Kaapstad het pas mooier geword. Die stad het Dinsdag aangekondig die bekende stadsaal-horlosie, ʼn replika van die Big Ben-horlosie in Londen, werk weer ten volle.
Alles vir die maand Februarie 2016
Kwaksalwer in Noordwes vasgetrek
ʼn Man wat homself as ʼn dokter voorgegee en pasiënte behandel het, is uiteindelik vasgetrek nadat sy gebrekkige mediese kennis ʼn kollega laat onraad vermoed het.
‘Solidariteit maak kulturele vryheid ʼn werklikheid’
Buys het gesê die ANC probeer om die multikulturele werklikheid van die land op grond van hul monokulturele ideologie te omskep.
Eerlike weldoener herstel man se geloof in SA
Evert Swart, ʼn deeltydse sanger en verkoopskonsultant vir Absa, sê sy geloof in Suid-Afrika is herstel nadat ʼn wildvreemde persoon hom onlangs verras het.
Staatsrede sal fokus op ‘benarde ekonomie’
Die staatsrede wat volgende week deur pres. Jacob Zuma gelewer sal word, sal grootliks fokus op die ekonomie uit die aard van die “benarde ekonomiese situasie” in die land.
Assupolreeks `n ware kragmeting van kampioene
Die Noorderbonde se Assupolreeks, wat Saterdag begin, is vanjaar `n ware stryd van kampioene.
Boek: God fluister jou naam
‘God fluister jou naam’ is meer as net oordenkings. Dit is 365 uitnodigings om te luister na God en die persoonlike boodskap wat Hy met jou wil deel. Met 52 temas soos geloof, gebed, vergifnis en verlossing, verseker Cherie Hill jou dat jy nader aan God kan groei in alle areas van jou lewe.
Gedenkdiens vir gestorwe majoor
“Ek wil net hê jy moet weet ek het jou oneindig lief en sal mooi na ons dogtertjie kyk, soos jy sou wou gehad het.”…
[Video] ‘Toor’ met ʼn strooitjie
Jy kan die ster van die volgende partytjie wees as jy dié eenvoudige “toorkunsie” kan vervolmaak.
Kafeeteater-koningin binnekort by Asbos Teater
Die sogenaamde kafeeteater-sangeres, Petronel Baard, is binnekort in Pretoria te sien vir haar vertoning Die lang vrou en die Maan.
Verband tussen reën en maan gevind
Wetenskaplikes van die Universiteit van Washington wat 15 jaar se satellietdata bestudeer het, meen hulle het ’n verband tussen die stand van die maan en reënval vasgestel.
Poetin: Held of skurk?
Soos met alle dinge, is die waarheid oor Poetin ingewikkeld. Hy is geen held nie. Maar ook nie die wêreld se grootste skurk nie.
Jhb-peuter onthou niks van hondeaanval
Desjuane Farmer, die peuter van Alberton wat twee maande terug om haar lewe moes veg nadat haar gesig en kopvel deur ʼn hond verskeur is, kan niks van die traumatiese gebeurtenis onthou nie.
Realistiese Ken vir nuwe Barbie?
Die wêreld se bekendste langbeenpop, Barbie, het onlangs ʼn gedaanteverwisseling ondergaan en wêreldwyd versoek mans nou dat Ken ook ʼn bietjie meer realisties moet lyk.
Stadsjapie ‘maak plan’ om vrou te kry
ʼn Stadsjapie van Hartbeespoort in Noordwes het hom tot sosiale media gewend om sy trouvrou op te spoor.
Gedig: Rosa Rosarum
“Kom na my tuin waar die donkerrooi rose duist’re geheime vertrou aan die nag…” AG Visser se gedig, “Rosa Rosarum”
[Resep] Smullekker peuselhappies
Hier is sommer drie resepte vir heerlike peuselhappies – perfek vir wanneer jy moet onthaal.
Voert! Jou lekker ding!
Nie-Afrikaanssprekendes ken nie hierdie lekker woord nie. As jy aan geen ander snedigheid kan dink wat jy iemand wil toesnou wat jou te na gekom het nie en jy eindig met “Voert!”, is dit nou dalk nie baie móói nie, maar darem baie bevredigend.
Taalbeleid: ’n Objektiewe proses?
Gevoer tot sy logiese gevolge, impliseer hierdie UV-Taalbeleid dat mense gerus sosiaal kan verkeer en bid in die tale van hulle voorkeur, maar op generlei wyse mag aandring op enige ander regte vir hulle tale nie. Dit sluit duidelik die onderwys in.
Gordhan belowe om afgradering na rommelstatus te verhoed
Pravin Gordhan, minister van finansies, het belowe om die land se kredietgradering te beskerm om te verhoed dat dit verlaag word na rommelstatus.