ʼn Polisievrou van Noordwes is in hegtenis geneem nadat sy glo grimering by ʼn Clicks-winkel in Potchefstroom gesteel het.
Alles vir die sleutelwoord "SAPD"
Polisieman verkrag vrou glo in amptelike kar
‘n Kaptein in die polisie is in Worcester in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 46-jarige vrou in sy amptelike motor verkrag het, het die Onafhanklike Polisieondersoek-direktoraat (Opod) Vrydag gesê.
Oortydbetaling vir SAPD by Gupta-troue
Twee-en-sestig polisiebeamptes het glo oortydbetaling ontvang vir hul werk tydens die Gupta-troue, het die Saturday Star berig.
Onregmatige inhegtenisnemings kos belastingbetalers miljoene
Uitbetaling van siviele eise wat howe teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) toegestaan het, het sedert 2009 met meer as 100% toegeneem.
Polisie-ongelukke kos Gauteng R52 miljoen
Meer as 20% van polisievoertuie in Gauteng was glo tydens die 2012/13 finansiële jaar in ongelukke betrokke, het Beeld Dinsdag berig.
Bykans 4 000 wapens vernietig
‘n Totaal van 3 898 handwapens is Saterdag in Port Elizabeth deur die polisie vernietig.
Byna 40% van Gauteng-polisie kan nie bestuur nie
Bykans 40% van Gauteng se polisiebeamptes het glo nie bestuurderslisensies nie.
Twee vas ná moord op polisieman
‘n Man is Donderdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis deur die Bergville-landdroshof nadat hy ‘n polisieman doodgeskiet het.
Demilitarisering van die polisie
Riah Phiyega, nasionale hoof van die polisie, het Dinsdag gesê daar is planne om die polisie se strukture onder die Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP) te demilitariseer.
Hofuitspraak baan die weg teen regstellendeaksiesake
ʼn Uitspraak deur die Johannesburgse arbeidshof, waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se regstellendeaksieplan as ʼn kwotastelsel bestempel word, baan die weg teen regstellendeaksiesake.
Polisie het 70 oop poste weens regstellende aksie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het nagenoeg 70 poste vakante poste wat nie gevul is nie weens regstellende aksie.
Uitspraak in SAPD-regstelsaak
Die arbeidsappèlhof gaan vandag uitspraak lewer in die regstellendeaksiesaak van kaptein Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Vakbond slaan nog ’n slag teen regstellende aksie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens mag nie ’n pos waarin ’n beampte tans waarneem en waarvoor hy reeds drie keer onsuksesvol aansoek gedoen het, vul voordat sy vakbond se hofsaak hieroor aangehoor is nie.