God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid aanbid. (Johannes 4:24)
Alles vir die sleutelwoord "christelik"
Gedagte vir die dag: ’n Plek van beskutting
God het nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word. (Johannes 3:17)
ToekomsVenster: Wat sou Jesus gebid het?
Wat sou Jesus gebid het? Wat sou Hy gevra het en sou Hy raad gevra het by die Vader?
Gedagte vir die dag: Ontsag vir God
God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16)
ToekomsVenster: Vertroue wag, wag en vertrou
Wag is moeilik, ongewild en tydsaam. Wag beteken nie niksdoen nie. Dit beteken aktief bid en selfs beplan vir dit wat jy hoop om uit die Here se hand te ontvang. Dit beteken in ‘n toestand van gereedheid te kom en as’t ware met oop hande te leef in verwagting dat God gaan antwoord.
Gedagte vir die dag: Gered deur die Lam
Kyk, dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem. (Johannes 1:29)
ToekomsVenster: Hoe lyk jou gebedstoewyding?
Daniël het te midde van persoonlike uitdagings nie opgegee met gebedstoewyding nie.
Gospel Skouspel 2018: Grootste gospelmusiek-gebeurtenis van die jaar
Vanjaar is dit reeds die 13de Gospel Skouspel wat aangebied word met een vertoning in Pretoria en twee in Kaapstad. Tien van die land se top-gospelkunstenaars deel vanjaar die verhoog by Gospel Skouspel. Onder hulle tel Suid-Afrika se liefling, Juanita du Plessis, asook Riana Nel, Jo Black, Joe Niemand en Retief Burger.
Gedagte vir die dag: ’n Tydelike lewe
In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. (Johannes 1:4)
ToekomsVenster: Hy is liefde
Niks kan verander aan God se grondhouding nie. Hy is liefde. Hy wil ook nie dat enige mens verlore gaan nie maar dat alle mense gered sal word. Hy is ‘n goeie, genadige, barmhartige en lankmoedige Wese.
Gedagte vir die dag: Die skoonheid van die Bybel
Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. (Johannes 1:1-3)
ToekomsVenster: Daar kom tye van droogte
Om God te nader met jou uitdagings is ‘n mosie van vertroue. Dit is ‘n erkenning dat jy radikaal aangewese is op sy sorg en omgee. Dis ‘n afhanklikheidsverklaring waartoe ons uitgenooi word.
Gedagte vir die dag: Totdat Hy terugkom
Hy het sy tien slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: “Gaan doen besigheid daarmee totdat ek kom.” (Lukas 19:13)
Gedagte vir die dag: Verlore en gevind
Ek, die Seun van die Mens, het gekom om wat verlore is, te soek en te red. (Lukas 19:10)
Gedagte vir die dag: Geloof is alles
Die apostels het vir die Here gesê: “Help ons. Ons het meer geloof nodig.” (Lukas 17:5)
ToekomsVenster: My gebed is ’n wierookoffer
Die Here vra nie wat ons nie het nie maar Hy vra wat Hom toekom. Die bedoeling van die teks is dus duidelik dat die gebed van ‘n gelowige ‘n aangename en dankbare belewenis moet wees.
Gedagte vir die dag: Die gelykenis van die verlore seun
Die jonger seun het teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. (Lukas 15:20)
ToekomsVenster: Vergewe ons soos ons ander vergewe
“Het jy al so baie daaroor gebid soos jy daaroor gepraat het?”
Gedagte vir die dag: Die Vriend van sondaars
Die jonger seun kry toe werk by ’n plaaslike boer en dié het hom die veld ingestuur om varke op te pas. (Lukas 15:15)
ToekomsVenster: God wat die begin en die einde verteenwoordig
Ons lewens is geborge in Hom. By Hom is ons en ons geliefdes, ons land en die wêreld, veilig.