ʼn Man is Sondagoggend op ʼn strand in Witsand in die Wes-Kaap dood nadat hy skielik bewusteloos geraak en inmekaargesak het.
Doodskis-video: Saak nou na hooggeregshof
Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan nog langer in aanhouding moet wag om verhoor te word.
ANC verban term ‘witmonopoliekapitaal’
Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng, het Sondagaand gewaarsku ANC-lede moet versigtig wees oor die gebruik van “konsepte en taal om politieke argumente te bevorder”.
Coligny-moordsaak: Twee terug in hof
Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), die twee mans van Coligny in Noordwes wat van die moord op ʼn 16-jarige seun aangekla word, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
EFF: ‘Ons weet dat Guptas op Malema spioeneer’
“Ons wil die Guptas waarsku, ons gaan nie stilsit en net toelaat dat hulle mag oor ons leier se lewe het nie. Hulle moet weet die EFF is nie bang vir hulle nie.”
[Video] Pretrit gesluit ná meisie (14) uit stoel tuimel
ʼn Video van die voorval is intussen ook op sosiale media gedeel.
[Foto’s] ‘Jong mense’ steek bus in Kaapstad aan die brand
“Die gemeenskappe wat afhanklik is van openbare vervoer ly die ergste hieronder.”
Doodskis-video: Verhoor begin
Die verhoor van Willem Oosthuizen (28) en Theo Martins Jackson (29), wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in ʼn doodskis gedruk het, gaan na verwagting Maandag in Middelburg in Mpumalanga begin.
Metropolisie krap kop oor tablette in stormwaterpyp
Volgens die metropolisie word hierdie tablette gewoonlik as ʼn bestanddeel in die onwettige vervaardiging van die straatdwelmmiddel nyaope gebruik
EMPD-hoof trek op pad werk toe 2 vas vir dronkbestuur
“Ek het onmiddellik uit my voertuig geklim en tot my verbasing gesien dit lyk asof albei bestuurders te veel gedrink het.”
Nuuskommentaar: Tweespalt, fopnuus, tweespalt, verdomming, tweespalt, Zuma
Sedert verlede jaar, aldus die Oxford Dictionary, beweeg die wêreld in die post-waarheidera in. Fopnuus is ’n probleem, maar dit word ’n nog groter probleem as mense hul ore hiervoor uitleen, werklike feite verwerp en in die proses verdom.
Misdadigers só beskerm deur moetie, sê LUR
Misdadigers word glo deur moetie beskerm, sê die LUR vir gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling.
Man doodgeskiet in motor
“Die man het oor die stuurwiel van die voertuig gelê, en was reeds oorlede. Daar was niks wat nooddiensbeamptes kon doen nie.”
Geheime stemming: Baleka Mbete moet jawoord gee
“Terwyl ons nie oortuig is dat ’n geheime stemming wel tot ’n suksesvolle mosie van wantroue in die president sal lei nie, sal dit eens en vir altyd vir Suid-Afrikaners wys of daar ’n Jacob Zuma-probleem of ’n ANC-probleem in die land heers.”
Man sterf in motorfietsongeluk
Die motorfietsryer is as gevolg van die impak van sy motorfiets geslinger en het ʼn paar meter weg van die toneel in die pad gelê.
Vermiste Roodepoort-man (78) opgespoor
Die 78-jarige man van Roodepoort in Gauteng wat sedert Saterdag vermis is, is gevind. “Hy kan niks van die afgelope 48 uur onthou nie,” sê sy dogter.
Susan Boyle aangeval, beledig
ʼn Familielid van Boyle het gesê sy is nie daartoe in staat om sulke gedrag bloot af te skud nie, grootliks as gevolg van Asperger se sindroom waaraan sy ly en wat veroorsaak dat sy dit nie noodwendig kan verwerk nie.
‘Brandstigters moet oor die kole gehaal word’
“Die wydverspreide neiging dat protesaksies uitloop op geweld en brandstigting kan nie langer geduld word nie. Die SAPD sal moet verduidelik hoekom daar nie voorkomend opgetree is nie.”
Man geskiet tydens winkelrooftog
Die slagoffer, wat verskeie kere geskiet is, is deur lede van die publiek te hulp gesnel en na ʼn plek van veiligheid geneem.
[Video] Só kan jy kapers fnuik
“Dié video is veral belangrik vir vroue wat alleen tuis aankom. Deel die video om almal bewus te maak van dié voorsorgmaatreël.”