Mag God ons Vader en Jesus ons Here self ons pad na julle toe oopmaak. En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense so groot en oorvloedig maak dat dit net soos ons liefde vir julle sal wees. (1 Tessalonisense 3:11-12)
ToekomsVenster: Vredevors
Mag die Here aan jou vrede gee.
Gedagte vir die dag: Wanneer die Woord werk
Verder sal ons God aanhou dank dat julle sy woord, wat julle by ons gehoor het, aangeneem het nie as mensewoorde nie, maar soos dit werklik is, as Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo. (1 Tessalonisense 2:13)
Gedagte vir die dag: Vertel die goeie nuus oral
Julle het mense geword wat ons voorbeeld – en ook die Here s’n – volg, toe julle onder baie moeilike omstandighede die woord aangeneem het met ’n blydskap wat van die Heilige Gees kom. Óral het julle geloof in God bekend geword! (1 Tessalonisense 1:6, 8)
Gedagte vir die dag: Maak die beste van elke geleentheid
In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle gereed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee. (Kolossense 4:5-6)
ToekomsVenster: U is die Christus
Dié belydenis plaas Christus in die sentrum van jou lewe. Hy is die belangrikste en gee die toon aan.
Gedagte vir die dag: Om vir die Here te werk
Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (Kolossense 3:23-24)
ToekomsVenster: In Sy teenwoordig
Ons bely dat God alomteenwoordig is.
Gedagte vir die dag: Saam met Christus lewend gemaak
Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. (Kolossense 2:8)
ToekomsVenster: ’n Son van redding en geregtigheid
Die Son van geregtigheid, genade, liefde en omgee hou nooit om oor jou lewe te skyn nie.
Gedagte vir die dag: Moet jou nie laat losruk nie
Julle moet onwrikbaar vas bly staan en nie die verwagting laat vaar wat in julle gewek is toe julle die Goeie Nuus gehoor het nie. (Kolossense 1:23)
ToekomsVenster: Die Here is my redder
Welkom by die afhanklikes, die swakkes en die gebrokenes. Ek verkondig graag aan jou ʼn Redder, sterk en magtig.
Vlog vol waarheid: Wanneer geld jou god word
Geld kan beslis baie nuttig te pas kom, maar kan net so vinnig ʼn afgod in ons lewens raak.
Gedagte vir die dag: Die geheim
Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4:12-13)
ToekomsVenster: Vir Hom sal ek prys
Ons moet “lof fiks” wees. Elke geleentheid om die Here te loof en te prys is tegelykertyd voorbereiding vir die ewigheid.
Gedagte vir die dag: Om goed te eindig
Ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God deur Christus Jesus aan my gee. (Filippense 3:13-14)
Gedagte vir die dag: Noudat ek nie daar is nie …
My geliefdes, julle was altyd baie gehoorsaam toe ek by julle was. Noudat ek weg is, moet julle nog meer gehoorsaam wees. Vol ontsag en eerbied vir God moet julle voortgaan om aan julle verlossing gestalte te gee. Dis mos God wat die gewilligheid en die vermoë in julle bewerk om te handel volgens wat Hy graag wil hê! (Filippense 2:12-13)
Gedagte vir die dag: ’n Dankgebed
Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: ‘Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.’ (Lukas 22:19)
ToekomsVenster: Hy het opgestaan
Vandag word ons geroep om in die opstandingskrag en werklikheid van Jesus te leef en te getuig.
Gedagte vir die dag: O, my hart …
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4:6-7)