Die kulkunstenaar Jose Ahonen wou weet hoe honde sal reageer indien snoepgoed reg voor hul snoete verdwyn. Die video is die afgelope vyf dae reeds bykans 9 miljoen keer gekyk.
Vreemd
Drakensberg-wêreldrekord: Hulle het dit gedoen!
Ryan Sandes en Ryno Griesel het Dinsdag ʼn nuwe wêreldrekord opstel toe hulle die Drakensberg in minder as 42 uur oorgesteek het. Kyk ook na die interessante grafika onderaan die berig.
Video: As dit nie jou tyd is nie…
ʼn Video is op sosiale media vrygestel met verstommende beeldmateriaal oor mense wat noue ontkomings gehad het. Jy wil nie dié video mis nie!
Video en foto’s: Kameelperd sê totsiens aan sterwende dieretuinwerker
ʼn Dieretuinwerker, wat aan terminale kanker ly, het in sy hospitaalbed finaal totsiens gaan sê aan die diere wat hy versorg het.
Foto’s: 4-jarige is beste vriende met ‘n bulhond
Rebecca Leimbach, ʼn fotograaf, neem die afgelope vier jaar al foto’s van die verhouding tussen haar vierjarige dogter Harper en haar sewejarige Engelse bulhond, Lola.
Gestrande vrou gered danksy Google Earth? Nonsens!
Die storie van Gemma Sheridan van Engeland wat glo op ʼn eiland uitgespoel het en eers sewe jaar later danksy Google Earth opgespoor is, blyk onsin te wees.
Video: Só klink jy vir anderstaliges
Sara Maria Forsberg (19) van Finland, se YouTube-video waarin sy aan moedertaalsprekers verduidelik hoe die persoon se taal vir anderstaliges klink, is binne drie weke reeds byna 10 miljoen keer gekyk.
Video: Leeu wil nie haar prooi deel nie
Die gebruiker Kruger Sightings het ʼn video op YouTube gelaai van ʼn leeuwyfie wat ʼn krokodil vang, maar nie haar prooi met die res van die trop wil deel nie.
Video: Een fliekkaartjie, een boom
Kaapstad hou binnekort ʼn eko-filmfees waar ʼn deel van die opbrengs vir herbebossing aangewend gaan word. ‘n Lokprent van die dokumentêr, Op Theefontein, volg onderaan die berig.
Video: Verkeersknoop? Binne ʼn japtrap ʼn nuwe baan
Versperringverskuiwingmasjiene, wat ook as “ritssluiter-masjiene” bekend staan, is swaar voertuie wat die betonversperrings op snelweë tussen bane kan verskuif.
Video: Koperblaser nies in die instrument
ʼn Koperblaser in dié orkes kon nie sy nies inhou nie.
Video’s: TV-aanbieders se reaksie toe aardbewing tref
ʼn Aardbewing van 4.4 op die Richterskaal het Maandag die suide van Kalifornië in Los Angeles geruk.
Video: Atlete mik na rekord vir 220 km oor die berge
Ryan Sandes en Ryno Griesel gaan poog om ʼn nuwe wêreldrekord op te stel wanneer hulle die Drakensberg oorsteek.
Sesjarige red sussie, ouma
ʼn Sesjarige seun het Sondagmiddag waarskynlik die lewens van sy ouma en sussie gered.
Foto’s en video: Babagorilla gered deur operasie
ʼn Span dokters en veeartse het op ʼn twee dae oue babagorilla geopereer nadat sy asemhalingsprobleme ondervind het kort nadat sy deur ʼn keisersnee gebore is by die San Diego-dieretuin.
Video: Oorgewig tiener kry matriekafskeidrok danksy Facebook
Kristen Harris, eienaar van Designer Diva Consignment Boutique het ʼn pleidooi op Facebook gelewer nadat ʼn oorgewig tiener nie ʼn matriekafskeidrok kon kry nie, en in haar winkel se aantrekhokkie staan en huil het.
Video: Dalk die beste vliegtuigete ooit
Robertsons Spices het op 5 Maart passasiers op ‘n Kulula-vlug met ‘n heerlike maaltyd bederf.
Eerste selfoon 30 jaar gelede verkoop
Die eerste draagbare selfoon, ‘n Motorola DynaTAC 8000X, is vandag presies 30 jaar gelede verkoop. In 2014 in randwaarde sou jy ongeveer R97 000 vir dié luuksheid moes opdok.
Video: Barry Roux kry sy eie liedjie
Die radiostasie 94.7 het ‘n kletsrymliedjie vir adv. Barry Roux, prokureur vir Oscar Pistorius, saamgestel.
Video: Vragmotor slaan in vloedwater om
‘n Gebruiker het ‘n video van ‘n vragmotor wat in vloedwater omslaan, op Facebook gelaai.