Raymond Zondo, adjunkhoofregter en voorsitter van die geregtelike kommissie, het Vrydagaand bekendgemaak wie eerste voor die kommissie sal getuig.
Steeds geen teken van man wat in see verdwyn
Sy vriend het gesien hoe hy van die rotse afgly en in die see beland.
Annerie Grobler-moord: Werker hoor sy lot
Sy is in 2016 met groot klippe en ʼn tuinvurk vermoor.
Drie dood toe taxi, motor bots
Twee insittendes van die taxi en een insittende van die motor is op die toneel dood.
Veldtog teen ‘omstrede’ Mogale City-stadsraad begin
“Die burgemeester is op ʼn onreëlmatige wyse in sy amp verkies deurdat hy tydens sy eie verkiesing as voorsittende beampte van die stadsraad opgetree het.”
‘Plaasaanvaller’ in bosse vasgetrek
Petrus Moyo, die man wat aangekla is van die moord op dr. Werner Emslie (55) van die Lephalale-omgewing in Limpopo, wat Vrydagoggend uit polisieaanhouding ontsnap het, is weer vasgetrek.
Laaste dag om skoolplasings te aanvaar, verwerp
“As ouers nog nie die voorstelle teen Vrydag 17 Augustus aanvaar het nie, mag die departement dit namens hulle doen ingevolge die toelatingsbeleid en kriteria.”
SAID-hoë as NSFAS-administrateur aangestel
Sy aanstelling kom ná Sizwe Nxasana verlede Donderdag sy bedanking as voorsitter van die raad aangekondig het.
SA grondkwessie maak opslae in Australië
Die parlement van die Australiese deelstaat Nieu-Suid-Wallis het gister in Sydney eenparig ’n mosie aanvaar wat onteiening van grond sonder vergoeding in Suid-Afrika teenstaan.
‘Plaasaanvaller’ ontsnap ʼn tweede keer
Petrus Moyo, die man wat aangekla is van die moord op dr. Werner Emslie (55) van die Lephalale-omgewing in Limpopo, het na bewering Vrydag ʼn tweede keer uit die polisie se aanhouding ontsnap – dié keer saam met nog ʼn vermeende plaasaanvaller.
MT Steyn-standbeeld se toekoms steeds in gedrang
Gesprekke en voorleggings oor die moontlike verwydering van dié standbeeld sal volgende week op al drie UVS-kampusse afskop.
Twee vas weens boendoegeregtigheidsaanvalle
“Die gemeenskap het die man na ʼn area langs die skool gesleep, waar hulle hom verder aangerand en aan die brand gesteek het.”
Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.
3 vas wat hulle as Valke voordoen, bekende sakeman probeer afpers
Daar is glo ʼn sindikaat wat hulle as Valke-beamptes voordoen. Hulle nader hooggeplaastes in die regering en sakesektor, en vra geld in ruil daarvoor om beweerde sake teen die betrokkenes te laat verdwyn.
‘Staat gaan nie vir Magaqa-fluitjieblasers se beskerming betaal nie’
Bheki Cele, minister van polisie, het gesê die polisie se bestuur is van voorneme om die openbare beskermer se verslag wat aandui dat die staat moet betaal vir private veiligheidsdienste vir die twee fluitjieblasers in die Sindiso Magaqa-moordsaak, te laat hersien.
Oppikoppi: Feesgangers loop deur onder selfoonsindikaat
Altesaam 81 selfone is tydens die fees gesteel, waarvan 23 aan hul eienaars terugbesorg is.
Wes-Kaapse boer hoor oor aansoek om borgtog
Frik Muller word daarvan beskuldig dat hy glo met ʼn trekker teen ʼn plaaswerker se huis se muur vasgery het. Van die bakstene het op die werker beland.
Video: Ma van Springs-gruwelhuis praat vóór uitspraak
“Ek is bang hy kom uit en hy kom soek my.”
5 polisiemanne vas ná hul glo vragmotor plunder
“Lede kon ook daarin slaag om beslag te lê op verskeie bokse [vol goedere] op verskillende plekke in Oos-Londen, insluitend die plaaslike polisiekwartiere.”
Sekretarisvoël kritiek ná aanhouding
“Die eienaar van die voël was duidelik oningelig oor wat dié bedreigde roofdier behoort te eet. Die voël is ten tyde van sy aanhouding slegs pap gevoer.”