Gareth Cliff het Vrydag met ʼn glimlag uit die Suid-Gautengse hooggeregshof gestap nadat die hof beslis het hy moet weer as Idols-beoordelaar aangestel word.
Soekresultate vir: gareth cliff
Hof sê oor Gareth Cliff se Idols-pad
Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Vrydag uitspraak gelewer rakende Gareth Cliff se dringende aansoek om weer as Idols-beoordelaar aangestel te word.
Gareth Cliff-saak: ‘Daar word teen hom gediskrimineer omdat hy wit is’
Die Suid-Gautengse hooggeregshof het Dinsdag aangehoor dat daar teen Gareth Cliff, die voormalige Idols-beoordelaar, gediskrimineer word omdat hy wit is, in vergelyking met twee van die mede-beoordelaars.
Gareth Cliff-saak: Regspan voer aan kontrak is onwettig beëindig
Gareth Cliff se regspan het Dinsdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof aangevoer dat M-Net Cliff se kontrak as beoordelaar vir Idols onwettig beëindig het.
Gareth Cliff veg vir sy pos in hof
Gareth Cliff, die voormalige Idols-beoordelaar, veg Dinsdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg om weer deur M-Net in sy pos aangestel te word.
‘Skade aan Cliff se reputasie sy eie toedoen’
M-Net gaan Gareth Cliff se dringende aansoek teenstaan en het ʼn beëdigde verklaring ingedien oor hoekom daar besluit is om hom die trekpas te gee as Idols-beoordelaar.
Swaargewig EFF-advokaat veg vir Gareth Cliff
“Die EFF se nasionale voorsitter se verteenwoordiging van ‘n rassistiese Gareth Cliff beteken nie die EFF verdedig rassisme nie.”
Gareth Cliff wil M-Net vir miljoene dagvaar
Die voormalige Idols-beoordelaar, Gareth Cliff, beplan om M-Net vir miljoene te dagvaar vir onregmatige afdanking en naamskending, nadat hy glo weens sy uitsprake op sosiale media die trekpas gegee is.
FW de Klerk-stigting lê 45 klagtes oor rassisme teen witmense
Die FW de Klerk-stigting het klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aanhangig gemaak teen 45 sosialemedia-plasings wat glo geweld teen wit Suid-Afrikaners aanhits.
Gareth Cliff en ‘Idols’ se paaie skei glo oor twiet
M-Net het aangekondig dat Gareth Cliff nie deel van die beoordelaarspaneel van die volgende Idols-seisoen sal wees nie, glo oor sy uitsprake op sosiale media.
Borg ʼn Woord – saam met Deon Meyer
Deon Meyer, bekroonde en baie bekende Afrikaanse spanningsverhaalskrywer, is die nuwe beskermheer van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal se Borg ‘n Woord-projek.
Goeie nuus: Dit reën komberse by die Uniegebou
Die Uniegebou was ʼn reënboog van kleur Dinsdagoggend nadat meer as 21 000 handgemaakte komberse op die trappe van die landmerk in Pretoria uitgestal is.
Senzo-twiet veroorsaak opskudding
Die radiopersoonlikheid Gareth Cliff het Twitter steeds behoorlik aan die gons oor ʼn twiet waarin hy gevra het wie vir Senzo Meyiwa se begrafnisdiens betaal het.
Gareth Cliff verlaat 5FM
Die bekende en uitgesproke radio-omroeper, Gareth Cliff, bied Maandagoggend sy laaste ontbytprogram by 5FM aan.
Jan Braai koop “braai” en Nataniël vra “genade” by die WAT
Jan Braai koop “braai” by die WAT, Nataniël wil “genade” hê, en ons verklap ander woorde wat bekendes al geborg het.
“OcSober” skop af
Die “OcSober”-veldtog het vandag afgeskop – ‘n veldtog wat ʼn 31 dae lange uitdaging aan die publiek rig om nie in Oktober alkohol te drink nie.
Cliff skotvry ná Moslem-klag
Die 5FM-aanbieder Gareth Cliff het weer skotvry daarvan afgekom nadat daar ʼn klag teen hom aanhangig gemaak is oor beweerde neerhalende opmerkings teenoor Moslems.
Foto: Gareth Cliff in ongeluk
Gareth Cliff, platejoggie by 5FM, was glo Saterdagoggend in ‘n ongeluk in Lytteltonweg, Centurion.
Cliff skotvry ná klag
Die 5FM-aanbieder Gareth Cliff het skotvry daarvan afgekom nadat hy ’n vrou ’n “bitch” genoem het tydens sy ontbytprogram.
Spoedvraat vervolg na openbare protes
Die 20-jarige man wat Sondag op die N1-noord in Centurion vasgetrek is nadat hy teen 188 km/h gery het, gaan nou vervolg word nadat hy vroeër ʼn afkoopboete betaal het.