Dié keer was daar nie een Springbok in Griekwas se span nie, maar aan geesdrif, passie en ondernemingsgees het dit net soos in 1970 weer nie ontbreek nie.
Bulls gaan Kaap toe om te wen
Die Pretorianers se Leinster-sege word as een van die heel bestes nóg beskryf, maar ’n kragvertoning in Kaapstad sal ongetwyfeld die kersie op die koek wees. En hulle het ’n sterk span vir die eindstryd gekies.
Fourie speel 100ste wedstryd teen Bulls
“Deon Fourie teen Marcell Coetzee – wat ’n stryd sal dit nie wees nie!”
VRK: ‘Ons kon nie vir ’n beter begin vra’
Daar is twee Suid-Afrikaanse spanne in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap en volgens Kobus Wiese sluk ondersteuners van Europese rugby maar swaar aan dié brokkie inligting.
Kaartjies vir epiese eindstryd feitlik uitverkoop
Slegs 27 500 kaartjies is weens Covid-19-regulasies vir dié epiese wedstryd beskikbaar gestel. Die provinsiale regering vra nou dat dié beleid dringend hersien word.
Coetzee, Esterhuizen kry ’n Bok-kans
“Dit is goed om die ervare spelers terug te verwelkom en ek is vol vertroue dat hulle met gemak weer by die groep sal inskakel.”
Curriebeker: Cheetahs in Bloem, Bulle op Loftus
Die Cheetahs se oorwinning beteken ʼn tuishalfeindstryd teen die gewillige Pumas asook die moontlikheid om tuis in die eindstryd te speel as hulle aan die wenkant bly.
Dankie, Stormers!
Vanaand word daar fees in Kaapstad (en in Pretoria) gevier; die Verenigde Rugbykampioenskap-trofee gaan in Suid-Afrika staanplek kry.
VRK-reeks: Maak die Bulle almal Bokke, lui die liedjie
Die Bulls se oorwinning oor die Ierse kragreus Leinster in Vrydagaand se halfeindstryd in Dublin kan in die annale op Loftus Versfeld as een van hul beste oorwinnings ooit aangeteken word.
Curriebeker: Griekwas en Pumas steek tong uit
Soos die Pumas en Griekwas die afgelope paar maande gespeel het, verdien hulle dit dubbel en dwars om in die uitspeelrondes betrokke te wees.
Bulls moet vuur met vuur beveg
“Wen of verloor, Leinster moet weet dat die Bulls in die omtrek was.”
Flou Drake kan weer vuur blaas
“Wallis speel altyd fisieke rugby – hulle is sterk voorlangs, goed afgerig en takties slim.”
Smith sorg vir Bulls-vreugde
“Ek hoop van harte dat Chris Smith nog meer geleenthede sal kry om te speel, want ek glo hy kan ’n lang pad in Suid-Afrikaanse rugby stap,” het die Pumas se Marius van Rensburg in ’n destydse onderhoud met Maroela Media gesê.
VRK-halfeindronde: Dis SA teen Ierland!
Dis sekerlik nie wat die Skotte en Walliesers wou gehad of voorsien het nie, maar komende Saterdag se twee halfeindstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap is ʼn armdruk tussen Ierse en Suid-Afrikaanse rugby.
Vat vyf, Stormers!
“Daar is nou een wedstryd tussen ons en die eindstryd; dit is ongelooflik.”
Bulls klop Sharks met doodsnik-skepdoel
Dit was nog altyd een van die ou Noord-Transvaal, Blou Bulle en Bulls se groot troefkaarte: ’n Losskakel wat kan skepskop wanneer dit moet.
Soet vir Griekwas en Pumas; suur vir Cheetahs en WP
Vrydagaand is die kaarte opnuut geskommel toe die Pumas ’n sege van 29 – 28 oor die Cheetahs behaal het en Griekwas die Westelike Provinsie met 43 – 41 in Stellenbosch gemesmeraais het.
White voorspel taai stryd teen Sharks
Indien dit ’n naelbytstryd is, kan die Sharks dit nie bekostig om laat in die wedstryd ’n strafskop af te staan nie: Morné Steyn is op die Bulls se plaasvervangersbank.
‘Wen’ die wagwoord vir Stormers teen Skotte
“Ons wil ons intensiteitsvlakke hoog hou en seker maak dat ons vir die volle 80 minute op ons beste teen Edinburgh is.”
Europese rugby staal hul vir SA inval
“Suid-Afrika se vyf franchise-spanne gaan nou kragte teen spanne meet teen wie hulle nog nooit vantevore gespeel het nie.”