Die naamlose Curriebekerreeks het Donderdag met die 14 SA rugbyunies plus die Welwitchias afgeskop in wat gelukkig nie meer die Curriebekerreeks genoem sal word nie, maar die reeks om die Provinsiale Beker.
Lees meerAlles vir Donderdag 7 April 2016
[Video] Gary Player behaal nuwe rekord met kolhou
Die legendariese gholfspeler Gary Player (80) het Woensdag tydens die voorafgaande syfer 3-kompetisie op die meesterstoernooi in Augusta, VSA, ʼn volmaakte gelukskoot (“hole in one”) behaal op die sewende putjie.
Polisiebeamptes in hof oor ‘omkoopgeld’
Twee Kaapse polisiebeamptes wat na bewering geld geëis het om ʼn man wat vir dronkbestuur in hegtenis geneem is, vry te laat, het Donderdag in die hof verskyn.
Twee mans sterf in trompop botsing
Twee mans in hul 30’s is Donderdagmiddag dood in ʼn trompop botsing ongeveer 25 km buite Emalahleni (Witbank).
DA verkla ANC LP’s by etiekkomitee
Die DA het Donderdag gesê hy het die speaker van die Nasionale Vergadering en die ANC LP’s wat pres. Jacob Zuma verdedig het tydens ʼn stemming in ʼn mosie om hom uit sy amp te laat verwyder by die parlement se etiekkomitee verkla.
Blou Bulklub wil vir jaar yskas toe
`n Blou Bulklub het aansoek gedoen om vir `n jaar in die yskas geplaas te word.
Aanlyn-aansoeke vir ID’s, paspoorte nou beskikbaar
Suid-Afrikaners hoef binnekort nie meer in lang toue by die departement van binnelandse sake te wag om aansoek te doen vir identiteitsdokumente of paspoorte nie – dit kan voortaan sommer by jou naaste bank gedoen word.
ToekomsVenster: Mense met hoop spoor ons aan
Ons is ook deel van die gemeenskap van hoopvolle gelowiges deur die eeue. Uiteindelik sal ons saam met mense van elke nasie, stam, volk en taal voor die troon van God jubel: ‘Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!’
ANC se Wes-Kaap-sekretaris skuldig
Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag gesê hy het Faiez Jacobs, sy provinsiale sekretaris, skuldig bevind aan aanranding.
[Luister] BirdLasser-app wil voëlspesies beskerm
Henk Nel, ʼn Johannesburgse voëlkyker, het die app BirdLasser vir slimfone ontwerp met die doel om die bewaring en notulering van veral inheemse voëls te verbeter. Dié app is onlangs bekendgestel.
Wat is jóú roeping as vrou?
Streef gerus na iets meer, iets hoër. Vind daardie een ding wat jou hart warmer laat klop, en as dit nog jou brood en botter kan word, des te beter. Om jou roeping uit te leef behoort nooit onderhandelbaar te wees nie.
Arno Carstens sing in Afrikaans
Arno Carstens het pas sy eerste Afrikaanse EP (oftewel mini-album), Die aand, bekendgestel.
Lily-myn doen aansoek vir sakeredding
Die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga het Woensdag aangekondig dat hy om sakeredding aansoek gedoen het.
Nkandla-uitspraak: Howe het beperkte magte
Hoewel die Nkandla-uitspraak in sekere opsigte ʼn waterskeidingsaak vir Suid-Afrika was, gaan dit nie ʼn onmiddellike ommekeer in die gehalte van die land se regering of die politieke speelveld beteken nie.
Madonsela-verskoning afgeskiet
ʼn Voorstel deur opposisiepartye dat die parlement se portefeuljekomitee oor justisie vir Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), om verskoning moet vra vir hul deurlopende en soms bitter kritiek teenoor haar verlede jaar, is Donderdag afgeskiet.
Mama Afrika: ‘Doen iets vir ander’
Prof. Vlok is ʼn voorbeeld van watter invloed een persoon kan hê as hy of sy net die wil het. Sy meen dat elkeen ʼn verskil in iemand se lewe kan maak, en dat jy net om jou moet kyk om te sien waar die nood is.
Hof sê oor Winnie se aansoek vir Qunu-huis
Die hooggeregshof in Mthatha het Donderdag uitspraak gelewer in die saak van Winnie Madikizela-Mandela wat die regte wil bekom tot oudpres. Nelson Mandela se huis in Qunu in die Oos-Kaap.
‘Student Expo’ open deure tot inligting
Die Student Expo is ʼn landwye uitstalling vir huidige en voornemende studente om te verseker dat hulle ten volle ingelig is oor studielenings, verblyf, vervoer, beurse en werkgeleenthede.
Man lieg glo oor kaping; vas vir moord
ʼn Johannesburgse man wat beweer het dat sy vrou deur kapers vermoor is, is Dinsdag vir die moord in hegtenis geneem.
Valke vang 8 in ʼn week oor renosterhorings
Altesaam agt verdagtes is vandeesweek deur die Valke in Mpumalanga in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem nadat onwettige renosterhorings in hul besit gevind is.