Die Stad Kaapstad het ʼn hofinterdik bekom om betogers te verhoed om die MiCiTi-busdiens in Du Noon en die omgewing noord van Milnerton te ontwrig.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 Maart 2016
[Video] Wisselvallige reënval knou Vrystaatse boere
Verskeie gebiede in veral die noorde van die land het die afgelope paar weke goeie reën gekry, maar sake lyk al slegter vir boere in dele van die Vrystaat.
Tiener sterf in KZN-botsing
ʼn Tienerseun is Donderdagmiddag dood toe ʼn motor teen die kant van die bakkie waarin hy ʼn passasier was, gebots het.
Amcu ontken ‘sameswering’ oor Lily-mynramp
Die mynwerkersvakbond Amcu het Donderdag bewerings deur NUM ontken dat Amcu en die bestuur van die Lily-myn in Mpumalanga konkel om inligting oor die ineenstorting by die myn te probeer verdraai.
[Video] Skok-video oor padveiligheid uitgereik
ʼn Grafiese video oor padveiligheid wat deur die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke uitgereik is, het gemengde reaksie van kykers ontlok.
ToekomsVenster: Medelye met medegelowiges in verdrukking
Ons medelye word gesien as ons vir hulle bid. Ons moet geld gee sodat hulle kan lewe of oor begin. Ons moet hulle gaan besoek as dit moontlik is. Ons moet vir hulle regte opstaan. Ons moet hulle advokate in die samelewing word.
Shakespeare se skedel vermoedelik gesteel
Argeoloë wat onlangs die graf van William Shakespeare bestudeer het, het ʼn verrassende ontdekking gemaak – dit lyk asof die skedel weg is.
Opdrafbuiging in Superrugby ná gebreekte nek
`n Jaar en sewe maande nadat hy sy nek in `n rugbywedstryd gebreek het, maak `n 20-jarige slot sy buiging in die Stormers se Superrugby-opdrafspan.
Verdagtes ontsnap uit NW-polisieselle
Die polisie is op die spoor van drie verhoorafwagtende gevangenes wat Woensdag uit die selle van die Lehurutshe-polisiestasie naby Zeerust in Noordwes ontsnap het.
Vrou met R1 miljoen se dwelms betrap
ʼn Vrou is Woensdagaand op die OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem met meer as R1 miljoen se metamfetamien in haar besit.
‘Pistorius-swendelaar’ bly vir eers agter tralies
Die 33-jarige man wat glo probeer het om R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius te eis vir sy “vryheid”, het Donderdag weer vlugtig in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria verskyn.
Ses in hof ná Zeerust-plaasaanval
Ses verdagtes, waar onder ʼn minderjarige, het Woensdag in Zeerust-landdroshof verskyn in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in die omgewing waartydens ʼn 71-jarige boer aangerand en beroof is.
Modelbaas sê jong model lieg vir die hof
De Villiers het haar bewerings ontken en gesê hy is verbaas om haar beskuldigings te hoor veral aangesien hulle nog vriende op Facebook is.
Het jou ouers dalk jou loopbaankeuse beïnvloed?
Facebook se navorsingspan het probeer bepaal of kinders in hul ouers se voetspore volg wat loopbaankeuse betref.
Dié SA-brannas die beste ter wêreld
Die World Brandy Awards het ʼn Suid-Afrikaanse brandewyn as die beste ter wêreld vir 2016 bekroon.
Van petroljoggie tot rekenmeester danksy dié vrou
ʼn Barmhartige samaritaan van Durban in KwaZulu-Natal wat uit nuuskierigheid ʼn gesprek met ʼn petroljoggie aangeknoop het, het onlangs ʼn groot bedrag geld ingesamel om die joggie, wat eintlik ʼn opgeleide rekenmeester is, te help om sy studie af te betaal en ʼn werk te kry.
Gehaltelewe: Grondslag in eerste 1 000 dae van kind gelê
ʼn Kind se fisieke, intellektuele en emosionele ontwikkeling vind die vinnigste plaas in die eerste duisend dae van sy of haar lewe.
Drie weer vas ná Tzaneen-ontsnapping
Drie van die sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Dinsdagoggend uit die aanhoudingselle van die Tzaneen-polisiestasie in Limpopo ontsnap het, is weer aangekeer.
Armani draai sy rug op pelse
Die Italiaanse modeontwerper, Giorgio Armani, het onderneem om vir sy Winter/Herfs-versameling nie ʼn enkele stuk pels te gebruik in enige van sy handelsmerke nie.
Skietery op JHB-vullistrokke; staking duur voort
Die Stad Johannesburg het Donderdag ʼn voorval veroordeel toe daar op twee Pikitup-vragmotors geskiet is wat te midde van ʼn staking deur duisende werkers probeer vullis wegry het.