Die burgerregte-organisasie AfriForum het sy kommer uitgespreek oor die growwe dubbele standaarde wat toegepas word wanneer daar oor rassistiese voorvalle gerapporteer of in die algemene diskoers daarvan gepraat word.
Eskom se kredietgradering afgegradeer
Eskom het Vrydag gesê hy neem met spyt kennis van Standard & Poor’s se aankondiging om die maatskappy se langtermyn korporatiewe kredietgradering na rommel- oftewel nie-beleggingstatus af te gradeer.
Numsa verwerp Cosatu se steun vir Ramaphosa as ANC-president
Die National Union of Metalworkers of SA (Numsa) het Vrydag die vakbondfederasie Cosatu se steun vir adjunkpres. Cyril Ramaphosa om die leisels van die regerende party oor te neem, verwerp.
Perlemoen van R6,5 miljoen op Caledon-plaas gevind
Die Wes-Kaapse polisie het Vrydag beslag gelê op perlemoen ter waarde van ongeveer R6,5 miljoen tydens ʼn klopjag op ʼn plaas in Caledon in die Overberg-omgewing.
SA regering by VN verkla oor gebrekkige droogtehulp
AfriForum het die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë en onbereidwilligheid om voldoende hulp aan droogtegeteisterde kommersiële boere in Suid-Afrika te verskaf, aan die groot klok gehang.
Ouers herinner aan sluitingsdatum
Die Gautengse departement van onderwys het in ʼn verklaring gesê hy wil ouers aan die sluitingsdatum vir laat aanlynaansoeke herinner.
Familie soek steeds antwoorde ná moord
Ané Jacobs se halfnaakte liggaam is op 1 November in ʼn veld naby ʼn sokkerklub in Alberton gevind nadat sy die Saterdagaand vermis geraak het.
Só ry die trein na die ATKV
Kort voor jy weer by jou bestemming afklim besef jy met ʼn effense skok: Die lewe het toe nie gaan stilstaan in tyd soos jy gedink het nie. En met die afklimslag vat jy jou reistas, maar ʼn stukkie van jou hart bly op die treinspoor agter.
[Video] Troonslang steek kop uit in Pta-woonstel
ʼn Kobra van nagenoeg 2,3 m laat inwoners van ʼn woonstelblok in Pretoria twee keer in die toilet loer nadat dié gedierte Donderdag sy kop daar uitgesteek het.
Loop lig hier vir kapings in Gauteng
Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke was daar van 1 April 2015 tot 31 Maart 2016 meer as 7 300 aangemelde kapings in Gauteng. ʼn Lys is intussen beskikbaar gemaak van sogenaamde hoërisiko-kapingsareas.
Panayiotou se gesprek met ‘middelman’ opgeneem
“Hulle het gesê ek moet Chris kry om te erken [hy was by sy vrou se moord betrokke], sodat daar ʼn rede is om hom in hegtenis te neem, omdat ek geld by hom gekry het.”
Pretoria-laerskool sluit deure vir Afrikaanse leerlinge
Met minder as twee weke voor die skole vir die Desembervakansie sluit, moet ouers van ʼn laerskool in die hoofstad dringend planne beraam om in 2017 Afrikaanse onderrig vir hul kinders te bekom.
Brits-moord: ‘Sy sou nie eers terugbaklei het nie’
“Ek wil hulle in die oë kyk. Daar is nie veel meer wat ek kan doen nie, maar dít gaan ek doen. Ek is verskriklik kwaad. Ek huil van hartseer en woede dat hulle iemand kon wegvat wat net goed vir ander was.”
Anika Smit-moord: Beskuldigde nie self in hof
Van Wyk, wat teregstaan op aanklagte van moord, verkragting en lykskending, se ouers was Vrydag in die hof.
Man tydens kaping vermoor
Vyf verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn man ten aanskoue van sy vriendin doodgeskiet is in Broederstroom, naby Hartbeespoort in Noordwes.
NVG ‘geregverdig’ deur hofuitspraak
“Die dag wat ʼn aanklaer geskors word omdat hy ʼn besluit in lyn met die grondwetlike mandaat geneem het, sal ʼn baie hartseer dag wees.”
Man sterf toe vurkhyser omslaan
ʼn Man is Donderdagaand op ʼn plaas in die Grootbrak-gebied, buite George in die Wes-Kaap, dood nadat ʼn vurkhyser op hom geval het.
Anika Smit-moord: Saak hervat
André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), sal ná verwagting Vrydag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn, mits sy sielkundige waarneming afgehandel is.
Vier sterf in gru-botsing
Die vier insittendes van die Mazda, twee mans en twee vroue, is op slag dood.
EFF dreig om Zuma weer hof toe te sleep oor OB-verslag
“Soos wat ons Zuma gekry het om aan die Nkandla-verslag te voldoen, sal ons hom kry om ook aan die nuutste verslag te voldoen.”