ʼn Sesjarige seun het Sondagmiddag waarskynlik die lewens van sy ouma en sussie gered.
Lees meerAlles vir Sondag 16 Maart 2014
‘Bid vir die ANC,’ vra Mantashe
Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, het Sondag vir goddelike ingryping gevra tydens ʼn toespraak by ʼn kerk in die Vrystaat.
DKD ontken Derby-Lewis-berig
Die departement van korrektiewe dienste (DKD) ontken dat die hooggeregshof in Pretoria ʼn bevel uitgereik het waarvolgens Clive Derby-Lewis na ʼn hospitaal oorgeplaas moet word.
Foto’s en video: Babagorilla gered deur operasie
ʼn Span dokters en veeartse het op ʼn twee dae oue babagorilla geopereer nadat sy asemhalingsprobleme ondervind het kort nadat sy deur ʼn keisersnee gebore is by die San Diego-dieretuin.
Kampeerder deur weerlig doodgeslaan
Een persoon is dood en drie ander beseer nadat hulle deur weerlig getref is by ʼn kampeerplek in Bloemfontein in die Vrystaat.
Foto’s: Walviskalf gered na hy in toue verstrengel raak
‘n Walviskalf wat in toue verstrengel geraak het, is naby St. James-baai aan die Valsbaaise kus in Kaapstad gered.
Solidariteit: ‘Rasgedrewe verhuisings onafwendbaar met nuwe diensbillikheidskodes’
Solidariteit sê hy het ’n jaar gelede, te midde van sy regstellendeaksie-hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD), gewaarsku dat die regering se benadering tot regstellende aksie in ’n vernietigende maatskaplikemanipulasieprogram ontaard het.
Ministers haaks oor vlugte
Twee senior kabinetministers is in ʼn twis oor huurvlugte gewikkel wat dreig om in die hof op te eindig, berig die Sunday Times.
Pa gee dogter oor aan polisie oor naakfoto’s
ʼn 17-jarige meisie is gevonnis vir die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie nadat haar pa die polisie in kennis gestel het dat sy naakfoto’s van haarself aan ʼn 42-jarige man stuur, berig die Sunday Times.
Malema vaar uit teen Johann Rupert
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het die sakemagnaat Johann Rupert daarvan beskuldig dat hy die ANC en die DA beheer, berig die Sunday Times.
Drie verdrink in dam
Drie mense het laat Saterdagmiddag in die Inandadam naby Hillcrest, KwaZulu-Natal verdrink.
ANC ontken dat Zuma uitgejou is
Die ANC het Sondag ontken dat president Jacob Zuma in Port Elizabeth uitgejou is.
Drie sterf in Jhb-botsing
Drie mense is dood nadat ʼn motor teen ʼn lamppaal gebots en aan die brand geraak het op die N1 naby Devland, Johannesburg.
Twee verkeersbeamptes vas oor korrupsie
Twee verkeersbeamptes is in Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie.
Drie sterf in vliegongeluk
Drie mense is Saterdagmiddag dood nadat ʼn ligte vliegtuig naby ʼn landingstrook in Camperdown, KwaZulu-Natal neergestort het.
Gedagte vir die dag: God is jou Vader
Psalm 103:13 – Net soos ouers hulle kinders met groot liefde versorg, so versorg die Here elkeen wat Hom dien met arms vol liefde. Die…