Ongeag wat ons dink en voel oor Bitcoin – dis ’n werklikheid en waarskynlik hier om te bly. Dit is dus tyd dat elke individu kennis neem van Bitcoin en soortgelyke kripto-geldeenhede.
Aftrede: Voorkom oormatige skuld só
Dit is skrikwekkend dat byna die helfte van Suid-Afrika se verbruikers ʼn swak betalingsrekord het en dat die meeste van hulle tot meer as drie maande agterstallig is met betalings.
Skrywersfees by Pretoria se derde Boekejol
“My wens is om met die BoekeJol en Filmrolfees ʼn omgewing te skep waar oud en jonk meer krities en kreatief kan dink, lees en luister. Daarom bied ons die geleentheid aan besoekers om ou bekende en nuwe skrywers persoonlik te ontmoet.”
Aftrede: Maak dié aanpassings
Die lewe ná aftrede is jou derde en laaste lewensfase. Daar is baie redes waarom dit die gelukkigste tyd van jou lewe behoort te wees. Maar jy kan dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit sal net gebeur as jy reg beplan het en jouself ten beste daarby aanpas.
Persoonlike verskansing in onsekere tye – nuwe moontlikhede word bekyk
Diegene wat in Suid-Afrika gewortel is, kan omsigtig en pro-aktief, verskeie nuwe skanse in oorweging neem en stappe doen om hul persoonlike veerkragtigheid te verhoog, skryf Gerhard van Onselen.
Maak jou huisie-by-die-see-drome waar
Die Overbergse kusdorpie Onrusrivier, net ʼn klipgooi van Hermanus, het die afgelope paar jaar ʼn voorkeurbestemming vir vyftigplussers geword. Hierdie omgewing bied aan inwoners en vakansiegangers topklas wynlandgoedere, swemstrande, gholfbane, winkelsentrums, restaurante, ʼn Mediclinic-hospitaal en nog vele meer.
Die Bosveld op sy beste
Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, lê in die Waterberg-biosfeer wat ook ʼn Unesco-erfenisgebied is. Dié beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, grens aan die ATKV-Klein-Kariba-vakansieoord en is naby Bela-Bela (Warmbad) geleë, net ʼn uur se ry van Pretoria af.
Maak jou finansies só resessie-vry
Geldkenners deel uitstekende raad en wenke om vinnig jou finansies agtermekaar te kry en dalk sommer ʼn ekstra geldjie te begin verdien.
SA resessie: Ekonomie betaal die prys vir politieke onstuimigheid
Ekonome is dit eens dat Suid-Afrikaanse verbruikers hulself sal moet staal vir onstuimige ekonomiese waters.
SA resessie: Gigaba wil met sakeleiers vergader
Die nasionale tesourie het Dinsdag gesê Malusi Gigaba, minister van finansies, sal met sakeleiers vergader om strategieë te bedink om die ekonomiese resessie teen te werk.
Suid-Afrika nou in resessie
Suid-Afrika is in ʼn resessie nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir twee agtereenvolgende kwartale ingekrimp het.
‘Hoër belasting kom’
“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.”
Pak skuldberading reg aan
Ina Opperman verduidelik hoe skuldberading werk en waarvoor jy moet ligloop om te verseker dat jy nie nog dieper in die moeilikheid beland nie.
Voordele en nadele van veelvuldige generasies onder een dak
Huishoudings wat uit veelvuldige generasies bestaan is aan die toeneem in Suid-Afrika. Volgens Statistiek SA bestaan 32,2% van huishoudings in Suid-Afrika reeds uit drie of meer generasies.
Alles wat jy wil en moet weet van SA se rommelstatus
Rommelstatus beteken nie alle beleggers gaan nou onmiddellik die hasepad vat nie, inteendeel ons kan ander beleggers vir staatskuld kry, maar teen watter koste?
Hoe rommelstatus jou sak raak
Die vraag op almal se lippe is nou: Hoe gaan die afgradering die verbruiker se beursie raak?
Wit monopolie-kapitaal: Weerligafleier van SA se werklike probleme
Die waarheid is dat kapitaal geen kleur of politieke affiliasie het nie. Dit kan nie deur ras of iemand gemonopoliseer word nie en sprake van ʼn wit monopolie-kapitaal is ʼn versinsel.
Rommelstatus is mosie van wantroue in land se bestuur
Die ekonome Dawie Roodt en Adam Jacobs meen die kredietgraderingsagentskappe was tot dusver eintlik geduldig met Suid-Afrika en het die land baie lank kans gegee om sy politieke en ekonomiese huise in orde te kry om ʼn afgradering te vermy.
Knelvrae oor belasting
Belasting kan groot skade berokken en hoe groter die belastinglas gemaak word, hoe groter die denkbare skade wat aangerig kan word. Dit bring ons by die dieper vraag oor hoe ʼn welvarende en beskaafde samelewing werklik geskep kan word
SA se 10 beste sakemanne en -vroue
Die marknavorsingsmaatskappy New World Wealth het vandeesweek die tien invloedrykste sakemanne en -vroue bekendgemaak as deel van die maatskappy se 2017 welvaartverslag.