het die seun beweeg nie en haal ook nie asem nie.
Brexit-spertyd kruip nader; besluit het ook impak op SA
Britse eerste minister Theresa May word Woensdag by ʼn noodberaad in Brussel verwag, waar sy leiers van die Europese Unie (EU) oor die Verenigde Koninkryk se jongste Brexit-planne moet inlig. Die Britte se besluit het ook ʼn direkte gevolg op Suid-Afrikaanse handelsbelange.
Weerdiens waarsku oor donderstorms, hael
Suid-Afrikaners oor groot dele van die land moes die naweek sambrele uitpluk nadat reën uitgesak het.
Afrikaanse regslui vra vergadering oor taalbesluit
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) eis ʼn vergadering met die nuutgestigte Regspraktisynsraad (RPR) oor sy eensydige besluit om Afrikaans in prokureurstoelating-, boekhouding-, notariële en akte-eksamens af te skaf.
Tekort aan verpleegpersoneel vereis ‘dringende ingryping’
Een verpleegster vir elke 403 mense. Die Solidariteit Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns sê uit dié statistiek is dit duidelik dat verpleegkunde as beroep in Suid-Afrika in gevaar is. “Die impak daarvan op goeie gesondheidsorg vir miljoene Suid-Afrikaners is byna ondenkbaar,” het Hennie Bierman, hoof van die Solidariteit Beroepsgildes gesê.
Talle SA woorde nou ook in Oxford-woordeboek opgeneem
Verskeie Suid-Afrikaanse woorde is in die jongste uitgawe van die Oxford English Dictionary (OED) opgeneem.
Kenners sê burgery moet as teenwig vir staatsmag optree
Die sakeorganisasie Sakeliga sê praktiese kwessies moet gepak word om rigting te gee aan die debat oor eiendomsreg. Die organisasie het Woensdag tydens ʼn seminaar met ander instellings en kenners vergader om ʼn verklaring te help formuleer wat gebruik kan word as ʼn verwysingsdokument tydens die debat.
Vyf van polisie agter tralies vir beweerde misdade
Genl. Khehla Sitole, polisiehoof, het die inhegtenisneming van vyf polisiebeamptes verwelkom wat na bewering betrokke was by voorvalle van mensehandel, menseroof en afpersing.
Só gaan regering beurtkrag beëindig sê Gordhan
Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die regering is besig met die implementering van ʼn plan om die ineenstorting van kragsentrales te verminder en om beurtkrag tot minstens fase 1 dié winter – wanneer die aanvraag na krag toeneem – te beperk.
Duarte vergader met nuuskanaal, redakteursforum ná uitbarsting
Die nuuskanaal eNCA het Woensdag met Jessie Duarte, adjunk-sekretraris-generaal van die ANC, en ander partyafgevaardigdes vergader nadat Duarte die kanaal se verslaggewer Samkele Maseko tydens ʼn nuuskonferensie oor die kole gehaal het.
Honderde reeds betrokke by eis teen Eskom
Die prokureursfirma De Beer Attorneys sê nagenoeg 300 individue en sakeondernemings het hom reeds gekontak oor moontlike betrokkenheid by ʼn groepeis teen Eskom.
Landdros moet nou besluit oor treinspoordood
ʼn Landdros gaan nou moet besluit of Elna-Marie Abbott (29) wie se onthoofde lyk Vrydag op ʼn treinspoor in Windhoek gekry is, selfmoord gepleeg het.
Groot belegging in SA vervaardigingsbedryf
TMH Africa het aangekondig hy betree die Suid-Afrikaanse ekonomie met die plan om die eens florerende vervaardigingsbedryf — en veral die vervaardiging van spoorvoertuie — te laat herleef.
Hofsaak teen oudleerling van Sans Souci uitgestel
Die saak teen ʼn 16-jarige oudleerling van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn onderwyseres aangerand het, is Maandag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad uitgestel.
Laaste KFC-beskuldigde uit op borgtog; NVG moet besluit oor aansoek om ontslag
Die laaste beskuldigde in die sogenaamde KFC-verhoor is Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Bestuurder wat VS-gesin glo doodry, steeds soek
Die polisie is steeds op soek na die bestuurder van ʼn bakkie wat die naweek glo ʼn pa, sy twee jong kinders en nog ʼn maatjie doodgery het nadat hulle uit ʼn ongelukswrak op die pad tussen Bothaville en Allanridge geklouter het.