Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die uitvoerende hoof van Rand Water en sy lyfwag vermoor het, het hul eerste hofverskyning in die Lenasia-landdroshof gemaak.
‘SA kan nie sonder Afrikaners gered word nie’
“Suid-Afrika kan nie gered of heropgebou word sonder die kundigheid en patriotisme van Afrikaners wat met ander gemeenskappe saamwerk nie.” Só het dr. Theuns Eloff tydens die formele bekendstelling en ondertekening van die Afrikaner-verklaring by die Voortrekkermonument in Pretoria gesê.
Nersa oortree dalk hofuitspraak
“Ons soek verifieerbare syfers om aan te dui wat munisipaliteite se tariewe behoort te wees.”
Agt Nigeriërs aangekla ná aanval op polisiestasie
Polisiebeamptes wou die buitelandse burgers in hegtenis neem oor die besit van dwelmmiddels toe hulle hul teen inhegtenisneming verset het.
‘Regter se rasse-vooroordele ’n duidelike onreg’
“Hier is ʼn regter met ʼn persoonlike agenda, naamlik die velkleur van regverteenwoordigers van die litigerende partye. Dit is iets wat totaal irrelevant is tot die feite van saak wat voor hom dien.”
Driejarige verdrink in puttoilet
“Dit is ʼn tragedie dat hierdie jong seun se lewe op só onmenslike manier kortgeknip is.”
Swaar vonnisse oor BTW-bedrog van meer as R200 miljoen
ʼn BTW-bedrogsindikaat is in die Johannesburgse hooggeregshof ‘n kumulatiewe 205 jaar tronkstraf opgelê op 391 aanklagte wat wissel van bedrog, vervalsing en uitgifte, korrupsie, en geldwassery.
Groot melkverspreider in sakeredding geplaas
Desmanda Milk skuld tussen R80 miljoen en R90 miljoen aan melkboere in verskeie provinsies en boere sê duisende mense word hierdeur geraak.
Vier dood, klomp vermis ná swaar reën China tref
Vier mense is dood en nog tien word vermis, ná vloede die suidelike streke van China Maandag getref het.
Kind dood in Ficksburg-plaasaanval
Twee plaasaanvallers het Sondagaand op ʼn plaas in die Ficksburg-distrik in die Vrystaat toegeslaan.
Speurder in hof oor jong pa se skietdood
’n Speurder van Johannesburg is een van drie mense wat verdink word van die sluipmoord op Armand Swart verlede week.
Hof gee munisipaliteit drie weke om rioolstorting te stop
Inwoners van Komatipoort het die plaaslike munisipaliteit hof toe gesleep oor grootskaalse besoedeling van drinkwater deur riool wat die Krokodilrivier instroom.
Minder beurtkrag danksy ‘vordering, nié verkiesing’
“Ons [Suid-Afrika] het die sogenaamde silly season van verkiesings betree. Eskom sal nié daardie ruimte betree nie,” het Ramokgopa gesê.
Vrou glo in Brakpan verkrag, vermoor
Een van die verdagtes is glo voorheen op aanklagte van moord in hegtenis geneem.
Swart regslui ‘sou my vrae help beantwoord’ – regter
Die insette van swart advokate sou van nut gewees het in die saak, was die mening van regter Mandlenkosi Percival Motha wat in die hooggeregshof in Pretoria oor ʼn saak oor swart ekonomiese bemagtiging moes beslis.
Kaapstad negende keer beste lughawe in Afrika
Die lughawe het ook vir die vierde agtereenvolgende keer die toekenning ontvang vir beste lughawepersoneel in Afrika.
MK-party wen saak oor logo, handelsnaam
Dit is nie die eerste keer dat ʼn hof in die MK-party eerder as die ANC se guns beslis nie.
Video: Sosiale media gons oor Spice Girls-hereniging
Victoria Beckham se man, die sokkerikoon David Beckham, het die oomblik op video vasgevang en op Instagram gedeel. Dié video is reeds meer as 1,5 miljoen keer gekyk.
Ooste van Pretoria kan teen Woensdag lig sien
Die kragtoevoer na dele van die ooste van Pretoria sal volgens die Tshwane-metroraad teen Woensdag herstel wees.
Minister het plan met poste in gesondheidsektor
Die staat het tans net meer as 2 000 vakante doktersposte wat gevul moet word. Dit sluit nie verpleegsters en ander gesondheidswerkers in nie.