Suid-Afrika sal dalk nog ʼn dilemma oor ʼn moontlike besoek van pres. Omar al-Basjir van Soedan moet hanteer.
Alles vir die maand September 2015
Gesin beseer in huisbrand
Twee jong kinders het ernstige brandwonde opgedoen in ʼn huisbrand in Lephalale (Ellisras) in Limpopo.
Beurtkrag onwaarskynlik Saterdag
Eskom het Saterdagoggend gesê die kragnetwerk is stabiel en dit is onwaarskynlik dat beurtkrag toegepas sal word.
Twee kinders sterf in botsing
Twee seuntjies, vermoedelik twee en drie jaar oud, is dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn vragmotor op die N12 net voor Ogies.
‘ANC sal nie deur howe beheer word nie’
Die ANC sal nie deur die land se howe beheer word nie, het adjunkpresident Cyril Ramaphosa by die ANC-jeugliga se nasionale verkiesingskongres in Midrand gesê.
Werker sterf in ongeluk by Orkney-myn
ʼn Werker is by AngloGold Ashanti se Moab Khotsong-myn naby Orkney in Noordwes dood.
Gedagte vir die dag: Stukkendwees was nie God se plan nie
Mag ons Here Jesus Christus en God ons Vader – Hý wat ons liefgehad het en wat ons deur sy genade ’n ewige troos en ’n goeie vooruitsig gegee het – mag Hy self julle harte vertroos en julle sterk maak vir elke goeie daad en woord. (2 Tessalonisense 2:1617)
Moontlikheid van rampgebied in Lichtenburg ondersoek
Die DA het Vrydag gesê die omvang van die hael- en reënskade in Lichtenburg, Noordwes, moet ondersoek word om te bepaal of die dorp nie tot ʼn rampgebied verklaar moet word nie.
Beurtkrag dié week moontlik weens instandhoudingskedule
Ná 25 dae sonder enige beurtkrag sal Eskom die komende week waarskynlik weer beurtkrag moet toepas aangesien die kragvoorsiener groot instandhoudingwerk moet aanpak.
Taxi’s sper strate in Centurion af
Minibustaxi’s het Vrydagmiddag strate in Centurion versper nadat ʼn dispuut oor roetes tussen die onderskeie taxi-eienaars glo ontstaan het.
ToekomsVenster: Here help my om die regte lewenspad te kies
Mag jy vandag vrede vind met die trajek waarop jy jouself bevind. Moenie dat die mooi rondom jou en die oomblik by jou verbygaan nie. Dis uiteindelik die reis wat saak maak, die bestemming kom vanself.
Minderjarige gevonnis vir verkragting, poging tot moord
ʼn Minderjarige seun is Donderdag in die Springbok-streekhof gevonnis vir die verkragting van en poging tot moord op ʼn 47-jarige vrou.
UK-student se liggaam vermoedelik gevind
ʼn Liggaam, vermoedelik dié van ʼn student van die Universiteit van Kaapstad wat Sondagaand in die see by Koffiebaai in die Oos-Kaap verdwyn het, is Vrydag opgemerk.
Man se gebrande lyk in polisiesel aangetref
ʼn 44-jarige man wat in hegtenis geneem is vir drink in die openbaar, is later dood in ʼn polisiesel aangetref.
3 sussies, 3 babas, 1 dag, 1 hospitaal
Drie sussies van een gesin in Ierland het Dinsdag elkeen geboorte geskenk aan ʼn baba en ʼn vierde sussie se baba is binnekort op pad!
PE-polisieman aan diens geskiet
Die Oos-Kaapse polisie het ʼn voorval waarin twee beamptes, ao. Ewald Els (40) en ao. Jakobus Botha (42), Donderdagaand aangeval is terwyl hulle aan diens was, ten sterkste veroordeel.
900 miljoen aktiewe WhatsApp-gebruikers
Jan Koum, uitvoerende hoof van die teksboodskapdiens, WhatsApp, het bevestig dat hulle die mylpaal van 900 miljoen aktiewe maandelikse gebruikers gehaal het.
Woord: verfomfaai
Gebruik jy graag die woord “verfomfaai”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Wimpy-hawelose wat bid: ‘Die les was soveel meer’
“Die les wat hy my daardie dag geleer het, is baie meer werd as die R50 wat ek aan die kos bestee het.”
[Foto’s] Wapen-arsenaal in verlate huis gekry
Die polisie in Limpopo het Donderdagaand op ʼn arsenaal vuurwapens en ammunisie in ʼn verlate huis in die provinsie afgekom.