Die agtjarige Luan het ʼn skattige brief aan die tandemuis gerig toe die gesin se langhaarworshond sy tand ingesluk het.
Alles vir die maand Mei 2016
Bloed in sak lei tot gruvonds
ʼn Pasgebore baba se liggaam is Maandag in Kimberley in die Noord-Kaap deur munisipale werkers in ʼn vullissak gevind.
Orania het ontwikkelingsplan om stad te word
Die Orania-beweging, wat reeds 25 jaar bestaan, gaan môre tydens ʼn perskonferensie ʼn ekonomiese ontwikkelingsplan bekend maak wat die status van dié Noord-Kaapse dorp na dié van ʼn stad sal verander.
US stel dít voor vir nuwe taalbeleid
ʼn “Finale konseptaalbeleid” word dié week aan die Universiteit Stellenbosch (US) se senaat en volgende week tydens ʼn spesiale vergadering aan die Institusionele Forum voorgelê.
Woord van die week: frons
Die woord van die week is “frons”. Taaltoffie ondersoek die herkoms daarvan en die ooreenkoms met die woord “konfronteer”.
Werkers soek ná Brits-man se moord
Twee werknemers word vermis nadat ʼn man se liggaam Vrydag in sy huis in Voëltjiedorp in Brits, Noordwes, gevind is.
[Video] Waaroor is jy die meeste spyt?
Het jy al ooit gedink waaroor jy spyt is in die lewe, of wat jy anders sou wou doen? Elkeen van ons sou waarskynlik ten minste een ding anders wou doen.
Hoe geloofwaardig is Afrikaanse Christelike musiek?
ʼn Paar kunstenaars het voorheen kommersiële Afrikaanse musiek gesing, maar het ʼn radikale verandering in hul loopbane ondergaan en besluit om net op Christelike musiek te konsentreer.
[Luister] KragDag-ekspo: Doen jou eie ding
Vanjaar is reeds die agtste jaar wat die Solidariteit KragDag-ekspo plaasvind. Dit is ʼn selfstandigheid-ekspo met alternatiewe energie as sentrale fokus. Dié jaar se tema, teen die agtergrond van die dreigende waterkrisis, is “Dorsles vir volhoubaarheid”.
Hofbevel gekry om historiese begraafplaas te onderhou
“Hierdie terrein is van groot nasionale en internasionale kultuurhistoriese betekenis. Dit is ’n skande dat die munisipaliteit sy verantwoordelikheid om dit te onderhou kon verontagsaam.”
Luister: Wees bewus van jou Bybelse emosionele intelligensie
Ds. Deon van den Berg gesels weer in dié uitsending met die kliniese sielkundige Erich Schoeman oor emosionele intelligensie. Vind uit wat is bybelse emosionele intelligensie en hoe jy bewus kan wees van jou eie en ander se emosies in jou huwelik en verhoudings en hoe om dit te hanteer. Hy vertel ook van ’n Hindoe gelowige wat op die seminaar was en wat alles in sy lewe en hulle huwelik gebeur het.
Regstappe teen sportkwotas beplan
Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Dinsdag op ʼn mediakonferensie in Pretoria ʼn omvattende regstrategie en strategie om politieke druk uit te oefen teen rassekwotas en regeringsinmenging in sport bekendmaak.
[Foto] Gewilde Afrikaanse kletsrymer trou
Hy het hom intussen tot sosiale media gewend om sy dankbaarheid en blydskap uit te druk. “Dit is die mooiste dag vandag. Dankbaarheid,” het hy geskryf.
Wenk lei polisie na ‘onwettige perlemoen’
Twee mense is Sondagaand in hegtenis geneem nadat Wes-Kaapse polisiebeamptes toegeslaan het op ʼn huis wat vir onwettige perlemoenverwerking gebruik word.
[Foto’s] Arnold Classics moet inspireer, sê Schwarzenegger
Die Arnold Classics, ʼn inisiatief deur Arnold Schwarzenegger om fiksheid, liggaamsbou en sport te bevorder, het die naweek by die Sandton-konfensiesentrum in Johannesburg plaasgevind, en dié gewilde akteur en fiksheidsghoeroe was ook teenwoordig.
[Video] SAUK weier glo weer om DA-advertensie uit te saai
Die SAUK weier glo weer om ʼn verkiesingsadvertensie van die Demokratiese Alliansie (DA) uit te saai.
Soveel gaan brandstofpryse styg
Brandstofpryse gaan op 1 Junie beduidend styg.
ToekomsVenster: ’n ander manier van doen
Om met en deur verhoudings te werk, help in die verkondiging van die boodskap. Dit maak net ’n deur op ’n ander manier oop. Ek word eers jou vriend (bou ’n verhouding met jou), dan begin ons gesels oor die lewe.
[Video] Gorilla doodgeskiet ná seun in hok val
ʼn Video van die voorval wys hoe die gorilla die seun aan sy been deur die water in die hok sleep.
Seks – Bloot ʼn kwessie van vraag en aanbod?
Die pryse van produkte word dikwels opgestoot deur die vraag na gehalte, ten spyte daarvan dat die aanbod groot is. Sekere kettingwinkels slaag dus baie goed daarin om dieselfde produkte as ander kettingwinkels teen ʼn baie hoër prys te verkoop, omdat hulle ʼn beter gehalte produk kan bied.