Kenners sê dit is belangriker dat die regering hom eerder vir vrede in Afrika beywer – waar geweld burgers lamlê – as om hom met Israel en Gaza besig te hou.
Akademia: Afrikaans, Christelik en vinnig aan die groei
Akademia brei eersdaags uit na die Kaap en droom ook van ʼn kampus in Bloemfontein. Met ʼn unieke, Christelike bestaansrede wil dié instelling die leemte vul wat deur huidige universiteite gelaat word.
DA reg om hof te nader oor Mapisa-Nqakula se regskoste
“Die misbruik van staatshulpbronne vir persoonlike gewin het ʼn deurlopende tema in die korrupte ANC-regering geword. Mapisa-Nqakula is desperaat om voort te gaan met die verwerplike gebruik en die DA is gereed om te verseker dat sy dit nie doen nie.”
Sewe keer lewenslank vir Gupta-bendelede ná Khayelitsha-slagting
Die moord op onskuldige omstanders, om ʼn boodskap te stuur aan ʼn vyandige bendelid wat eens hul vriend en misdaadvennoot was dat hulle nie die verraad gaan duld nie, is kommerwekkend, het die regter tydens vonnisoplegging gesê.
Luister: Nadia oor ‘verkleurmannetjie-karakter’, liefde vir teater en Kaap
“Ek het met die tyd geleer om vir Sanet te verstaan. Ek sê altyd ʼn mens moet ʼn plek kry waar jy empatie het vir die karakter, en dit is wat ek nou in haar gevind het.”
Tshwane verwelkom uitspraak oor kredietbeheer
Die appèlhofuitspraak bevestig die verpligting op klante om te betaal vir dienste wat gelewer word en versuim om dit te doen bemagtig die stad om sy munisipale verordeninge oor kredietbeheer af te dwing, sê die Tshwane-metroraad.
Skuilings vir hawelose gesinne bitter skaars
Die Somerset-Wes-gesinskuiling is een van net ʼn handvol waar gesinne saam kan bly.
Kuberkrakers slaan dalk op kiesdag toe
‘n Kuberkenner sê die moontlikheid bestaan dat kuberkrakers die verkiesing kan kaap, indien die Onafhanklike Verkiesingskommissie nie die nodige voorkomingsmaatreëls instel nie.
Viserektor by Unisa nader Valke oor ‘smeerveldtog’
Luidens ʼn verklaring van AfriForum se privaatvervolgingseenheid wat Mathura verteenwoordig, is sy met geen ander keuse gelaat nie ná die Unisa-bestuur se “algehele verontagsaming vir haar klagte oor ongevraagde betalings wat in haar private bankrekening gemaak is”.
Mapisa-Nqakula vra weermag moet regskoste betaal
Die minister van verdediging sê sy oorweeg haar voorganger Nosiviwe Mapisa-Nqakula se versoek aan die departement om haar tydens haar korrupsieverhoor met “regsverteenwoordiging by te staan”.
37 000 ‘miljoenêr-kaders’ melk belastingbetalers droog
In ʼn enkele jaar van salarisbetalings aan hierdie 37 839 hoogs betaalde kaders het dit belastingbetalers in totaal byna R47 miljard gekos.
Borgtog vir drie wat KPMG glo bedrieg
Fidelis Moema, ʼn voormalige beursspesialis by KPMG, word daarvan beskuldig dat hy miljoene rande wat vir beurshouers bestem was, deur ʼn ingewikkelde bedrogspul in sy eie sak laat beland het.
Groblersdal-saak: Twee op borgtog ná suksesvolle appèlaansoek
Die landdroshof op Groblersdal, Limpopo, was “duidelik” verkeerd toe hy borgtog geweier het aan die eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy en sy stiefseun wat vroeër vanjaar van die aanranding op ʼn werker beskuldig is.
Drie vas ná moord op hoë van Rand Water
Teboho Joala is in Januarie tydens ʼn liefdadigheidsgeleentheid van Rand Water by die Zakariyya Park-gemeenskapsentrum in die suide van Johannesburg doodgeskiet.
Vrystaat-onderwyser wat glo verkrag borgtog toegestaan
Action Society het ʼn beroep op die onderwysdepartement gedoen om strenger maatreëls te implementeer om te verseker dat kinders veilig is by skole.
Louis Liebenberg: ‘Stem vir my, want ek kan mense oortuig’
Die omstrede diamantsmous Louis Liebenberg wil nou parlement toe. Hy het Donderdag by die bekendstelling van sy party, Herbou, gesê waarom kiesers vir hom moet stem.
Beskuldigdes in Megan Griesel-saak op borgtog vrygelaat
Die gemeenskap van Mashishing (Lydenburg) was vandeesweek geskok om te hoor die drie beskuldigdes wat van die moord op Megan Griesel (20) verdink word, is vrygelaat op borgtog.
Kleuter in Baai vermoor: Inwoners se huise word ‘misdaadtonele’
Die driejarige Emilio Hutchinson is glo geskiet omdat hy gehuil het. Aanvallers, vermoedelik lede van ʼn bende, het die huis se deur oopgeskop en losgebrand. Die seuntjie was een van drie slagoffers wat doodgeskiet is.
Duisende rekrute begin met opleiding
Die polisie het meer as ʼn miljoen aansoeke ontvang tydens sy huidige werwingsproses en die eerste groep van dié rekrute begin Maandag met hul opleiding.
Só wil ActionSA waterkrisis omkeer
ActionSA het sy plan voorgelê om die landwye waterkrisis om te keer. Beaumont het gesê al hoe meer Suid-Afrikaners besef om sonder dié hulpbron klaar te kom is erger as kragonderbrekings.