Die transito-maatskappy, SBV Services, se Bloemfontein-werknemers het Vrydag op ʼn onbeskermde staking gegaan.
Alles vir die sleutelwoord "Vrystaat"
[Foto’s] R120 000 vir boere in die Vrystaat
Nagenoeg R120 000 is ingesamel nadat die Boeretroos Noord-Vrystaat-groep en die Parys Toerismeburo vroeër in Maart hande gevat het om boere in die voortslepende droogte by te staan met behulp van die Boere Troos Fees (sic).
Seun sterf; maatjie beseer toe motor hulle tref
ʼn 12-jarige seun is Woensdagoggend dood toe hy deur ʼn motor van sy fiets afgery is in Bloemfontein.
Tweejarige huilend by ma se lyk gevind
ʼn 28-jarige Vrystaatse man sal Dinsdag in die hof verskyn nadat hy na bewering sy vriendin met ʼn ysterstaaf en houtpaal doodgeslaan het.
‘Rowers’ minute ná rooftog vas
Die 52-jarige sakeman het Saterdag vroegoggend sy besigheid in Bethlehem oopgesluit omdat hy gereed wou maak vir die dag se kliënte. Sy goeie voorneme was egter van korte duur toe hy deur twee gewapende mans ingewag en oorval is.
Tier val seun (10) aan op Vrystaat-plaas
ʼn Tienjarige Franse seun sterk in ʼn hospitaal in Johannesburg aan nadat hy Vrydag deur ʼn tier by ʼn wildsplaas, naby Heilbron in die Vrystaat, aangeval is.
Parys-boere: Negende verdagte aangekla
Die negende verdagte en ʼn tweede familielid van een van die beskuldigdes in die saak teen die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Vrystaatse man vas oor kinderporno
ʼn 39-jarige man van Ficksburg in die Vrystaat is Woensdag deur die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in hegtenis geneem op aanklag van die besit en verspreiding van kinderpornografie.
Rugby-bakleiery: Studente aangekla
Verskeie studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Dinsdagmiddag ʼn brief van die universiteit ontvang waarin hulle voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word rakende die voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het.
Sakeman skiet homself glo in pa se spreekkamer
ʼn Bekende sakeman van Bloemfontein het homself glo in sy pa se spreekkamer by die Mediclinic Bloemfontein geskiet.
Parys-boere: Nuutste verdagte hoor oor borgtog
Muller van der Westhuizen (19), die nuutste verdagte in die saak teen die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, het Vrydag in die hof erken dat hy op die toneel was waar die oorledenes aangekeer is, maar gesê dat hy nie betrokke was by hul aanranding nie.
Aanklagte teen twee Parys-boere teruggetrek
Die staat het Vrydagoggend sy saak teen twee van die boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers teruggetrek.
Parys-boere: Beskuldigde se familielid ook vas
’n Familielid van een van die sewe boere van Parys wat aangekla word van die moord op twee vermeende plaasaanvallers, is in hegtenis geneem.
Notas by lyke in myn gevind
Die liggame van nog twee mans is by die Elandskag van die Harmony-myn in Welkom in die Vrystaat gevind.
‘Gewelddadige misdadiger’ vas in Bloem
ʼn 32-jarige man wat glo verantwoordelik is vir ʼn reeks “ernstige en afskuwelike misdade” in Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat hy maande lank die polisie ontwyk het.
Hond ‘vir dood agtergelaat’
Die Bloemfontein Dierebeskermingsvereniging (DBV) het vandeesweek ʼn hond uit ʼn informele nedersetting buite die stad gered nadat die eienaar hom vasgemaak en “vir dood agtergelaat het”.
‘Spoorlyndiewe’ op heterdaad betrap
Elf verdagtes is Woensdag op ʼn plaas naby Warden in die Vrystaat in hegtenis geneem, nadat hulle betrap is waar hulle glo treinspoorlyne op die plaas gesteel het.
Kommer oor ‘polisiebetrokkenheid’ by plaasaanvalle
“Hulle het gedreig om die vierjarige kind op ʼn warm stoof te brand indien daar nie aan hul eise voldoen word nie.”
Tuinier soek ná verkragting van 14-jarige
Die Bethlehem-polisie in die Vrystaat is op soek na ʼn tuinier wat na bewering ʼn 14-jarige meisie by haar ouerhuis in die dorp aangerand, verkrag en beroof het.
Baba langs Vrystaatse grondpad gevind
Die polisie is op soek na die ouers van ʼn paar dae ou baba wat Saterdag in lang gras langs ʼn grondpad in ʼn landelike gebied naby Bethlehem gevind is.