Daisy du Pont, rykmansdogter, bedorwe brokkie en diva van die eerste waters kom letterlik haar moses teë terwyl sy op pad is na Australië. Sy word ontvoer, geleende klere gegee om aan te trek en vrywillig verplig om saam met krokodille te swem.
Alles vir die maand Oktober 2015
Duisende steenkoolmyners gaan staak
Nagenoeg 30 000 steenkoolmynwerkers gaan Sondagmiddag begin staak, het die mynvakbond, National Union of Mineworkers (NUM), pas gewaarsku.
Ma sien hoe kind (2) verongeluk
ʼn Ma het Sondag in die vroeë oggendure gesien hoe die motor wat haar man bestuur het, teen ʼn vragmotor in die ooste van Pretoria bots. Die botsing het die lewe van die man en vrou se tweejarige kind geëis.
‘ANC-beleide vernietig Suid-Afrika se entrepreneurs’
Die ANC se nasionale algemene raad (NAR) is net nog ʼn manier om Suid-Afrika (SA) se entrepreneurs te vernietig.
Helpmekaarplan van R3,5 miljard vir Afrikaners
Die Solidariteit Beweging gaan eerskomende Saterdag tydens sy toekomsberaad die Helpmekaarplan van R3,5 miljard bekend maak.
Gedagte vir die dag: ’n Besluit met ewige gevolge
Die Here sê vir Samuel: “Moenie kyk hoe hy lyk of hoe groot hy is nie. Ek wil hom nie hê nie. Dis nie wat ’n mens kan sien wat tel nie. Mense kyk na iemand se buitekant. Ek, die Here, kyk na ’n mens se hart.” (1 Samuel 16:7, Die Boodskap)
Sakeman se skietdood meer as ‘net gewone polisieondersoek’
Bozwana het glo al meer as R1 miljard se kontrakte van Noordwes se provinsiale en plaaslike regerings ontvang. Hy was ook glo betrokke by regeringsprojekte ter waarde van R305 miljoen.
Kohler-Barnard na adjunk-pos geskuif na herrie oor Facebook-inskrywing
Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, is gedemoveer na ʼn adjunk-posisie, enkele dae nadat sy in die sop beland het oor ʼn omstrede inskrywing oor PW Botha op sosiale media.
Goeie nuus: Ma se ‘bedelplakkaat’ maak dogter se droom waar
ʼn Ma van Pretoria wat effens in die knyp was, het op ʼn baie kreatiewe manier daarin geslaag om haar dogter se droom oor haar matriekafskeid te verwerklik.
Vrou ernstig beseer in valskermsprong
ʼn Bloemfonteinse vrou is ernstig beseer toe sy Saterdag vir die eerste keer ʼn valskermsprong gedoen het.
Inisiasieskool-eienaar swaar gevonnis vir verkragtings
Die eienaar van ʼn inisiasieskool in Mpumalanga is Vrydag swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is dat hy 17 meisies by die skool verkrag het.
Durbanse polisie slaan toe op dwelmhuise
Die Durbanse blitspatrollie en narkotikaspan het Vrydagaand op meer as R120 000 se dwelms beslag gelê toe hulle op areas bekend vir dwelmhandel toegeslaan het.
‘Chirurgiese marathon’ by Jhb-hospitaal gehou
ʼn Sogenaamde “chirurgiese marathon” sal volgende week by die Charlotte Maxeke Akademiese hospitaal in Johannesburg gehou word in ʼn poging om die lang waglyste vir chirurgie te verkort.
Pta-man wat in motor geskiet is, sterf
Die man wat gister saam met ʼn kollega verskeie kere in hul motor op Garsfonteinweg in Pretoria geskiet is, het aan sy wonde beswyk.
Boek: Polaroid van die Platteland
Na ‘n vinnige groet is die drie vriende daar weg en voel Ruan skielik vrees in sy keel opstoot. Vir ‘n oomblik wonder hy waarin hy homself begeef het.
Skokfeite in Johan Booysen-saak onthul
Op die dag wat Johan Booysen, hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, geskors is, het die man wat hom geskors het, sowel as die provinsiale hoof van die polisie, probeer om toegang tot sy kantoor te kry.
Verdagte weer vas na polisievrou hom help ontsnap
ʼn Man van Kaapstad is Vrydag weer in Scottsdene in hegtenis geneem nadat ʼn polisiekaptein hom vroeër gehelp het om te ontsnap.
Publiek verbied by UKZN-studente se verhoor ná dreigemente
Die publiek is verbied om die borgtogverhoor van twee KwaZulu-Natal studente by te woon, nadat hofbeamptes ernstige dreigemente ontvang het.
Slegte nuus vir diesel-motoriste
Motoriste kan vanaf volgende week ʼn geringe verandering in die petrolprys te wagte wees, maar dieselpryse gaan meer beduidend styg.
Gedagte vir die dag: God kan nie omgekoop word nie
Ek het my lewenspad oordink en het teruggedraai om volgens u voorwaardes te lewe. Ek wil gou maak en sonder versuim u gebooie gehoorsaam. (Psalm 119:59-60)