Dis amper tyd om gr. 1’s en gr. 8’s te registreer vir volgende jaar. Maak só seker jy volg die regte stappe.
Bylmoorde: Buurman vertel van ‘vriendelike gesin’
Martin Locke, voormalige sportomroeper, het gesê die Van Breda’s was ʼn “vriendelike gesin”.
‘Swartlys Nkandla-maatskappye’
Maatskappye wat by die Nkandla-opgraderings betrokke was doen steeds sake met die departement van openbare werke.
[Foto’s] Waar die bylmoorde plaasgevind het
Toegangsbeheer by die landgoed is baie streng en veiligheidspersoneel en polisiebeamptes het verslaggewers tydens die besoek ten alle tye vergesel.
Noordwes-betogings: Nog sewe vas
Nog sewe mense is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld tydens gewelddadige betogings by Lichtenburg in Noordwes.
‘Terreur-tweeling’ ook van bedrog aangekla
Hy is glo ook beveel om die spotprenttekenaar Zapiro dood te maak wat die ‘Messenger of Allah’-spotprent geteken het.
Solidariteit tree toe as vriend van die hof in skole-godsdienssaak
Dit is vir Solidariteit uiters belangrik dat openbare skole die vryheid moet hê om ʼn Christelike karakter te kan kies. “Hierdie geloofsuitgangspunt is Grondwetlik moontlik, prakties uitvoerbaar en speel ʼn belangrike rol in die sukses van talle skole in die land.”
Vermiste SA-jagter: Só het soektog verloop
Hoewel oorskot van Scott van Zyl, ʼn beroepsjagter van Limpopo wat op 7 April tydens ʼn jaguitstappie in Zimbabwe vermis geraak het, twee weke gelede binne drie krokodille gevind is, gaan die ondersoek na sy dood steeds voort.
Pitbulls val man op strand aan
ʼn Man is in ʼn ernstige toestand na ‘n hospitaal gehaas ná twee pitbullterriërs hom aangeval het.
Bylmoorde: Stellenbosch-moordhuis besoek
Die moordtonele sal uitgewys word asook ander tersaaklike dele van die huis.
[Foto’s] Betogings in Lichtenburg en Coligny: Polisie staan gereed
Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde moes gister rubberkoeëls afvuur om betogers in Lichtenburg en Coligny in Noordwes uiteen te jaag, maar sê die situasie was Dinsdagoggend weer kalm.
Buitensporige bonusse ‘versterk stemme vir nasionalisering’
Prof. Jannie Rossouw het Maandagoggend tydens ʼn sakeontbyt gekap na uitvoerende hoofde van banke wat bonusse van etlike miljoene rande aanvaar.
Ntlemeza ‘gee amptelike voertuig terug’
Die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, se prokureur beweer Ntlemeza het die amptelike voertuig en selfoon wat in sy besit was aan die Valke terugbesorg.
Sambok-moord: Man pleit vir genade
“Die bewyse in die saak is dat die oorledene verskeie kere geslaan is, soos ʼn slaaf se meester ʼn slaaf sou slaan. Die klere van die oorledene is geruil en ander klere is vir die oorledene aangetrek.”
Man op pad werk toe doodgeskiet
Ooggetuies het glo gesien hoe die Toyota Yaris van die toneel vlug, maar die voertuig se nommerplate was bedek.
Wes-Kaap: Teiken vir waterverbruik nou nóg laer
Die stad sê in ʼn verklaring hy was genoodsaak om die waterverbruikteiken nog verder te verlaag weens die voortdurende daling van damvlakke in die provinsie en die ongewone warm weer wat tot gevolg gehad het dat waterverbruik toegeneem het.
DBV versoek inligting oor kuikens wat doodbrand
“ʼn Mens kan jou skaars indink watter lyding hierdie kuikens moes deurgaan. Hulle dood sou martelend en uitgerek gewees het. Dit was heeltemal onnodig.”
Drie vas ná wrede Vrystaat-plaasmoord
Pieter van der Berg se liggaam is Donderdag in ʼn plas bloed in die plaashuis se sitkamer gevind. Die huishulp, Tsietso Matsabisa, se liggaam is op die vloer in een van die slaapkamers gevind.
Ntlemeza ‘in die strate’ met amptelike voertuig
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Maandag lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, opdrag gegee om die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, op te spoor en beslag te lê op die staatsvoertuig en -selfoon in sy besit.
Soveel studente deur NSFAS befonds
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het gesê dat die studente wat hulp ontvang het aan openbare universiteite en tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) studeer het.