[promosie-artikel] Lente is om die draai, wat beteken dat dit tyd is om die kinders te stuur om buite te speel… Nie net tot jou voordeel nie, maar ook hulle s’n! Alhoewel buite speel dikwels ’n lewensredder is vir besige ma’s wat dinge in die huis gedoen moet kry, hou dit ook vir kinders tonne voordele in.
Alles vir die maand Augustus 2015
Vermiste Pta-tiener gevind
Die 15-jarige meisie van Pretoria wat sedert Vrydag vermis was, is veilig terug by haar ouerhuis.
[Video] Luukse begraafplaas in Gauteng ontwikkel
Munisipale begraafplase is dikwels onveilig en onversorg. ‘n Gautengse onderneming bied nou ‘n luukse alternatief, maar dit gaan jou ‘n hele paar rand kos.
Vermeende rowers ontsnap uit polisieselle
Drie gevangenes het vroeg Donderdagoggend uit die selle van die Primrose-polisiestasie in die ooste van Johannesburg ontsnap.
Huisbrand op Limpopo-plaas glo opsetlik
Die Limpopo-polisie ondersoek twee sake van moord nadat ʼn ma en haar kind Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand op ʼn plaas in Limpopo dood is.
Rusie by Roodepoort-skool: Dept. ontken betrokkenheid
Die Gautengse departement van onderwys het ontken dat een van sy beamptes by ʼn onderonsie by Roodepoort Primary School in Johannesburg betrokke was waartydens twee ouers in hegtenis geneem is.
Siek Kovsie werf orgaanskenkers deur Facebook
ʼn Onverwagse diagnose van algehele nierversaking het ʼn jong Kovsie gemotiveer om soveel moontlik mense te kry om hulself beskikbaar te stel vir orgaanskenking.
Nóg ʼn polisieman sterf aan diens
ʼn Polisiebeampte is Donderdagoggend vermoor terwyl hy aan diens was. Daar is vanjaar al meer as 50 polisiebeamptes vermoor.
Twee sterf ná motor trok tref
Twee mense is dood en twee kritiek beseer nadat ʼn motor Woensdagaand teen ʼn swaarvoertuig gebots het.
Betogers steek brandweerwa aan die brand
ʼn Brandweerwa is Woensdagaand deur ʼn groep inwoners van Soweto, suid van Johannesburg, aan die brand gesteek tydens ʼn betoging oor kragonderbrekings in die gebied.
Ma en kind sterf in huisbrand op plaas
ʼn Ma en kind het Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn huisbrand op ʼn plaas in Limpopo gesterf.
Jong Durban-man sterf in gru-ongeluk op N2
ʼn 18-jarige man is Woensdagaand dood nadat hy beheer oor sy motor verloor en teen die versperring op die Umgenirivier-deurpad op die N2 gebots het.
Nuuskommentaar: Regering wat deur ideologie bloed uit ’n klip wil tap
As ’n oorsig gedoen word oor Suid-Afrika se ekonomiese werklikheid, veral teen die agtergrond van reusewerksverliese, kan die indruk maklik gewek word dat die finale breekspul nou op hande is. Maar die ekonomie is nie so eenvoudig nie, en daar kan baie gedoen word as die ore na die regte stemme uitgeleen word.
Inbreker in Durban doodgeskiet
ʼn Man is doodgeskiet nadat hy en twee makkers by ʼn huis in Durban in KwaZulu-Natal ingebreek het.
Vyfjarige verdrink in swembad
ʼn Vyfjarige seuntjie het Woensdagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in die Bellair-gebied in Durban, KwaZulu-Natal, verdrink.
[Video] Moderne hospitaal neem leiding in die gesondheidsektor
Die Mediclinic-groep het in Julie ʼn nuwe hospitaal in Midstream, suid van Pretoria, geopen. Gevorderde tegnologie is by die splinternuwe hospitaal ingespan om pasiënte se ervaring so aangenaam moontlik te maak.
Reunion-wrakstukke is dié van vlug MH370
Die vliegtuigwrakstukke wat op Reunion-eiland in die Indiese Oseaan uitgespoel het, is dié van Malaysia Airlines se vermiste vlug MH370, het Maleisië se premier aangekondig.
Gedagte vir die dag: Hoe ryk is ons
Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. (Matteus 6:19)
Hansen verander baie ondanks ‘eindstryd’
Die All Blacks se afrigter Steve Hansen gaan voort om kombinasies te toets voor Saterdag se deurslaggewende wedstryd in die Rugbykampioenskap teen Australië.
[Video] Wagter sê ‘mamma’ sodat hy ook ʼn happie kan kry
Wedywering tussen broers en susters kan kompeterend raak, maar vir klein Samuel het dit ’n vreemde wending geneem toe Wagter besluit het om ook sy pond vleis te eis.