‘n Babaseuntjie wat glo in Kempton Park aan die Oos-Rand ontvoer is, is Dinsdag veilig by sy biologiese ma opgespoor, het die polisie in Gauteng gesê.
Alles vir die sleutelwoord "ontvoering"
Inbrekers steel baba
ʼn 13 dae oue babaseuntjie is Maandagaand in Kempton Park, oos van Johannesburg, tydens ʼn huisbraak ontvoer.
Video: Twee helde red vrou van verkragting, ontvoering
Aaron Arias (19) en Jamal Harris van Texas in Amerika word nou as helde vereer nadat hulle ‘n jong slagoffer van ‘n ontvoering naby Dallas gered het.
‘Ontvoerder’ vas toe sy losprys wou onttrek
‘n Vrou is Woensdag in Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n 10-jarige seun.
UJ-ontvoering: Verdagte vasgetrek
‘n 18-jarige man is Vrydag in Ennerdale in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n student aan die Universiteit van Johannesburg.
UJ-Student op kampus ontvoer en gyselaar gehou
ʼn 23-jarige student van die Universiteit van Johannesburg het aan Eyewitness News beskryf hoe sy Donderdag van die kampus ontvoer en as gyselaar aangehou is vir langer as ʼn uur terwyl haar aanvaller kontant uit al haar rekeninge onttrek het.
Pleitooreenkoms vir Cleveland-ontvoerder; huis word moontlik gesloop
Ariel Castro, ʼn voormalige skoolbusbestuurder wat drie vroue glo vir meer as 10 jaar lank aangehou het, oorweeg tans ʼn pleitooreenkoms waarvolgens hy lewenslange tronkstraf, sonder die moontlikheid vir parool plus 1 000 jaar tronkstraf sal aanvaar.
Tiener vas ná baba se ontvoering
ʼn Tienermeisie wat daarvan beskuldig word dat sy ʼn twee maande oue baba ontvoer het, is Donderdag in Wellington in hegtenis geneem.
Video: 15-jarige held red ontvoerde dogtertjie
ʼn 15-jarige tiener word as ʼn held beskryf nadat hy ʼn ontvoerde vyfjarige gered het.
Video: Nederlandse paartjie pleit om hul lewe
ʼn Paartjie van Nederland wat in Jemen ontvoer is, het ʼn pleidooi deur middel van ʼn video op YouTube gelewer vir hul regering om op te tree sodat hulle vrygelaat kan word.
‘Ontvoerde’ 19-jarige veilig opgespoor
Bianca Joubert (19), wat sedert Vrydag vermis was, is Maandagaand veilig opgespoor.
Video: Cleveland se ontvoerde vroue bedank die publiek
Drie vroue wat vir 10 jaar lank gevange gehou is in ʼn huis in Ohio, Amerika, bedank die publiek vir hul ondersteuning in ʼn video wat op YouTube gelaai is.
Ontvoerde Madeleine McCann dalk nog lewend
Die polisie in Brittanje het glo 38 “persone van belang” identifiseer in hul soeke na leidrade oor die ontvoering van Madeleine McCann, wat in 2007 by ʼn vakansieoord in Portugal ontvoer is.
Besonderhede van Cleveland-ontvoering bekend gemaak
‘n Man van Cleveland, Ohio in Amerika, wat daarvan beskuldig word dat hy drie vroue vir ‘n dekade lank teen hulle wil aangehou het, het Woensdag onskuldig gepleit op aanklag van ontvoering, verkragting en moord nadat hy glo een slagoffer só hard geslaan het dat sy ‘n miskraam gehad het.
Tien vas oor ontvoerings
Tien mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n vrou en haar baba in Orange Farm, suid van Johannesburg, ontvoer het.
Stappe om ontvoerde SA egpaar te bevry
Die minister van internasionale betrekking en samewerking sê die regering het stappe geneem om die Suid-Afrikaanse egpaar wat in Jemen ontvoer is te bevry.
SA egpaar glo deur Al-Kaïda aangehou
Die Bloemfonteinse egpaar wat verlede maand in Jemen ontvoer is, word glo deur militante van die organisasie Al-Kaïda as gyselaars aangehou.
Ontvoerde SA’ners in Jemen is egpaar van BFN
Die twee Suid-Afrikaners wat Maandag in Taiz in Jemen ontvoer is, is ʼn egpaar van Bloemfontein.
R72 miljoen borg vir vermeende ontvoerder
Die man wat daarvan verdink word dat hy drie vroue ʼn dekade lank in Cleveland, Ohio in Amerika aangehou het, het Donderdag in die hof verskyn.
12 SA-vlieëniers in Namibië aangehou
Twaalf vlieëniers van Suid-Afrika, wat besig was met kankerbewusmakingswerk, is oor die naweek in Namibië in hegtenis geneem.