Die Kokertoekennings bedank ʼn groep baie spesiale mense vir wat hulle die afgelope jaar vir Afrikaans gedoen het.
Taalgebruik: uitspel, uitstippel
Die woord “uitspel” het slegs een, letterlike betekenis en word soms verkeerdelik deur Afrikaanssprekendes in die figuurlike sin gebruik.
Boekresensie: Jaco Jacobs en Fanie Viljoen se ‘Die wonderwêreld van Seelewe’
Ek is sommer baie opgewonde oor hierdie opvoedkundige volkleurboek wat propvol aktiwiteite, speletjies, kopkrappers en interessante feite is oor die oseane, skryf Louise Viljoen.
Nomineer iemand nou wat Afrikaans as wetenskapstaal bevorder
Met ‘n prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ‘n beeldjie van Coert Steynberg se “Helpende hand”, is die Jan H. Maraisprys ‘n gesogte toekenning.
Afrikaanse skrywer se boek word Hollywood-fliek
“Dis wonderlike nuus om te ontvang vir enige skrywer. Dis nie soseer hóékom jy skryf nie, maar dit bly darem ʼn fantastiese bonus.”
[Gedig] Die tyd loop katvoet
“Die dag stap luiters verby soos ʼn kat, stert omhoog.” Lees Wilma Stockenström se gedig, “Die tyd loop katvoet”
Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika
Hierdie is ‘n werk wat nie net tersiêre voorskryfmoontlikhede inhou nie, maar bied boeiende leesstof vir enigiemand wat geïnteresseerd is in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans.
Uitdrukking: ‘n Hondelewe lei
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking, “‘n hondelewe lei”
Woord van die week: pypkan
Wat het ‘n baba se fopspeen en die woord “pypkan”, wat in rugby en ander balspoorte gebruik word, met mekaar te doen? Taaltoffie stel ondersoek in.
Boekresensie: ‘Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert’
Boek twee lees soos ’n droom en mens kan nie gou genoeg die bladsye omblaai om te lees wat gaan volgende gebeur nie.
20 jaar van Solidariteit was ʼn visie anderkant die woestyn
“By ons is daar nie moedeloosheid nie maar energie, want ons glo as jy twyfel oor die toekoms, dan bou jy dit. Dit is die enigste manier hoe jy verseker van jou eie toekoms kan wees.”
Tel jou woorde – Die bulle se boeke
“As jy steeds gefrustreed is, word deel van ‘n betroubare taalforum op die internet of kry jou taaladvies gratis by VivA se Adviesportaal. Maar moenie op sosiale media kerm oor jy nie korrekte inligting in woordeboeke kan kry nie,” skryf Sophia Kapp.
Taalgebruik: end, ent
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “end” en “ent”
Gesogte literêre prys vir SA skrywer
Martin Steyn se Engelstalige fiksiedebuut, Dark Traces (sy eie vertaling van sy debuutroman Donker spoor) is in die VSA bekroon met ʼn Kirkus-ster.
Gedig: Nagreën
Die reën skuifel deur die straat, verby my venster, mensverlaat … Lees WEG Louw se gedig, “Nagreën”
[Video] Jy kan ʼn verskil maak!
Finesse-tydskrif, in samewerking met Helpende Hand se skooltassieprojek, poog om in elke skooltassie die boek, 52 Mooiste Bybelstories, te sit. Gaan kyk ook hoekom Carike Keuzenkamp haar steun aan dié projek gee en stel vas hoe jy kan help om ʼn verskil te maak.
Uitdrukking: ʼn Deurgestoke kaart
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking, “‘n deurgestoke kaart”
Beleef tweede teksmark hierdie week in Kaapstad
Die Teksmark word op 7 en 8 November van 10:00 in die Baxter-teatersentrum se Golden Arrow Studio aangebied. Elf tekste kom Dinsdag aan die bod, met vier tekste Woensdag.
Navorsingsprojek oor Afrikaanse aanspreekvorme
“Moenie my jy-en-jou nie” is ʼn ou uitdrukking in Afrikaans. Is dit hoe ons vandag nog voel? Of hou ons daarvan om baie formeel as “u” aangespreek te word? Help prof. Bosman om uit te vind!
Tel jou woorde – Kleinletterchristene
Name word almal met hoofletters geskryf, ongeag wat ons van hulle dink en hoe ons oor hulle voel. Dis die eienaam wat die hoofletter noodsaak, nie eerbied nie. Op dieselfde manier het eerbied niks te make met die afleidings van eiename nie, skryf Sophia Kapp.