Die stad sê in ʼn verklaring hy was genoodsaak om die waterverbruikteiken nog verder te verlaag weens die voortdurende daling van damvlakke in die provinsie en die ongewone warm weer wat tot gevolg gehad het dat waterverbruik toegeneem het.
DBV versoek inligting oor kuikens wat doodbrand
“ʼn Mens kan jou skaars indink watter lyding hierdie kuikens moes deurgaan. Hulle dood sou martelend en uitgerek gewees het. Dit was heeltemal onnodig.”
Drie vas ná wrede Vrystaat-plaasmoord
Pieter van der Berg se liggaam is Donderdag in ʼn plas bloed in die plaashuis se sitkamer gevind. Die huishulp, Tsietso Matsabisa, se liggaam is op die vloer in een van die slaapkamers gevind.
Ntlemeza ‘in die strate’ met amptelike voertuig
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Maandag lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, opdrag gegee om die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, op te spoor en beslag te lê op die staatsvoertuig en -selfoon in sy besit.
Soveel studente deur NSFAS befonds
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het gesê dat die studente wat hulp ontvang het aan openbare universiteite en tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) studeer het.
‘Hoër belasting kom’
“Ek vra van lojale Suid-Afrikaners om nou elke wettige moontlike manier te ondersoek om so min as moontlik belasting te betaal.”
Balfour-plaasmoord: Verdagtes weer in hof
Twee mans het Maandag in die Balfour-landdroshof verskyn in verband met die gru-plaasmoord waarin vier gesinslede vermoor is.
Bylmoorde: ‘Henri se asem het na drank geruik’
Sers. Adrian Kleynhans het Maandag getuienis gelewer as een van die eerste polisiebeamptes op die toneel waar drie lede van die Van Breda-gesin buite Stellenbosch met ’n byl vermoor is.
Betogings in Noordwes duur voort
Protesaksie is steeds aan die gang tussen Lichtenburg en Coligny in Noordwes waar voertuie Maandagoggend op die R503 met klippe bestook is.
Bylmoorde: Henri gee eerste keer sy weergawe
Henri van Breda, wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers en broer met ʼn byl vermoor het, het Maandag sy weergawe van die aand se gebeure in die Wes-Kaapse hooggeregshof gegee.
Ntlemeza sluip glo terug na Valke-kantoor
Die voormalige Valke-hoof, Berning Ntlemeza, het glo Maandag daarin geslaag om verby ʼn groep joernaliste en betogers by die Valke se kantoor in te sluip.
Pta-man met bakstene, messe aangeval
Die pa van Pretoria is deur vier mans oorval en só hard met ʼn baksteen geslaan dat hy bloeding op die brein opgedoen het.
LLB-akkreditasievereistes bevraagteken
“Ons is bekommerd dat die universiteit nie oop kaarte met studente speel nie.”
Henri pleit dalk vandag
Henri van Breda verskyn Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof in verband met die moord op sy ouers en broer.
Man op rubberboot verdwyn in see
ʼn Man het Sondag tussen Pearly Beach en Dyer-eiland in die Wes-Kaap vermis geraak op sy rubberboot.
Leeu-aanval: Seun steeds kritiek ná ‘benoude oomblikke’
Kristian Prinsloo (11), die Pretoriase skoolseun wat vroeër vandeesmaand deur ʼn leeumannetjie aangeval is, se toestand is steeds kritiek.
‘Vrystaat-plattelanders lewe in vrees’
Vier mense is verlede week in drie verskillende plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor.
Nie ʼn sent verder op Nkandla nie, sê DA
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê nie ʼn sent van belastingbetalersgeld mag verder spandeer word “tot voordeel van een man” nie.
10 beseer ná chemiese lekkasie
Tien persone is Sondagmiddag beseer ná ʼn chemiese lekkasie by ʼn maatskappy in Bloemfontein.
Man vas ná ouma, kleinkind se bylmoorde
ʼn 38-jarige man verskyn Maandag in die hof op aanklag dat hy ʼn 72-jarige vrou en haar tweejarige kleinkind met ʼn byl vermoor het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.