“Die pad is nou afgesper en jy kan op ʼn afstand sien hoe hulle goed brand. Hulle het ook nou die heinings tussen die stuk grond en die reservaat afgebreek en beset nou van die grond in die wildsreservaat.”
Mango-hoof bedank
Bezuidenhout het intussen aan EWN gesê SAL kort sterk leierskap en dat die huidige situasie by die redery as ʼn “sepie” beskryf kan word.
Amputasie ná slangpik: ‘Nou kan ek kitaar en klavier speel’
Ná 38 operasies oor ʼn tydperk van vier en ʼn half jaar is die vinger wat Mikayla Robbertse (9) die afgelope tyd so baie pyn besorg het nadat ʼn Mosambiekse spoegkobra haar gepik het, geamputeer.
‘Oscar is nie betaal vir TV-onderhoud’
Arnold Pistorius, Oscar Pistorius se oom, het Donderdag ontken dat Oscar betaal is vir ʼn eksklusiewe televisieonderhoud met ITV wat eersdaags uitgesaai word.
Penny Sparrow-saak in gelykheidshof
Die ANC in KwaZulu-Natal het versoek dat Penny Sparrow R200 000 moet opdok vir die rassistiese kommentaar wat sy na bewering vroeër vanjaar op Facebook gemaak het.
Nuuskommentaar: Vlugtelinge ‘noodsaak’ hande uitreik na muishonde
Dit lyk of die vlugtelingkrisis nou so ’n indruk op Europa begin maak dat die Europese Unie bereid is om met van die wêreld se ergste muishonde saam te werk om die stroom te help keer. In die proses word miljoene euro aangewend.
Misdaadstatistieke nou meer gereeld bekendgemaak
“Kwartaallikse misdaadstatistieke sal verseker dat brandpunte gouer bekend gemaak word waardeur meer effektiewe misdaadsbestryding in werking gestel kan word.”
100 jong ambagslui vir kernkragopleiding gewerf
Eskom het 100 jong ambagslui gewerf vir sy vlagskip-opleidingsprogram vir kern-operateurs as deel van ʼn inisiatief om die jeug in dringend noodsaaklike vaardighede op te lei.
Polisie en Agri-SA span saam teen plaasaanvalle
Misdaad het ʼn negatiewe impak op die landelike sektor en gevolglik word daar skade aan Suid-Afrika se ekonomie gedoen, het Johannes Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Donderdag gesê.
$20-noot in sy McDonalds-hamburger
ʼn Man van Chesterfield in Virginia het ʼn aangename verrassing gekry toe hy op ʼn $20-noot in sy McDonalds-burger afgekom het.
Dwelms van meer as R100 miljoen op kleinhoewe gevind
Vyf verdagtes, waaronder ʼn adjudant-offisier, is in hegtenis geneem op aanklag van die vervaardiging van dwelmmiddels en dwelmhandel.
Verhoogde damwal bied meer water aan KZN-noordkus
Bouwerk om die Hazelmere-damwal te verhoog vorder glo goed en sal na verwagting teen Junie 2017 afgehandel wees.
[Video] Is resessie SA se voorland?
Die skokaankondiging oor Suid-Afrika se BBP het opnuut vrae laat ontstaan oor ‘n moontlike resessie. Volgens Statistieke SA het die BBP in die eerste kwartaal van dié jaar met 1,2% ingekrimp.
Polisie by toets tussen Springbokke en Ierland
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Donderdag bevestig hy sal Saterdag ʼn swaar teenwoordigheid by Nuweland in Kaapstad hê te midde van dreigemente dat die Springbokke se eerste toets ontwrig gaan word.
Man sterf ná hy uit boom val
ʼn 27-jarige man is Donderdagoggend dood nadat hy uit ʼn boom by ʼn aftreeoord in Akasia, Pretoria, geval het.
Aansoeke vir ‘spesiale stemme’ open Vrydag
Mense wat in aanmerking kom vir spesiale stemme in die 2016 munisipale verkiesing, kan van Vrydag af vir spesiale stemreg aansoek doen, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) gesê.
Tieners vas vir verkragting by hoërskool
Drie tienerseuns is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering ʼn 15-jarige meisie by ʼn hoërskool in Steenberg in die Wes-Kaap verkrag het.
Die wêreld in foto’s – 9 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vier nuwe elemente op die periodieke tabel
Die name van die vier nuwe elemente wat by die periodieke tabel bygevoeg word, is Woensdag deur die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUPAC), wat chemiese terminologie bepaal, aangekondig.
SA brandbestryders staak glo in Kanada
Die organisasie Working on Fire (WOF) het Donderdag mediaberigte ontken dat die 301 brandbestryders en bestuurslede, wat na Kanada gestuur is om te help met die verwoestende brande in dié land, nie die betaling en daaglikse toelae ontvang soos met hulle ooreengekom is nie.