Plaaslike toerisme het oor die afgelope twee jaar afgeneem as gevolg van ekonomiese probleme, aldus die opname oor plaaslike toerisme (DTS 2016) wat Maandag deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is.
Kaapstad moet nóg minder water gebruik
Die Stad Kaapstad doen ʼn beroep op inwoners om selfs nog meer water te bespaar terwyl die droogte voortduur.
‘Geen omdraaikans vir Hlaudi’
Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se voormalige bedryfshoof, se kanse om die hof te ontduik vir die onregmatige afdanking van die SAUK 8-joernaliste is uitgeput, en hy moet weer Woensdag, 6 September, in die hof verskyn.
Departement reageer oor swangerskappe by skool
Die Noord-Kaapse departement van onderwys het Maandag reageer oor berigte dat leerders by die Bothitong High School buite Kuruman in die Noord-Kaap swanger geraak het, en dat onderwysers glo hiervoor verantwoordelik was.
PetroSA onderteken ooreenkoms met Rusland
Die nasionale oliemaatskappy PetroSA het Maandag ʼn $400 miljoen-ooreenkoms met Rusland se staatsbeheerde Rosgeo aangegaan, wat in olie- en gasontwikkeling belê sal word.
Vier kinders in KZN vermoor
Vier kinders is Sondag dood aangetref in hul huis in KwaNzimakwe in Port Shepstone.
Inbraak by kommunikasieminister se huis
Die polisie stel ondersoek in ná ʼn inbraak Maandagoggend by Ayanda Dlodlo, minister van kommunikasie, se huis in Johannesburg.
Vraag oor babaverkragting in skooltaak ontstel
ʼn Vraag uit ʼn matriekdrama-vraestel wat in 2013 landwyd ʼn herrie veroorsaak het, het nou weer in ʼn taak by ʼn hoërskool aan die Wesrand opgeduik.
Kluis by vulstasie opgeblaas
“Die polisie ondersoek sake van die gebruik van springstof, diefstal en opsetlike saakbeskadiging.”
Kampsbaai-moord: Toksikoloog kruisondervra
Die verdediging het aangevoer Diego Novella kon nie geweet het dat hennepolie THC bevat toe hy dit gekoop het óf dat dit moontlik ʼn “psigotiese effek” kon hê nie.
Jong vlieëniers sterf saam
“Vandag vlieg jy saam met die engele, hoër as vantevore.”
Sportster jaag weens ‘siek kind’
ʼn Sportster is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo meer as 220 km/h op ʼn snelweg in Gauteng gejaag het.
Groot beloning uitgereik ná bouer se moord
“Hy was ʼn goeie pa en volgens sy dogter, die beste oupa waarvoor ʼn mens kon vra. Sy familie was sy alles.”
50 pistole tydens inbraak gesteel
Die kissies waarin die vuurwapens gehou is, het oor die vloer gesaai gelê.
Man se liggaam voor hospitaalhek aangetref
“ʼn Ooggetuie wat as ʼn veiligheidswag by die hospitaal werk, het gesien hoe ʼn onbekende motor daar stilhou en die man by die hek aflaai.”
Velkanker: ‘SA nie ernstig genoeg oor sonbeskerming’
“Voorkoming van velkanker is die beste manier om hierdie dikwels dodelike siekte die hoof te bied, en daarvoor is gesonde praktyke betreffende sonblootstelling nodig.”
Boer geopereer ná kleinhoewe-aanval
“Hy het nog altyd ʼn goeie sin vir humor gehad, so selfs nou slaag hy daarin om hier en daar vir iemand te glimlag.”
Kia SA herroep nuwe model
Kia Motors Suid-Afrika het Maandag aangekondig dat een van sy nuwe modelle vir veiligheidsdoeleindes herroep word.
Gupta se beeldpoetser appelleer
ʼn Beslissing op Bell Pottinger se appèl word Dinsdag verwag.
11 beseer toe taxi by wal afrol
Altesaam 11 mense is beseer toe die bestuurder van die taxi waarin hulle gereis het beheer oor die voertuig verloor en verskeie kere teen ʼn wal afgerol het voordat dit op sy sy tot stilstand gekom het.