Vyf mense is dood en nog sewe beseer nadat ʼn bakkie Saterdag in die vroeë oggendure buite Hoedspruit in Limpopo ʼn boom getref het.
Studiegeld-fout: R818 000 aan universiteit terugbetaal
“Ons het met die universiteit en die owerhede vergader en aangesien dit nou ʼn polisiesaak is, sal ons nie verder kommentaar kan lewer nie.”
Een sterf, talle beseer toe voertuie bots
“Met paramedici se aankoms het hulle absolute chaos en talle pasiënte aangetref.”
3 onnies geskors ná bewerings oor swanger leerders
Maroela Media het vroeër berig die Noord-Kaapse departement van onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat bewerings aan die lig gekom het dat tot 30 meisies by die skool deur ʼn onderwyser swanger gemaak is.
Vrou in hof oor studiebeurs-‘bedrog’
Die beskuldigde werk in die departement se kantoor wat daarvoor verantwoordelik is om geld na suksesvolle studiebeurs-kandidate te allokeer.
Tweede verdagte vas ná plaasaanval
Die verdagtes, wat polisieuniforms aangehad het, het toegang tot die plaas verkry deur voor te gee hulle ondersoek ʼn saak van verkragting waarby een van die plaaswerkers glo betrokke sou wees.
Zuma ʼn verwysing op CV tydens SAUK-onderhoude
Dit het Vrydag aan die lig gekom dat pres. Jacob Zuma en verskeie kabinetsministers as verwysings aangedui word op die CV van een van die kandidate wat meeding vir ʼn pos op die raad van die SAUK.
Vrou loop haar teen rowers vas
ʼn Vrou van Centurion het haar Vrydagoggend by haar aankoms by haar huis trompop in gewapende rowers vasgeloop wat besig was om haar man met ʼn vuurwapen aan te hou.
Ma erken sy het seun (10) vermoor
Die seun se liggaam het verskeie steekwonde aan die bolyf gehad.
Vuurwapens uit polisiestasie gesteel
“As dit ons lede in die polisiemag is wat betrokke is, dieselfde lede wat deur die publiek vertrou word om misdaad te bekamp, onderneem ek dat die poppe binnekort sal dans.”
Polisie skiet 3 ‘rowers’ dood, vang 7
“Toe hulle deur die polisie gekonfronteer is, het hulle op die polisie losgebrand. Die polisie het uit selfverdediging teruggeskiet.”
Grootbrak-moorde: Skokverslag in hof aangehoor
Tewie Human (72) is sewe keer met ʼn panga oor sy kop geslaan en sy vrou, Eurika (62), is met ʼn selfgemaakte mes in die hart gesteek.
Ouers stem oor kleefbroeke by Pta-skool
ʼn Vergadering is met ouers van die skool gehou nadat leerders verlede week klasse geboikot het in ʼn poging om die skool te dwing om hulle toe te laat om kleefbroeke as deel van hul skooluniform te dra.
Eskom moet vandag sê oor Trillian
Brown het vroeër vandeesweek Eskom 48 uur kans gegee om te verduidelik waarom hy gelieg het oor betalings wat aan die finansiëledienstemaatskappy Trillian gedoen is.
Klagtes van beweerde kinderarbeid teen boer ondersoek
Verskeie ander aantygings is ook teen die boer gemaak, insluitend dat die werkers in haglike omstandighede op sy plaas moet leef, dat hy hulle minder as die minimum loon betaal en dat hulle vrot vleis gegee is om te eet.
Dringende hofaansoek ingedien oor Bobani
Mongameli Bobani is verlede maand deur middel van ʼn mosie van sy amp as adjunkburgemeester van Nelson Mandelabaai onthef.
Valke snuffel militêre springstof, ammunisie uit
Militêre springstof en ammunisie is Donderdag by ʼn sakeperseel in Makhado (Louis Trichardt) gevind.
Polisiekaptein skiet glo vrou, dogter, homself
Die polisiebeampte se twee seuns, onderskeidelik 13 en 17 jaar oud, was tydens die skietery in die huis.
Gru-botsing eis twee
Twee mans is dood nadat twee motors Vrydagoggend reg van voor tussen Vanderbijlpark in Gauteng en Deneysville in die Vrystaat gebots het.
‘Profeet’ steeds in aanhouding oor verkragting
Hy staan tereg op vyf aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding van minderjariges.