Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke se aanvaarding van die nuwe onteieningswet, het fel kritiek uitgelok.
Alles vir die maand Februarie 2016
Konstabel vas oor polisieman se moord
ʼn Polisiekonstabel is in hegtenis geneem in verband met die moord op lt.kol. Reinier Lagois (42) wat verlede maand koelbloedig by sy huis in Pretoria doodgeskiet is.
Manne wat Glo toer Doer Onder
Nadat hulle verlede jaar groot sukses met hul debuutalbum behaal het, is Manne wat Glo terug met hul tweede album en hulle staan op die punt om hierdie album in Australië en Nieu-Seeland te gaan vrystel.
Zuma wil glo gedeelte van Nkandla terugbetaal
Pres. Jacob Zuma het aangekondig dat hy bereid is om tog wel ʼn gedeelte van die geld wat aan opknappings aan Nkandla spandeer is, terug te betaal.
Harde werk kan lees- en wiskunde agterstand laat kwyn
Om nie tyd te mors nie, sal dit dus goed wees om te begin met ʼn evaluasie om die oorsaak van sy agterstand te bepaal — het hy bloot ʼn kennisagterstand of dalk ʼn vaardigheidsprobleem?
SA onderwys se wind waai wes
As daar lig op die pad van Suid-Afrikaanse onderwys is, is dit ʼn baie flou kersie wat teen die politieke winde en ideologieë probeer staande bly.
Gedagte vir die dag: Die regte tydsbeplanning
God is tog nie ’n God van wanorde nie, maar van orde en vrede. (1 Korintiërs 14:33)
[Video] Mamma-olifant beskerm kalfie teen toeriste
Dit is al asof hierdie mamma-olifant vir haar kalfie wil sê: “Moenie met die vreemdelinge praat nie.”
Opod bring kriminele aanklag teen Phiyega
Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) het ʼn kriminele saak teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die voormalige Noordwes-polisiekommissaris oopgemaak teen die Marikana-slagting.
PE-paartjie in hof oor foto’s van babamishandeling
ʼn Egpaar van Port Elizabeth staan tereg op aanklag dat hulle deel is van ʼn sindikaat wat foto’s versprei van babas wat mishandel word.
Noordwes-onnie in hof ná beweerde aanranding
ʼn 55-jarige onderwyser het in ʼn hof in Noordwes verskyn op aanklag dat hy ʼn negejarige seun aangerand het deur ʼn balpuntpen tussen sy twee vingers in te druk.
Een beseer toe boom omval
Een persoon is beseer en vier motors beskadig toe ʼn groot boom Dinsdag net voor 14:00 in Durban omgeval het.
ToekomsVenster: Ons het rede om die Here te loof
Jy (en ek) is baie ryker as verreweg die meeste mense op aarde. Tewens, ons is skatryk. Ons het rede om die Here te loof. God seën ons sodat ons ʼn seën kan wees.
`Seblief, prof, gee hom net een kans
Hou maar die flank Matt Gilbert dop wanneer die Worcester Warriors weer in die Engelse Premierliga speel.
Foto’s: Groot waterlikkewaan kuier in Pta-swembad
ʼn Waterlikkewaan wat 1,5 m lank is en 4,5 kg weeg het Dinsdag groot opwinding veroorsaak toe hy te midde van ʼn hittegolf wat Pretoria getref het, in ʼn inwoner se swembad gaan swem het.
Vierde verdagte gevonnis vir tiener se gru-moord
Elmario Eugene Maasdorp, die man wat skuldig bevind is aan die gewelddadige bendeverkragting en gru-moord van die 14-jarige Valencia Farmer in 1999, is Dinsdag in die Blue Downs-landdroshof gevonnis.
Droogte en verkiesing kan regimeverandering versnel
In my onlangse navorsing oor die droogte, wat ek namens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gedoen het, het dit weer vir my duidelik geword hoeveel gewone mense, asook die georganiseerde burgerlike samelewing, sonder die regering kan regkry.
US-taalbeleid: ‘Weerhou betaling vir Afrikaans’
“As ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie.” Dít is die mening van Ian Cameron, AfriForum Jeug…
Egpaar, vriendin vas oor tenderbedrog van R70 miljoen
ʼn Kaapstadse man het Vrydag langs sy vrou en meisie in die beskuldigdebank van die Bellville kommersiële hof gestaan nadat hulle na bewering die Stad Kaapstad uit R70 miljoen geswendel het.
Hond se peuselhappie lei tot gru-vonds naby plaas
ʼn Hond wat aan ʼn menslike liggaamsdeel gekou het, het die Oos-Kaapse polisie Maandag na ʼn gru-vonds gelei.