Pronk, ʼn vierjarige hings, se liefde vir water het Donderdagoggend die Centurion-gemeenskap op hol gehad toe dit voorgekom het asof hy deur vloedwater vasgekeer word.
[Video] Tokai-moord: Nog ʼn verdagte vas; ouers praat
Die polisie het bevestig dat ʼn vierde verdagte in hegtenis geneem is in die ondersoek na die moord op die 16-jarige Franziska Blöchliger.
Herrie oor nuwe Affies-skoolwapen
Ontstoke oudleerders van die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria het vandeesweek ʼn petisie begin in ʼn poging om te verhoed dat die Voortrekkernooientjie op die skoolwapen met ʼn meer moderne weergawe vervang word.
Hof beslis oor Chris Hani-moordenaar
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag ʼn beslissing gemaak rakende Chris Hani se sluipmoordenaar, Janusz Walus.
Nog ʼn Ikeys-student verkrag
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het bevestig dat nog ʼn student wreed aangeval en verkrag is.
Man vermis ná kitsvloede in Pta
Swaar reën wat sedert Dinsdag oor Pretoria voorkom, het tot gevolg dat verskeie laagwaterbrûe in die stad oorspoel het. ʼn Grootskaalse reddingspoging is van stapel gestuur na ʼn man wat vermoedelik in sy motor deur die Apiesrivier meegesleur is.
Lambertsbaai-tragedie: ‘Hulle het passie gedeel’
“Hulle het besluit dat hulle moet doen wat hulle kan om by die kus uit te kom. David het ʼn lang en ernstige gebed gedoen en daarna het al vier die boot gelos.”
Zephany Nurse-saak: Uitspraak gelewer
Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy Zephany Nurse amper twee dekades gelede uit die Groote Schuur-hospitaal ontvoer het, het Donderdag haar lot gehoor.
Skoolseun meters ver onder taxi gesleep
ʼn 14-jarige skoolseun is Donderdagoggend etlike meters ver deur ʼn minibustaxi gesleep nadat die taxi hom getref het.
Nuuskommentaar: Daspoort das Poort na “wit” woongebiede?
Daar is ’n groter simboliek as bloot die fisieke gebeure in gister se “inval” van arm betogers in Pretoria-Wes wat onder meer tot die sluiting van die Daspoorttonnel gelei het. Gegriefde mense wil gehoor word, en dit werk nie om vanuit hul agtergeblewe omstandighede te skree nie – hulle moet dit neem na waar dit wel gevoel en gehoor sal word. Nie net voormalige wit woonbuurte kan (maar sal waarskynlik weens ’n verskeidenheid redes nie) meer dikwels die teiken word nie, maar ook prestige-instellings soos universiteite.
Sakeman verdwyn in raaiselagtige omstandighede
ʼn Soektog is van stapel gestuur na Leon Serfontein (30), mede-eienaar van ʼn tuinontwerp-onderneming in Pretoria, wat Dinsdagoggend in raaiselagtige omstandighede verdwyn het.
Drie in hof vir Tokai-moord
Franziska is Maandagmiddag in die Tokai-woud in die suidelike voorstede van Kaapstad vermoor.
Man vas ná tref-en-trap
Die man, wat glo Dinsdag van die ongelukstoneel af gevlug het, het nog dieselfde klere aangehad as die dag van die ongeluk.
Maties-student glo verkrag
Die Universiteit Stellenbosch (US) het gesê een van sy studente is glo buite ʼn vrouekoshuis verkrag.
Zephany-saak: Uitspraak verwag
“Sy het gejok. Ek het vir dae na haar leuens geluister.”
Geen beurtkrag dié winter, sê Eskom
Suid-Afrikaners sal nie dié winter onder beurtkrag gebuk gaan nie, het Eskom se hoof gesê.
Hier is 2015 se nuusmaker
Die Nasionale Persklub (NPC) het Woensdag bekend gemaak 2015 se nuusmaker van die jaar is die #FeesMustFall-veldtog.
Regstellende aksie: ‘Polisiesaak raak duisende’
Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die uitkoms van sy hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor sy huidige regstellende-aksieplan raak duisende poste in die polisie.
Motorwerktuigkundige dood ná kar op hom val
ʼn Motorwerktuigkundige is Woensdagmiddag dood nadat ʼn motor waaraan hy gewerk het, in Weltevredenpark, Roodepoort, op hom geval het.
Droogtekrisis: ‘Regering was hande in onskuld’
Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die regering kan hom nie distansieer van sy plig om die droogte as ʼn hoë prioriteit te hanteer en diensooreenkomstig tasbare stappe te doen om te help nie.