ʼn Verdagte is Dinsdagoggend in die buitewyke van Nelspruit doodgeskiet kort nadat ʼn groep swaargewapende rowers op ʼn geldwa toegeslaan en dit oopgeblaas het met drie veiligheidswagte daarin.
Alles vir die sleutelwoord "Nelspruit"
Twee wou glo Nelspruit-sakeman laat vermoor
Elsie Burger (41) en Johan Hendrik Robert Jacobs (55), inwoners van Nelspruit, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle vroeër op aanklag van sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem is.
Tuinier vas vir moord op vrou (41)
Die familie van die 41-jarige Liesl Nel het glo onraad vermoed toe hulle haar nie per selfoon in die hande kon kry nie.
DNS-toetse gedoen ná agt verkool
Die identiteit van agt van die nege mense wat Maandag in die vroeë oggendure buite Nelspruit in Mpumalanga in ʼn gru-botsing dood is, moet deur DNS-toetse bevestig word.
Nege sterf in gru-botsing
“ʼn Ligte afleweringsvoertuig en ʼn sportnutsvoertuig het mekaar reg van voor getref, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het.”
LUR in trompop botsing
“Die bestuurder van ʼn minibustaxi het na bewering in die suidelike baan ingedraai en teen aankomende verkeer in gery.”
Laerskool gesluit oor betoging
“Daar is onder meer vyf Afrikaanse klasse in elke graad en slegs een Engelse klas. Dit neem ons terug na die apartheidsera toe Afrikaans vir kinders verpligtend was.”
Baba Mienke se ma: ‘Ons staan voor ʼn kruispad’
“Die Here ken my hart – ek het nie gedink ons sou voor so ʼn besluit moet staan nie. Here, ek weet ons tyd is nie u tyd nie, maar genees vir Mienke vinniger as waarvoor ons kan vra. Dis nie aldag maklik nie, en my hart breek in miljoen stukkies as ek na Mienke kyk.”
Kleinhoewe-aanval: 4 verdagtes wag egpaar in
Die egpaar is oorval toe hulle by hul huis stilgehou het. Die vier verdagtes het in daardie stadium reeds toegang tot die huis verkry.
Sporthoë in sop oor spoed
ʼn Welbekende in sportkringe is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo 175 km/h op die N4-snelweg buite Nelspruit gejaag het.
Nóg ʼn gru-botsing in Mpumalanga
“Dié ongeluk volg nadat 11 mense Vrydagaand dood is toe die voertuig waarin hulle gery het teen beeste gebots het.”
Polisie soek bende ná gewaagde geldwa-rooftog
Die polisie in Mpumalanga het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na ʼn groep van sowat tien mans wat ʼn geldwa in Nelspruit beroof het.
Komediant in hof oor spoed
Die komediant wat Vrydagmiddag op die N4 buite Mbombela (Nelspruit) in hegtenis geneem is nadat hy die spoedgrens oorskry het, het Maandag in die stad se landdroshof verskyn. Sy naam mag nou bekendgemaak word.
Mienke gaan eerste keer huis toe ná voorval by dagsorg
“Dit is iets heel anders om as gesin saam in ʼn hospitaalkamer te wees. Dit is die eerste keer in drie maande dat ons as gesin saam in ʼn huis is – ons ken nie meer dié gevoel wat vir ander normaal is nie.”
Oudlanddros in hof oor ‘slenter’
Magriet Botha (55), ʼn voormalige landdros wat tans as prokureur in Mbombela (Nelspruit) praktiseer, se saak gaan eersdaags na die hooggeregshof verwys word nadat sy in hegtenis geneem is op aanklagte van bedrog, korrupsie en vervalsing.
[Video] Seun wat in buiteland woon verras bejaarde pa
“Hy het strak na hulle sit en kyk. Die uitdrukking op sy gesig was wonderlik om te beleef – hy kon nie glo wat hy sien nie, hy wou hulle dan nog enkele oomblikke vantevore op Skype kontak. Dit was die uitdrukking van ʼn pa wat régtig na sy seun verlang.”
‘Ons bly hoop en glo,’ sê baba Mienke se ouers
“Selfs net die kleinste bietjie twyfel kan nóú vir die duiwel ʼn houvas gee. Sodra jy twyfel kry die duiwel ʼn kans om leuens te saai en ons gee nie ʼn houvas vir die duiwel nie.”
Kwaksalwer vas oor ‘onwettige aborsies’
ʼn 46-jarige verdagte is Dinsdag in Mbombela in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met beweerde bedrog en die uitvoer van onwettige aborsies.
Groot hartseer oor baba Mienke: ‘God het die laaste sê’
“In een sekonde het dit gevoel of ons wêreld uitmekaar val. [Daar is] duisende vrae. Hoekom? Waarom? Trane van hartseer en pyn loop onophoudelik. Geen kind verdien dit nie. Geen ouer verdien dit nie. My pop, God het die laaste sê.”
Ouers vra ‘net gebede’ ná baba byna by dagsorg sterf
“My kind was dood. Daar was niks lewe in haar nie. Die dokters het vir my gesê hulle het hul bes probeer, maar ek het histeries aanhou gil: ‘Julle beste is nie goed genoeg nie!’”