Die Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit het onder skerp kritiek deurgeloop nadat foto’s van dié stadion op sy Facebook-blad gedeel is.
Polisiebeamptes van moord aangekla
Die betrokke beamptes het die 44-jarige Mtholeni Ntsele in 2018 glo onder verdagte omstandighede agter op ’n bakkie gelaai en vinnig weggery.
DA verkla departement oor tender net vir swart sakelui geld
Die betrokke tender wat in September deur die departement uitgereik is, is vir die aanstel van professionele landmeters vir die opmeet van provinsiale staatsgrond.
Dís wat met Facebook en sy apps gebeur het
Die sosialemediareus het gebruikers in ʼn verklaring verseker dat geen persoonlike inligting weens die probleem uitgelek het nie.
Russiese rolprentspan daag by ruimtestasie op
Die hoofdoel met dié reis is om die eerste rolprent in die ruimte te maak – voordat die Amerikaners hulle kan voorspring.
Jongste Bond-avontuur laat loketrekords spat
Dit is die eerste Hollywood-uitreiking wat die $100 miljoen-kerf verbysteek, sonder dat China ingereken word.
DA verwelkom Dirco-hoof se afdanking
Dirco se finansiële hoof het vandeesweek die trekpas gekry ná sy beweerde betrokkenheid by ʼn omstrede aankoop van ʼn stuk grond in New York.
Egpaar verongeluk ure voor kleinseun se matriekafskeid
“Die ouens van die insleepdiens het gesê ’n mens kon sien dis ’n ouma en oupa wat op pad was na hulle kinders en kleinkinders.”
Pfizer-entstof beskerm ses maande teen ernstige Covid-19
Navorsers sê ʼn derde dosis van die entstof sal moontlik toegedien moet word om die doeltreffendheid te handhaaf.
Toutrekkery oor Mugabe se laaste rusplek duur voort
In Mei het ʼn tradisionele leier Grace Mugabe met vyf koeie en twee bokke beboet omdat sy Mugabe glo onbehoorlik laat begrawe het.
Kort besoektyd nou in Gautengse staatshospitale toegelaat
Pasiënte sal toegelaat word om een besoeker per dag te ontvang. Die besoektyd word egter beperk.
Miljoene glo aan munisipaliteit se ‘ontbyt’ bestee
Die sakeontbyt is in ʼn hotel in Durban aangebied.
Twee polisiebeamptes sterf binne 48 uur; vier beseer
Niemand is nog in verband met enige van dié voorvalle aangekeer nie.
Paramedikus in ambulans doodgeskiet
Die paramedikus, ʼn ma van drie, is in ʼn koeëlreën dood terwyl haar kollega ernstig beseer is.
Appèlhof gee Rohde ligter vonnis
Die appèlhof volstaan egter daarby dat Rohde sy vrou vermoor het.
Pedofiele in Franse Katolieke kerk misbruik duisende – verslag
Navorsing het onthul dat veral minderjarige seuns die teiken van pedofiele priesters en lidmate was.
UPL kap terug oor chemiese storting by aanleg
UPL sê die minister is vinnig om die vinger te wys terwyl die maatskappy tydens die onluste aan sy eie genade oorgelaat is.
Eers pandemie, nou riool wat gastehuis knou
ʼn Gastehuiseienaar van Swartruggens sê as die plaaslike owerheid nie vinnig ingryp nie, gaan hy geen ander keuse hê as om rioolvuil wat in sy erf inloop in die straat te laat afstroom nie.
Facebook-aandele tuimel; Zuckerberg verloor miljarde
“Facebook het besef as hy die algoritme veiliger maak, sal mense minder tyd op die webwerf deurbring. Hulle gaan minder op advertensies klik en [Facebook] gaan minder geld maak.”
‘Geskiedkundige skikking’ tussen Saefa, Solidariteit
Die ooreenkoms sal verseker dat honderde werkers in die metaal- en ingenieursbedryf, wat al jare lank verhogings moet ontbeer, wel voortaan ʼn verhoging sal kry.