Die verbod wat Fikile Mbalula, Suid-Afrika se minister van sport, op SA Rugby, Krieket SA, Netbal SA en Atletiek SA geplaas het om aansoek te doen om groot internasionale sportbyeenkomste aan te bied weens ’n gebrek aan “transformasie”, is nie net strydig met internasionale sportregulasies nie, maar laat ook die vraag ontstaan of wit deelnemers aan sport tweedeklas-burgers is.
Alles vir Donderdag 28 April 2016
Nog ‘n maan in sonnestelsel ontdek
Wetenskaplikes wat van die Hubble-ruimteteleskoop gebruik gemaak het, het ontdek dat die dwergplaneet Makemake oor ’n klein maantjie beskik.
Egpaar gebrand, vermoor
ʼn Egpaar van Florida in Roodepoort is Dinsdag dood in hul motorhuis aangetref waar hulle vermoedelik grusaam vermoor is.
WAT Woord van die week: konkoksie
Die WAT Woord van die week is “konkoksie”
Pumasliga: oudkampioen klop opvolger net-net
Die vorige Mpumalanga-kampioen het sy opvolger Saterdag in `n spannende Premierliga-wedstryd met `n enkele punt geklop.
Kompetisie: Beurse vir 4 Afrikaanse studente
AfriForum Jeug het Donderdag, as deel van die nasionale veldtog om Afrikaans as onderrigtaal by universiteite te behou, ʼn kompetisie van stapel gestuur waar vier studente studiebeurse ter waarde van R20 000 kan wen.
Oom Herrie se kerrie: Vreugde van die vrugtefees en pakkies liefde
Die laaste paar somers, en veral vanjaar, was maar baie droog. Een van die gevolge is dat die Herries nie ’n enkele vy van hul twee vyebome sal kan oes nie. ’n Vy is regtig sommer nog ver van ryp, dan kom die voëls hom al by.
Die padkaart na die Withuis vir Donald Trump
Na nóg ʼn reeks oorwinnings vir Donald Trump in noordoostelike state is sy kanse om die Republikeinse Party se presidentskandidaat te word nou die beste tot nog toe. ʼn Verkiesingstryd tussen Donald Trump en Hillary Clinton lyk al waarskynliker.
Moot-tiener kritiek ná bakkie hom sleep
“My kind het verskriklik seergekry. Die bakkie het reg voor hom ingery en ek neem aan die fiets het hom onder die bakkie ingeruk en hy is ʼn ent saamgesleep.”
Limpopoliga: sulke dinge was destyds ongehoord
`n Ouer geslag sou hul ore nie glo nie as hulle sou hoor `n wedstryd tussen Potgietersrus en Pietersburg is weens beserings kortgeknip.
Luister: ‘Ek wil net uniek wees,’ sê Irene-Louise van Wyk
Die sanger Irene-Louise van Wyk volg nou wel in die voetspore van haar bekende ouers, Louis en Irene van Wyk, maar sy wil haar unieke styl in haar musiek weerspieël.
Boek: ’n Pa en sy dogter
Vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen pa’s en hulle dogters met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.
Roodepoort-kaping: Goeie nuus oor seun
Die sewejarige Damian Bright wat vroeër vandeesmaand in Roodepoort saam met sy ma en twee susters in hul motor gekaap en ontvoer is, is uit die hospitaal ontslaan.
Boek: Twee vir ’n stuiwer
Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie.
Hoe maak mens: Mia se verhaal bring hoop
In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met Mia Slabbert oor haar storie. Mia se verhaal kan vir baie luisteraars hoop gee
Nuuskommentaar: Het Zuma dan NIKS geleer uit konstitusionele hof se uitspraak?
Was pres. Zuma se optrede by die amptelike Vryheidsdagvieringe in Limpopo die land se amptelike hoofvieringe, of ’n belangrike ANC-verkiesingsaamtrek? En indien dit vir die ANC gekaap is, kan Jan Publiek met sy belastinggeld hiervoor instaan? Herman Toerien het uit beskikbare inligting gaan sif om ’n antwoord te probeer vind.
Jagluiperd in wildtuin doodgery; motoris gesoek
Die verkeersowerhede en beamptes van die Krugerwildtuin is op soek na ʼn motoris wat Dinsdag glo ʼn jagluiperd in die wildtuin naby die Afsaalpiekniekplek by die Jock-afdraai doodgery het.
Diskriminasie kos hom ʼn ‘dekade van sy lewe’
Philip van Niekerk, ’n 31-jarige tandarts van Kaapstad, is gekies om die publiek tydens Solidariteit se besoek aan die VN te verteenwoordig.
WVK: 20 jaar later
Die herdenking van die begin van die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) se werksaamhede 20 jaar gelede het nie veel aandag in ons land getrek nie. In Die Burger het my goeie vriend Max du Preez taamlik te kere gegaan oor hoe lelik die meeste Afrikaners met die WVK was, maar verder was mense nogal verrassend stil.
Man gevonnis ná hy tiener onthoof
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting Donderdag Aljar Swartz (20), wat ʼn tiener van Ravensmead in Kaapstad in Oktober 2013 onthoof het, vonnis.