Foto’s: Krejcir Maandag by die hof

Radovan Krejcir Maandag by die Palm Ridge-landdroshof. Foto. Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir Maandag by die Palm Ridge-landdroshof. Foto. Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir het die eerste aand in ʼn privaathospitaal deurgebring nadat die Johannesburgse hooggeregshof Maandag beslis het dat hy uit aanhouding na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word. 

Dit volg na beweringe dat hy glo deur polisiebeamptes aangerand is ná sy inhegtenisneming op Vrydag, 22 November. 

Krejcir se dokter het gesê hy kan moontlik nierversaking opdoen indien hy nie mediese behandeling ontvang nie. Krejcir beweer hy is met ʼn skokstok geskok en daar is ʼn sak oor sy kop getrek.

Krejcir het Maandag ook in die Palm Ridge-landdroshof verskyn, maar die hofverrigtinge het in camera plaasgevind. Hy het saam met ʼn medebeskuldigde, Desai Lupondo, verskyn. Die mans het glo net vlugtig in die hof verskyn en die saak is na Maandag uitgestel vir verdere ondersoek.

Daar is vroeër berig dat hulle klagtes van ontvoering en aanranding, of alternatiewelik ʼn aanklag van poging tot moord, in die gesig staar. Die klagtes hou verband met ʼn voorval in Junie.

Radovan Krejcir Maandag by die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Radovan Krejcir Maandag by die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

“Die saak is vir sekuriteitsdoeleindes in camera gehou kragtens artikel 153 van die Strafproseswet,” het Phindi Louw, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê. Louw wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Sy wou nie kommentaar lewer of ʼn spesifieke dreigement ontvang is nie.

Louw kon nie sê watter klagtes Krejcir en Lupondo in die gesig staar nie, aangesien dit “nie formeel in die hof voorgehou is nie”.

Die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) sal Krejcir se bewerings van aanranding ondersoek.

Die media wag buite die hof terwyl Radovan Krejcir se saak in camera gehou word. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die media wag buite die hof terwyl Radovan Krejcir se saak in camera gehou word. Foto: Werner Beukes / SAPA

Lees ook:
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit

Die polisie waak voor die deur van die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die polisie waak voor die deur van die hof. Foto: Werner Beukes / SAPA

Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henko ·

Die beampte wat so leun teen die muur lyk beslis nie of hy waaksaam was nie.

Waarom na ‘n privaathospitaal? Is daar dan nie mediese versorgingsfasiliteite in die tronke nie?

Grassie ·

Ek weet wat ek nou sê is verkeerd, maar ek is bly hy is tydens arrestasie goed gemo(k)er. Hy moet weet hy is nie welkom hier nie. Hier by ons word misdadigers in hul derduisende gebore, ons kan nie nog uitvaagsels van ander lande huisves nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.